Gemeente (Liggaam & Christus)

(Terug na Inhoud)


1 Die gemeente is deur Jesus Christus gestig.Mat.16:18-19, Efese 2:20-22 en Efese 4:11.

2 Christus is die Hoof van die gemeente. 1Kor.11:3 en 7; 1Kor.12:21; Efese 1:22; Efese 4:15; Efese 5:23; Kol.1:18 en Kol.2:10 en 19.

3 Die gemeente is:

4 Die gemeente behoort aan God. Hand.20:28; 1Kor.1:2; 1Kor.10:32; 1Kor.11:16 en 22; 1Kor.15:9; Gal.1:13; 1Thess.2:14 en 1Tim.3:5 en 15.

5 Die gemeente behoort ook aan Christus.. Mat.16:18; Rom.16:16 en Thess.2:14

6 Die gemeente is gebou op die fondament van Apostel en profete. Efese 2:20; Heb.11:10 en Open.21:14

7 God sal in sy gemeente woon.1Kor.14:25; Jes.45:14; 2Kor.6:16; Open.7:15 en Open.21:3.

8 Die gawes wat God in sy gemeente gestel het is:

9 Die here voeg by die gemeente die wat gered word .Hand.2:47; . Hand.5:14 en Hand.11;24

Nuwe Testament

*Handelinge 2:47 terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.

*1 Korintiërs 12:28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

*1 Korintiërs 14:4 Hy wat in 'n taal spreek, stig homself; maar hy wat profeteer, stig die gemeente.

*1 Korintiërs 14:5 Ek wens dat julle almal in tale spreek, maar nog liewer dat julle profeteer. Want hy wat profeteer, is groter as hy wat in tale spreek, of hy moet dit uitlê, sodat die gemeente stigting kan ontvang.

*1 Korintiërs 14:12 So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente.

*Efesiërs 3:10 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

*Efesiërs 3:21 aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.

*Efesiërs 5:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

*Efesiërs 5:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.

*Efesiërs 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het

*Efesiërs 5:27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.

*Efesiërs 5:29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

*Efesiërs 5:32 Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.

*Kolossense 1:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

*Kolossense 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

*1 Timoteus 3:5 Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?

*1 Timoteus 3:15 Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, 'n pilaar en grondslag van die waarheid.

(Terug na Bo)