Ou Testament
Gen 29:17 - En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.
Gen 39:6 - En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net
van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.
Lev 11:36 - Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
Num 5:28 - Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie, maar rein is, sal sy vry wees en swanger word.
Num 31:23 - elke ding wat in die vuur kan kom--moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees; ewenwel
moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur die water laat deurgaan.
Deut 21:11 - en jy onder die gevangenes 'n vrou sien wat skoon van gestalte is, en jy haar liefkry en haar as vrou vir jou neem,
Ester 2:7 - En hy was die opvoeder van Hadássa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy het geen vader of moeder
gehad nie; en die jongmeisie was skoon van gestalte en mooi van aansien, en by die dood van haar vader en haar moeder het
Mórdegai haar as sy dogter aangeneem.
Job 8:6 - as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
Job 11:4 - en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
Job 17:9 - Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.
Job 33:9 - Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
Ps 12:6 - (12:7) Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
Ps 19:9 - (19:10) Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid--tesame is hulle regverdig.
Ps 24:4 - Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Ps 48:2 - (48:3) Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
Ps 51:7 - (51:9) Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.
Ps 73:1 - 'n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.
Hooglied 4:10 - Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!
Jesaja 7:14 - Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom
Immánuel noem.
Es 24:13 - Oor jou skandelike onreinheid, omdat Ek jou gereinig het en jy nie rein geword het van jou onreinheid nie, sal jy nie meer rein word totdat Ek my grimmigheid teen jou tot rus gebring het nie.
Es 36:25 - Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
Es 44:23 - En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid
tussen wat onrein en rein is.
Dan 12:10 - Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die
goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Nuwe Testament
Matteus 1:23 - Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Mat 5:8 - Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
Mat 23:25 - Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
Mat 23:26 - Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
Mat 27:59 - En Josef het die liggaam geneem en dit met skoon linne toegedraai
Luk 1:27 - na 'n maagd wat verloof was aan 'n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria.
Luk 11:39 - Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van
binne is julle vol roof en boosheid.
Joh 13:10 - Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
Joh 13:11 - Want Hy het geweet wie Hom sou verraai. Daarom het Hy gesê: Julle is nie almal rein nie.
Joh 15:2 - Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
Joh 15:3 - Ware Wynstok - Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het.
Hand 15:9 - En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die
geloof.
Hand 24:16 - Daarom oefen ek my ook om altyd voor God en die mense 'n rein gewete te hê.
1Kor 7:34 - Daar is ook onderskeid tussen 'n vrou en 'n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
1Kor 7:37 - Maar hy wat in sy hart vasstaan en nie onder dwang verkeer nie, maar mag het oor sy eie wil en dit in sy eie hart
besluit het om sy maagd te bewaar, hy doen goed.
2Kor 11:2 - Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n
reine maagd aan Christus voor te stel.
Ef 5:26 - om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en
sonder gebrek sou wees.
Filip 4:8 - Bedink dinge wat bo is - Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat
rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is--watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Titus 1:15 - Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand
sowel as hulle gewete is besoedel.
1Tim 1:5 - Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof
1Tim 3:9 - manne wat die verborgenheid van die geloof in 'n rein gewete hou.
2Tim 1:3 - Ek dank God, wat ek van my voorouers af in 'n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
2Tim 2:22 - Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die
wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
Heb 9:22 - En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.
Heb 10:2 - Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie.
Heb 10:22 - laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van
'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
Jak 3:17 - Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie
vrugte, onpartydig en ongeveins.
1Pet 1:22 - As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart;
23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.
1Pet 2:12 - en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van
kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.
1Joh 3:3 - En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is.
Op 14:4 - Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
Op 15:6 - En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.
Op 19:8 - En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.
Op 19:14 - En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.