Avondmaal

(Terug na Inhoud)


1. Die avondmaal het reeds in Exodus 12:15-28 en 1Kor.5:7-8 plaasgevind.

Voorafgeskadu: (Dit beteken iets wat iets anders voorafgegaan het)

Ex 12:19-27

19 Sewe dae lank mag daar geen suurdeeg in julle huise gevind word nie. Want elkeen wat iets eet met suurdeeg in, dié siel moet uit die vergadering van Israel uitgeroei word, of hy al 'n vreemdeling is of 'n kind van die land.

20 Julle mag niks eet met suurdeeg in nie. In al julle woonplekke moet julle ongesuurde brode eet.

21 ¶ Moses het toe al die oudstes van Israel laat roep en aan hulle gesê: Gaan haal vir julle kleinvee vir julle families en slag die pasga.

22 En neem 'n bossie hisop en steek dit in die bloed wat in die skottel is, en stryk aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte van die bloed wat in die skottel is. Maar niemand van julle mag uit die deur van sy huis uitgaan tot die môre toe nie.

(Hisop is na mening 'n struik met welriekende blomme maar die waarna hierdie teks verwys is nog nie werklik geidentifiseer nie maar hierdie plant was gebruik as 'n reinigingsmiddel)

23 Want die HERE sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal die HERE by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.

24 Onderhou dan hierdie saak as 'n insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.

25 En as julle in die land kom wat die HERE aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou.

26 En as julle kinders julle vra: Wat beteken die diens daar?

27 dan moet julle sê: Dit is 'n paasoffer aan die HERE, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig.



Doel van Avondmaal:

1Kor 11:24-26

vers 24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

Kruisverwysings van vers 24:

(1 Korintiërs 5:7 ¶ Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees--soos julle inderdaad ongesuurd is--want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

1 Korintiërs 5:8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

Psalms 22:26 (22:27) Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!)



Vers 25 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

Kruisverwysings van vers 25:

(1 Korintiërs 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

1 Korintiërs 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

Lukas 22:20 Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

2 Korintiërs 3:6 ¶ wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van 'n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.

2 Korintiërs 3:14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word.

Hebreërs 9:15 ¶ En daarom is Hy Middelaar van 'n nuwe testament, sodat, terwyl daar 'n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.

Hebreërs 9:18 Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;

Hebreërs 9:19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel

Hebreërs 9:20 en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.

Hebreërs 13:20 Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,)

Vers 26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.



1Kor 5:7-8

7 ¶ Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees--soos julle inderdaad ongesuurd is--want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

7 ¶ Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees--soos julle inderdaad ongesuurd is--want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

Die suurdeeg beeld uit die sonde, onreinheid en verderf. 'n Bietjie suurheid (onaangenaamheid) in die Liggaam (Kerk / Gemeente) kan die hele liggaam besmet. So kan ons selfs na 'n natuurlike brood verwys wat begin sleg word het, kort daarna is die hele brood besmet. So moet die lid (lede) homself heilig en rein maak (Maagdelik), suiwer, sy hart moet skoon wees soos Ps 24 vra "wie mag klim op die berg van die Here?, wie mag staan op Sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hert is."

Die elke kerk, die liggaam van Christus, het die evangelie van versoening in die bloed van Christus aangeneem en is inderdaad vry van die suurdeeg van sonde en onreinheid..

Die paaslam (Christus) het die sonde en onreinheid, weggeneem maar nou moet die gelowige, wedergeborene van sy kant ook die sonde, die ou suurdeeg, uit sy lewe weer en ruimte gee vir eenheid, reinheid en waarheid.

Dus, die voorneme van elke lid vir die gebruik van die avondmaal / nagmaal moet wees on 'n nuwe lewe te lei wat beteken 'n nuwe lewe en verhouding tot God en Christus (mede lede).

Eksodus 12:5 Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem.

Eksodus 12:6 En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand.

Jesaja 53:7-10 Hy is mishandel, hoewel Hy onderworpe was, en Hy het sy mond nie oopgemaak nie; soos 'n lam wat na die slagplek gelei word en soos 'n skaap wat stom is voor sy skeerders--ja, Hy het sy mond nie oopgemaak nie.

8 Uit die druk en uit die strafgerig is Hy weggeneem; en onder sy tydgenote--wie het daaroor gedink dat Hy afgesny is uit die land van die lewendes? Ter wille van die oortreding van my volk was die plaag op Hom.

9 En hulle het Hom sy graf by die goddelose gegee; en by 'n ryke was Hy in sy dood, omdat Hy geen onreg gedoen het nie en geen bedrog in sy mond gewees het nie.

10 ¶ Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.



Johannes 1:29 ¶ Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

Johannes 1:36 en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!



Handelinge 8:32 En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos 'n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos 'n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie.



Openbaring 5:6 ¶ En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.

Openbaring 5:9 Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,

Openbaring 5:12 en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.



Dit wat hierstaan, beteken dat ons kan nie tegelyk aan die tafel van die Here en aan die tafel van die duiwels aansit nie. Die aansit by die tafel gaan oor om 'n maaltyd wat 'n sekere gemeenskapsverhouding daarstel.



2. Dit is die gemeenskap aan die liggaam en bloed van Christus.

Die Beker van danksegging, word deur 'n gebed van danksegging en seën afgesonder, geheilig. Die inhoud van die beker weerspiëel die innige gemeenskap, deelname en aanvaarding waaraan die gelowige, wedergeborene gemeenskap het. Deur daarvan te gebruik verbind die persoon (siel) hom met die bloed van Christus want die bloed simboliseer die verlossing eb vergifnis van die sonde, m.a.w. dit is 'n vreugdedrank. Die wyn waarna verwys word in die skrifte simboliseer ook die vreugde van die Gees.

Die bloed van Christus. Mat.26:28; Mark.14:24; Luk.22:20; Joh.6:53-55; Hand.20:28; Rom.3:25; Rom.5:9; 1Kor.10:4 en 16; 1Kor.11:25 en 27; Efese 1:7; Kol.1:14 en 20; Heb.9:12 en 14; Heb.10:29; Heb.12:24; Heb.13:12 en 20; 1Pet.1:2 en 19; 1Joh.1:7 en 1Joh.5:6 en 8; Open.1:5; Open.5:9; Open.7:14 en Open.12:11

Die volgende samestelling oor die Bloed is 'n uitreksel vanuit 'n boek geskrywe deur Benny Hinn "The Power in the Blood":



Bloed: Benny Hinn ( Power in the Blood )

(Gaan ook na Bloed)

1. Die bloed van Christus moet 'n nuwe betekenis in ons lewe wees. Die bloed van Jesus verteenwoordig Sy lewe. Hy het Sy lewe vir ons gegee. Hy het Sy bloed gestort met die kruisiging en wanneer ons hom vra om ons in Sy bloed te was sal ons Sy lewe opoffering ervaar.

2. "The blood speaks better things than that of Abel" Heb. 12:24

3. Why was the leper sprinkled with blood seven times. - Lev. 14:7

4. Heb. 9:12 "With His blood He entered the most holy place once for all, having obtained eternal redemption".

5. Benny sê in sy boek, "God initiated the first blood sacrifice" wanneer hy vir Adam en Eva met die dier se vel bedek in Gen. 3:21. Met ander woorde daar was nog bloed aan en dit het Adam en Eva bedek. "As we will see, His final sacrifice covered you and me with the blood of Jesus when the Bible says,"It is the blood that makes atonement - to cover - for the soul" Lev.17:11.

6. Vir Adam het die Here gesê, "This is My covenant which you shall keep, between Me and you and your descendants after you: Every male child among you shall be circumcised" Gen. 17:10.

7. "And Moses took the blood, sprinkled it on the people, and said, this is the blood of the covenant which the Lord has made you according to all these words". Gen. 21:22-32.

8. "Sprinkle the blood of the lamb on the sides and the tops of the door frames of the house" Ex. 12:7.

9. In Ex. 12:12 "Now the blood shall be a sign for you on the houses where you are. And when I see the blood, I will pass over you; and the plague shall not be on you to destroy you when I strike the land of Egypt"

10. Benny sê, " the blood does not cover you automatically. You have to ask for His protection."

11. God het die bloed vervang met die bloed van Sy Seun Christus.

12. Benny sê, "In the old covenant when blood was offered, God send fire, and His glory descended. Do you remember what occurred at the dedication of Solomon's great temple?" When Solomon had finished praying, fire came down from heaven and consumed the burnt offering and the sacrifices; and the glory of the Lord filled the temple. 2 Chron. 7:1."

13. Hy vra ook, "What was the sign of the Holy Spirit? In the Old Testament it was often fire - Lev. 9:23-24; 1Kin.18:38; 2Chron. 7:1 - representing God's all consuming holiness." Johannes die doper het altyd geprofeteer: " I indeed baptise you with water; but One mightier than I is coming, whose sandal strap I am not worthy to loose. He will baptise you with the holy Spirit and fire -Luk. 3:16"

14. Benny sê ook, "We don't think of the shed blood of God's Son as a stain remover, but it is. Christ's blood is so powerful that it removes every mark and blemish of sin."
"Therefore, brethren, having boldness to enter the Holiest by the blood of Jesus, by a new and living way which he consecrated for as, through the veil, that is, His flesh, and having a High priest over the house of God, let us draw near with a true heart in full assurance of faith, having our hearts sprinkled from an evil conscience and our bodies washed with pure water" - Heb. 10:19-22.

15. Benny sê, "When Jesus shed His blood on the cross, He said, It is finishes - Joh. 19:30" He did't say, to be continued, He is the first and the last. Rev. 1:17. Because of the blood of the cross, you are no longer under law but under grace" - Rom. 6:14.

16. "As long as you accept what Christ's blood has done for you, no power on earth can break God's seal" - 2Tim. 1:12.

17. Siel in bloed - Lev. 17:1-14. Verbod om Bloed te Eet.

Ons kan vanaf vers 10 lees, dat enige iemand wat bloed eet, sal uitgeroei word, want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdeling wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.. In vers 14 "want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind". Daarom het ek aan die kinders van Israel gesê: "Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word."

18. Die eerste offerande het God gedoen deur Adam en Eva te klee met die vel van 'n dier en hulle dit aangetrek. Hierdie dier moes seker geslag geword het en soos ons weet neem dit 'n redelike tydperk om droog te word voordat dit verwerk kan word vir die gebruik van 'n kledingstuk. Dus moes hierdie vel nog vol bloed gewees het en daarom kan ons sê dat God se eerste offerande was deur die mens se sonde te bedek met die bloed van 'n dier. Gen. 3:21.

19. Lev. 7:11 verwys daarna en sê, die bloed bewerk versoening deur die siel. Die engelse vertaling verwys na bewerking as "atonement" ek haal aan, "It is the blood that makes atonement for the sole." Dit beteken versoening, skadeloosstelling wat dus ook beteken versoeningsbloed. Hierdie woord "atonement" kan ook beteken, om iets te bedek of toe te maak. Daarom kan ons sê dat die bloed deel vorm van die toemaak , skoonmaak, regmaak vrymaak, verlossings proses.

20. Paulus se brief aan die Hebreërs - Heb. 12:1 sê Paulus, "Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, en in vers 4, "Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie."
Vers 22, "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisend engele, vers 24, en by Jesus, die middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel".

21. Ons moet onthou dat die Woord en die bloed werk saam, die Woord praat en sê, waar die bloed doen en gee.

22. God het die bloed van die dier vervang met die bloed van Jesus Christus die perfekte offering. Dink net, as die bloed van 'n dier 'n hele familie kon beskerm, hoe te meer kan die bloed van Christus ons beskerm?

23. Ons sing 'n lied wat groot woorde spreek, "There is power, power, wonder-working power in the precious blood of the Lamb".

24. Die bloed van Jesus Christus was nie bloed vergieting nie maar storting. Die rede daarvoor is dat dit nie perongeluk gebeur het nie maar is deur God so bepaal.

25. Wanner jy verlos is deur Sy bloed, dan kan jy sê; "Ek is gekruisig saam met Christus, dit is nie langer ek wat lewe nie, maar Christus lewe in my, en die lewe wat ek in die natuur lewe, lewe ek in geloof in die Seun van God, wie my lief het en homself vir my gegee het." Verwys na Gal. 2:20.

(Terug na Bloed)



3. Die avondmaal moet ook op 'n waardige wyse gebruik word.



Toets jou gesindheid voorjy avondmaal gebruik.

1Kor 11:28-32

28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en 'n aantal het ontslaap.

31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie.

32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.



1Kor 5:7-8

7 ¶ Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle 'n nuwe deeg kan wees--soos julle inderdaad ongesuurd is--want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.

8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.



1Kor 11:27-29

27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.

Kruisverwysings:

(1 Korintiërs 10:21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

Levitikus 10:1 ¶ En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.

Levitikus 10:2 Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.)



Ons praat hier van die offer wat gebring is en die opoffering wat gemaak is, naamlik;

dat God 'n opoffering gemaak het deur sy Seun Christus te offer soos 'n lam, wie se bloed geoffer is terwille van die sonde en oreinheid van die mens. Daarom moet ons bereid wees om hierdie stukkie brood op 'n waardige wyse te neem soos God dit gegee het. Deurdat God dit gegee het, het Hy 'n daad verrig, Christus die dade seun, is geoffer deur 'n daad. 'n Stukkie van daardie daad, 'n taak - wat deel is van die Christus liggaam, naamlik die kerk - word aan elkeen gegee wat dit waardiglik moet gebruik. Die taak moet ter uitvoering gebring word.

Wat is die taak?

Die taak is om die wil van God te volbring deur die evangelie te gaan uitdra, brood onder mekaar te breek naamlik, om opklaring te kry en dan te gaan uitdeel en siele te wen deur hulle te laat bekeer.

Deur van die Brood te eet weerspiëel die innige eenheid met die liggaam van Christus, hy verkry ook deel aan die WELDADE, m.a.w. die werke wat die Here deur Sy dood en verheerliking verwerf het, daarom tree hy wat dit neem en eet in gemeenskap met die liggaam en word verbind tot 'n onverbreekbare eenheid met die gemeente (Kerk of lede). Die implekasie hiervan is dat die een verantwoordelikheid dra vir die ander, die streke vir die swakke.

Die brood is die liggaam van Christus. Mat.26:26; Mark.14:22; Luk.22:19; Joh.1:14; Joh.6:26; Joh.6:31-35 vers 41 en 48 asook 51 tot 58. 1Kor.10:3 vers 16-17; 1Kor.11:23-24 vers 26-28; 2Kor.5:16; Efese 2:15; Efese 5:30; Kol.1:22; 1Tim.3:16 en Heb.10:20.

Daarom dan, moet die gebruik met waardigheid en eerbied genader word want wie in onverskilligheid, ligsinnigheid, ongeloof of liefdelossheid teenoor jou naaste, mede broers en susters (medelede) toetree, maak homself skuldig aan die dood van die Here. Daarom moet jy jouself beproef en jouself in gereedheid bring. Die selfondersoek mag egter nie toelaat dat jy van die tafel wegbly nie maar dat jy sal regmaak wat verkeerd is. Dit gaan hier ook oor die eenheid van die liggaam (lede / kerk).

Rom 12:4-5 Verwys na die een liggaam, een kerk, eenheid van lede in Christus. Verdraagsaamheid (Rom 14:1-12) teenoor mekaar en veral teenoor die wat swak is in die geloof.



Brood (Gaan ook na Liggaam ; Gemeente ; Christus)

(Terug na Inhoud)

(Terug na Bo)



Ou Testament

*Genesis 14:18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

*Eksodus 23:25 En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

*Job 28:5 Die aarde--daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.

*Spreuke 4:17 Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

*Spreuke 12:11 & Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

*Amos 8:11 & Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.

Nuwe Testament

*Matteus 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

*Matteus 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;

*Matteus 26:26 & En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy disipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

*Markus 14:22 En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

*Lukas 14:15 & En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.

*Lukas 22:19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

*Lukas 24:30 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.

*Lukas 24:35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.

*Johannes 6:32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.

*Johannes 6:33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.

*Johannes 6:34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.

*Johannes 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

*Johannes 6:41 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.

*Johannes 6:48 Ek is die brood van die lewe.

*Johannes 6:50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.

*Johannes 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

*Johannes 6:58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het--nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.

*Handelinge 2:42 & En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.

*Handelinge 2:46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,

*Handelinge 20:7 & En op die eerste dag van die week, toe die disipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

*Handelinge 20:11 En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog 'n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

*Handelinge 27:35 Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.



*1 Korintiërs 10:16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

*1 Korintiërs 10:17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

*1 Korintiërs 11:23 & Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;

*1 Korintiërs 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

*1 Korintiërs 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

*1 Korintiërs 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

*2 Korintiërs 9:10 En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,


(Terug na Brood)

(Terug na Bo)

4. Die beker van die Here:



Ou Testament

Genesis 40:11 En die beker van Farao was in my hand. En ek het die druiwe geneem en dit in die beker van Farao uitgedruk en die beker in die hand van Farao gegee.

Genesis 40:13 Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef--jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.

Genesis 40:21 hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee,

Genesis 44:2 en my beker, die silwerbeker, moet jy bo in die jongste se sak sit saam met die geld vir sy koring. En hy het gehandel volgens die woord wat Josef gespreek het.

Genesis 44:12 En hy het gesoek; hy het begin by die oudste en opgehou by die jongste; en die beker is in Benjamin se sak gevind.

Genesis 44:16 En Juda antwoord: Wat kan ons aan my heer sê? Wat kan ons spreek? En waarmee kan ons ons regverdig? God het die ongeregtigheid van u dienaars uitgevind. Kyk, ons is my heer se slawe, ons sowel as hy by wie die beker gevind is.

Genesis 44:17 Maar hy sê: Dit is ver van my om dit te doen; die man by wie die beker gevind is, dié sal my slaaf wees. Maar trek júlle in vrede op na julle vader.



2 Samuel 12:3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter.



1 Kronieke 28:17 en vir die vurke en komme en kanne, suiwer goud, en vir die goue bekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik, en vir die silwerbekers volgens die gewig van elke beker afsonderlik;



Ester 1:7 Daarby het hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik!



Psalms 11:6 Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reën; en 'n gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees.

Psalms 16:5 Die HERE is die deel van my erfenis en van my beker; U onderhou my lot.

Psalms 23:5 U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor.

Psalms 75:8 (75:9) Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.

Psalms 116:13 Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep.



Spreuke 23:31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:



Jesaja 51:17 Ontwaak, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van die HERE die beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.

Jesaja 51:22 So sê jou Here, die HERE, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.



Jeremia 25:15 Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,

Jeremia 25:17 En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie die HERE my gestuur het;

Jeremia 25:28 En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Drink sál julle!

Jeremia 49:12 Want so sê die HERE: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik drink; en jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.

Jeremia 51:7 Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.



Klaagliedere 4:21 Sjin. Verbly en verheug jou, dogter van Edom, wat in die land Us woon; ook na jou sal die beker kom, jy sal dronk word en jouself ontbloot.





Esegiël 23:31 In die weg van jou suster het jy gewandel; daarom sal Ek haar beker in jou hand gee.

Esegiël 23:32 So sê die Here HERE: Jy sal die beker van jou suster drink wat diep en wyd is--jy sal tot 'n belagging en 'n spot word--die beker wat so baie bevat.

Esegiël 23:33 Van dronkenskap en kommer sal jy vol word; die beker van jou suster Samaría is 'n beker van huiwering en ontsetting.



Habakuk 2:16 Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer--drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.



Sagaria 12:2 Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot 'n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleëring teen Jerusalem.



Nuwe Testament

Matteus 10:42 En elkeen wat een van hierdie kleintjies net 'n beker kou water laat drink, omdat hy 'n dissipel is, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

Matteus 20:22-23 Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.

23 En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter-- en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.

Matteus 23:25 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.

Matteus 23:26 Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.

Matteus 26:27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit.

Matteus 26:39 En Hy het 'n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.

Matteus 26:42 Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesê: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.



Markus 9:41 Want elkeen wat vir julle in my Naam 'n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort, voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.

Markus 10:38-39 Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?

39 En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;

Markus 14:23 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle, en hulle het almal daaruit gedrink.

Markus 14:36 En Hy sê: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil.



Lukas 11:39 Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.

Lukas 22:17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.

Lukas 22:20 Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Lukas 22:42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!



Johannes 18:11 Toe sê Jesus vir Petrus: Steek jou swaard in die skede. Die beker wat die Vader My gegee het, sal Ek dit dan nie drink nie?



1 Korintiërs 10:16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

1 Korintiërs 10:21 Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.

1 Korintiërs 11:25-28 Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.



Openbaring 14:10 sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam.

Openbaring 16:19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.

Openbaring 17:4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

Openbaring 18:6 Vergeld haar soos sy ook julle vergeld het, en verdubbel dit vir haar volgens haar werke. Skink vir haar dubbel in die beker waarin sy geskink het.

(Terug na Bo)