Waarheid (Heilige Gees)

Terug na Inhoud)

1. God is 'n God van waarheid. Deut 32:4; Jes 65:16; Joh 8:40; 2Joh vers 3

2. Die waarheid is in Christus. Joh 1:17; 14:6; Ef 4:21

(Gaan na Christus)

3. Die genade en waarheid het deur Christus gekom. Joh 1:14,17; Joh 8:32; 14:6

4. Die Heilige Gees is die Gees van waarheid. Joh 14:17; 15:26; 16:13; 1Joh 5:6

Ou Testament

*Genesis 42:16 Stuur een van julle, dat hy julle broer gaan haal, maar júlle moet in die gevangenis bly. So sal dan julle woorde getoets word, of die waarheid by julle is of nie. So waar as Farao leef, julle is spioene!

*Deuteronomium 22:20 Maar as hierdie woord waarheid is: Die maagdom is aan die dogter nie gevind nie--

*Josua 24:14 Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.

*Rigters 9:15 En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die Líbanon verteer.

*Rigters 9:16 As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande--

*Rigters 9:19 as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis, wees dan vrolik oor Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.

*1 Samuel 14:41 Toe sê Saul aan die HERE: God van Israel, gee tog die waarheid! En Jónatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.

*2 Samuel 7:28 En nou, Here HERE, U is God en u woorde is waarheid; en U het u kneg hierdie goeie saak toegesê.

*1 Konings 17:24 En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.

*1 Konings 22:16 En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?

*Psalms 15:2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;

*Psalms 19:9 (19:10) Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid--tesame is hulle regverdig.

*Psalms 25:5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.

*Psalms 26:3 want u goedertierenheid is voor my oë, en ek wandel in u waarheid.

*Psalms 43:3 Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,

*Psalms 45:4 (45:5) ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!

*Psalms 51:6 (51:8) Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

*Psalms 86:11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

*Psalms 119:30 & Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.

*Psalms 119:43 & En onttrek die woord van waarheid nie geheel en al aan my mond nie, want op u verordeninge wag ek.

*Psalms 119:86 Al u gebooie is waarheid; hulle vervolg my sonder oorsaak; help my!

*Psalms 119:142 & U geregtigheid is geregtigheid tot in ewigheid, en u wet is waarheid.

*Psalms 119:151 U, o HERE, is naby, en al u gebooie is waarheid.

*Psalms 119:160 & Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid.

*Psalms 132:11 & Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.

*Psalms 145:18 Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.

*Spreuke 8:7 Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.

*Spreuke 12:17 & Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.

*Spreuke 22:21 om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?

(Gaan na Woord)


(Gaan na Evangelie)

*Spreuke 23:23 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

*Prediker 12:10 Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is--woorde van waarheid.



*Jesaja 25:1 & HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.

*Jesaja 48:1 & Hoor dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie--

*Jesaja 59:4 Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat 'n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil.

*Jesaja 59:15 Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die HERE dit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.

*Jesaja 65:16 sodat hy wat homself seën in die land, hom sal seën by die God van waarheid; en hy wat sweer in die land, sal sweer by die God van waarheid, omdat die vorige benoudhede vergeet is en verborge vir my oë.

*Jeremia 4:2 Dan sal jy sweer: So waar as die HERE leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.

*Jeremia 5:1 & Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek--dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.

*Jeremia 23:28 Die profeet by wie 'n droom is, laat hom 'n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE.

*Daniël 4:37 Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

*Daniël 9:13 soos in die wet van Moses geskrywe is--al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.

*Daniël 10:1 & In die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is 'n woord geopenbaar aan Daniël wat Béltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid; en hy het die woord verstaan en insig gehad in die gesig.

*Sagaria 8:16 Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte!

Nuwe Testament

*Matteus 22:16 En hulle stuur hul disipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie--

*Lukas 9:27 Ek sê vir julle met waarheid: Daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God gesien het nie.

*Lukas 20:21 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer--

*Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.

*Johannes 1:17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.

*Johannes 3:21 Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.

*Johannes 4:18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.

*Johannes 4:23 Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

*Johannes 4:24 God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.

*Johannes 5:33 Julle het na Johannes gestuur, en hy het vir die waarheid getuig.

*Johannes 8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.

*Johannes 8:40 maar nou probeer julle om My om die lewe te bring, iemand wat aan julle die waarheid vertel het, wat Ek van God gehoor het. Dit het Abraham nie gedoen nie.

*Johannes 8:44 Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy 'n leuenaar is en die vader daarvan.

*Johannes 8:45 Maar omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie.

*Johannes 8:46 & Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?

*Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

*Johannes 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

*Johannes 15:26 & Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

*Johannes 16:7 & Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

*Johannes 16:13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig.

*Johannes 17:17 & Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

*Johannes 17:19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.

*Johannes 18:37 Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem.

*Johannes 18:38 Pilatus sê vir Hom: Wat is waarheid? En toe hy dit gesê het, gaan hy weer uit na die Jode en sê vir hulle: Ek vind geen skuld in Hom nie.

*Johannes 19:35 En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo.

*Handelinge 26:25 Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.

*Romeine 1:18 Want die toorn van God word van die hemel af geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat in ongeregtigheid die waarheid onderdruk,

*Romeine 1:25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen.

*Romeine 2:2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.

*Romeine 2:8 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;

*Romeine 2:20 'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het

*Romeine 3:7 Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?

*Romeine 9:1 & Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees

*1 Korintiërs 5:8 Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.

*1 Korintiërs 13:6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

*2 Korintiërs 4:2 Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie; maar deur die waarheid aan die lig te bring, beveel ons ons by elke menslike gewete voor God aan.

*2 Korintiërs 6:7 in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter-- en linkerhand;

*2 Korintiërs 7:14 Want as ek iets by hom oor julle geroem het, is ek nie beskaam nie; maar soos ons alles met waarheid tot julle gespreek het, so het ook ons roem by Titus waarheid geword.

*2 Korintiërs 11:10 So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie ontneem word nie.

*2 Korintiërs 12:6 Want as ek sou wil roem, sou ek nie 'n dwaas wees nie, want ek sou die waarheid praat; maar ek laat dit ná, sodat niemand my hoër mag skat as wat hy van my sien of wat hy van my hoor nie.

*2 Korintiërs 13:8 Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vír die waarheid.

*Galasiërs 2:5 aan wie ons selfs nie 'n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.

*Galasiërs 2:14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat 'n Jood is, soos 'n heiden lewe en nie soos 'n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

*Galasiërs 3:1 & o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig?

*Galasiërs 4:16 Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?

*Galasiërs 5:7 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?

*Efesiërs 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

*Efesiërs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,

*Efesiërs 4:21 as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:

*Efesiërs 4:25 Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.

*Efesiërs 5:9 Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

*Efesiërs 6:14 Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,

*Filippense 1:18 Maar wat maak dit? In alle geval, op allerlei wyse, of dit onder 'n skyn of in waarheid is, word Christus verkondig; en hierin verbly ek my en sal ek my ook verbly.

*Kolossense 1:5 vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,

*Kolossense 1:6 wat julle sowel as die hele wêreld bereik het; en dit dra vrug, net soos onder julle ook, van die dag af dat julle dit gehoor het en die genade van God in waarheid leer ken het;

*2 Tessalonisens 2:10 en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie.

*2 Tessalonisens 2:12 sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid.

*2 Tessalonisens 2:13 & Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,

*1 Timoteus 2:4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

*1 Timoteus 2:7 waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel--ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie--'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.

*1 Timoteus 3:15 Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, 'n pilaar en grondslag van die waarheid.

*1 Timoteus 4:3 wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken.

*1 Timoteus 6:5 nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.

*2 Timoteus 2:15 Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

*2 Timoteus 2:18 wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.

*2 Timoteus 2:25 Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,

*2 Timoteus 3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

*2 Timoteus 3:8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

*2 Timoteus 4:4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.

*Titus 1:1 & Paulus, 'n dienskneg van God en 'n apostel van Jesus Christus, volgens die geloof van die uitverkorenes van God en die kennis van die waarheid wat na die godsaligheid is,

*Titus 1:14 en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie.

*Hebreërs 10:26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie,

*Jakobus 1:18 Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

*Jakobus 3:14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.

*Jakobus 5:19 Broeders, as een onder julle van die waarheid afgedwaal het en iemand hom bekeer,

*1 Petrus 1:22 As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart;

*2 Petrus 1:12 & Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is.

*2 Petrus 2:2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

*1 Johannes 1:6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

*1 Johannes 1:8 & As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

*1 Johannes 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.

*1 Johannes 2:21 Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie.

*1 Johannes 3:18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.

*1 Johannes 3:19 En hieraan weet ons dat ons uit die waarheid is; en ons sal ons harte voor Hom gerusstel,

*1 Johannes 4:6 Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.

*1 Johannes 5:6 & Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.

*2 Johannes 1:1 & Die ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders--wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het;

*2 Johannes 1:2 ter wille van die waarheid wat in ons bly en by ons vir ewig sal wees--

*2 Johannes 1:3 genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.

*2 Johannes 1:4 Ek was baie bly dat ek van u kinders gevind het wat in die waarheid wandel, soos ons 'n gebod van die Vader ontvang het.

*3 Johannes 1:1 & Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet.

*3 Johannes 1:3 & want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.

*3 Johannes 1:4 Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.

*3 Johannes 1:8 Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.

*3 Johannes 1:12 & Van Demétrius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.


(Terug na Bo)