Christus ( Liggaam / Gemeente )
(Terug na Inhoud)
1. Christus Jesus is die Saligmaker en Verlosser. Mat 1:21; Luk 2:11; Joh 4:42; Hand 3:31; 13:23; Rom 11:26; Filip 3:20;
1Tim 1:1; 2:3; 2Tim 1:10; Titus 1:3-4; 2Pet 1:11 & 11; 2:20; 3:2; 1Joh 4:14.
2. Christus is die middelaar. Gal 3:19; 3:20; 1Tim 2:5; Heb 8:6; 9:15; 12:24.
3. Christus is die Fondament van die gemeente. 1Kor 3:10-12; Ef 2:20.
4. Christus is die Hoeksteen. Ps 118:22; Jes 28:16; Ef 2:20; 1Pet 2:6-8.
5. Christus is die Hoof. 1Kor 11:3 & 7; 12:21; Ef 1:22-23; 4:15-16; 5:23; Kol 1:18; 2:10 & 19.
6. Die liggaam van Christus is die gemeente. Rom 7:4; 1Kor 6:13,15,19; 10:16-17; 11:27-29; 12:4-5,12-31; Gal 6:17; Ef 1:22-23; 4:4.12,16; 5:23,30; Filpi 3:21; Kol 1:18; 1:24; 2:19; 3:15; 1Tim 3:15; Heb 12:23.
7. Christus is die Brood van die lewe. Mat 26:26; Mark 14:22; Luk 14:15; 22:19; 24;30,35; Joh 6:26,31-35,48,51,58; 1Kor 5:6-8; 10:16,17.
8. Christus is die Lig, Weg, Lewe en Waarheid. Mat 4:16; Luk 2:32; Joh 1:4-5, 7-9, 14, 17; 3:19; 5:24; 26, 29, 40; 6:48; 51, 53, 63, 8:12,32; 9:5; 10:10, 15, 17; 11:25; 12:35-36; 14:6; 15:13; 20:31; Hand 3:15; 26:18, 23; Rom 8:2; 13:12; 2Kor 4:10-12; 11:10; Ef 4:18; Filpi 1:21; Kol 3:3-4; 2Tim 1:1; Heb 10:20; 1Joh 1:2; 2:8; 3:14; 5:11-12, 16, 20; Op 21:11, 24.
9. Christus is die Seun van God. Mat 2:15; 3:17; Mark 1:11; 9:7; Luk 1:32; 9:35; Joh 1:18; 3:16-17; Hand 13:33; Rom 1:3, 9; 8:3; 1Kor 1:9; 15:28; Gal 1:16; 4:4, 6; Kol 1:13; 1Thess 1:10; Heb 1:1; 3:6; 2Pet 1:17; 1Joh 2:22-24; 2Joh vers 9.
10. Christus is die Seun van die mens. Dan 7:13; Mat 8:20; 10:23; Mark 2L10, 28; Luk 5:24; 6:5,22; Joh 1:52; 5:25-27; Hand 7:56; Op 1:13; 14:14.
11. Christus is die Beeld van God. 2Kor 4:4; Kol 1:15; Heb 1:3; 1Joh 5:20.
12. Christus is die Rots . Deut 32:4; 2Sam 22:2-3, 32; Ps 18:2, 31-32; 19:4; 28:1; 31:2-3; Ps 40:2; 62:2; 71:3; Jes 22:16; 26:4; 51:1; Dan 2:35; Mat 7:24-25; 16:18; 27:60; Mark 15:46; Luk 8:13; Rom 9:3; 1Kor 10:4; 1Pet 2:7.
13. Christus is die fontein van die water van die lewe. Joh 4:10-11, 14-15; 6:35; 7:38; 19:34; 1Joh 5:6; Op 21:6; 22:1, 17.
14. Christus is die Lam. Joh 1:29,36; Hand 8:32; 1Pet 1:19; Op 5:6, 8, 12-13; 6:1; 12:11; 14:1, 4, 10; 19:7, 9; 21:9, 14, 22-23, 27; 22:1-3.
15. Christus vervul alles in almal. Ef 1:23; 4:10; Kol 2:10.
16. Christus is die Bruidegom en die Gemeente is die Bruid. Jes 54:5; 62:5; 2Kor 11:2; Op 19:7-8; 21:2, 9.
17. Christus is die Krag en Wysheid van God. Mat 13:54; 14:2; 22:29; 26:64; Mark 14:62; 6:2; Luk 1:35; 2:47, 52; 5:17; 11:49; 21:15; 22:69; 24:49; Hand 10:38; Rom 1:4, 16; 1Kor 1:18, 21, 24, 30; 2:5-6; 2Kor 6:7; 13:4; Ef 1:8, 17; 3:10, 20; Kol 2:3; 2Pet 1:3; Op 5:12.
18. Deur Christus en tot Christus is alle dinge. Joh 1:3; 1Kor 8:6; Ef 2:10; 3:9; Kol 1:16-17.
19. Christus IS die eersgeborene van die hele skepping. Spr 8:25Rom 8:29; 1Kor 15:20, 23; Kol 1:15-20; Heb 1:1-6; 9:26; Op 1:5; 3:14.
20. Christus is die Gawe van God. Joh 4:10; 6:44,65; Hand 8:20; Rom 1:11; 5:15,17; 1Kor 1:7; 12:4,9,28,30,31;2Kor 1:11; 9:15; Ef 2:8; 3:7; 4:7-12; Filip 4:17; 1Tim 1:6; Heb 6:4; Jak 1:17-18; 1Pet 4:10.
21. Christus bewerk vergifnis van sonde. Mat 9:6; Mark 2:10; Luk 7:47-49; Joh 1:29; 20:23; Hand 5:31;; Rom 3:25; Ef 1:7; Kol 1:14; Heb 9:14; 1Joh 1:7-9; Op 1:5; 7:14
22. Christus het alles oorwin. Joh 16:33; Rom 8:37; 1Kor 15:27, 54, 57; Op 3:21; 5:5; 6:2; 12:11; 17:14; 21:7; 1Joh 4:4; 54:4-5.
23. Christus IS van Ewigheid tot Ewigheid. Pred 3:15; Mat 25:34; Joh 12:34; 17:24; Ef 1:4; 2Tim 1:9; Heb 4:3; 7:3, 17, 21; Heb 7:24, 28; (:26; 13:8; 1Pet 1:20; Op 1:11, 15.
.
Nuwe Testament
*Matteus 23:8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.
*Matteus 23:10 Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.
*Lukas 2:26 En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
*Lukas 9:20 En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!
*Johannes 1:17 Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.
*Romeine 1:16 & Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.
*Romeine 3:24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
*Romeine 6:3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
*Romeine 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.
*Romeine 6:8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
*Romeine 8:1 & Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
*Romeine 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.
*Romeine 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
*Romeine 8:10 & Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.
*Romeine 8:17 & en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.
*Romeine 8:34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
*Romeine 12:5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.
*Romeine 13:14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
*Romeine 14:9 Want hiervoor het Christus ook gesterwe en opgestaan en weer lewend geword, om oor dode sowel as
lewende te heers.
*1 Korintiërs 1:13 Is Christus verdeel? Is Paulus miskien vir julle gekruisig? Of is julle in die naam van Paulus gedoop?
*1 Korintiërs 1:24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.
*1 Korintiërs 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.
*1 Korintiërs 2:16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
*1 Korintiërs 3:1 & En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.
*1 Korintiërs 3:11 & Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.
*1 Korintiërs 3:23 maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.
*1 Korintiërs 4:1 & So moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.
*1 Korintiërs 4:10 Ons is dwaas ter wille van Christus, maar julle is verstandig in Christus. Ons is swak, maar julle sterk. Julle is in aansien, maar ons in oneer.
*1 Korintiërs 4:15 Want al sou julle tien duisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.
*1 Korintiërs 6:15 Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van 'n hoer maak? Nee, stellig nie!
*1 Korintiërs 9:18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.
*1 Korintiërs 10:16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
*1 Korintiërs 11:3 Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.
*1 Korintiërs 12:12 & Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
*1 Korintiërs 12:27 & Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
*1 Korintiërs 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
*2 Korintiërs 4:5 Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
*2 Korintiërs 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.
*2 Korintiërs 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
*2 Korintiërs 10:7 & Kyk julle na wat voor oë is? As iemand by homself vertrou dat hy aan Christus behoort, laat hy dit by homself weer oorweeg, dat net soos hy self aan Christus behoort, ons ook so aan Christus behoort;
*2 Korintiërs 12:2 Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede--of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die
liggaam, weet ek nie, God weet dit--dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
*Galasiërs 1:10 & Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.
*Galasiërs 2:17 Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan 'n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!
*Galasiërs 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
*Galasiërs 3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
*Galasiërs 3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
*Galasiërs 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
*Galasiërs 4:7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus.
*Galasiërs 4:19 & my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle 'n gestalte verkry.
*Galasiërs 5:24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
*Efesiërs 1:3 & Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
*Efesiërs 2:5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus--uit genade is julle gered--
*Efesiërs 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
*Efesiërs 2:7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
*Efesiërs 2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
*Efesiërs 2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
*Efesiërs 2:20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,
*Efesiërs 3:1 & Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is--
*Efesiërs 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie
*Efesiërs 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
*Efesiërs 4:13 totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
*Efesiërs 4:15 maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,
*Efesiërs 5:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
*Efesiërs 5:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
*Efesiërs 5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
*Efesiërs 5:32 Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
*Efesiërs 6:5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart,
soos aan Christus;
*Filippense 1:20 volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.
*Filippense 1:21 & Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
*Filippense 1:23 Want ek word van weerskante gedring: ek het verlange om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste;
*Filippense 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
*Filippense 4:19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
*Filippense 4:21 Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle.
*Kolossense 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;
*Kolossense 1:28 Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;
*Kolossense 3:1 & As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
*Kolossense 3:3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
*1 Timoteus 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
*Hebreërs 3:1 & Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,
*Hebreërs 3:6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.
*Hebreërs 3:14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
*Hebreërs 5:5 So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
*Hebreërs 9:28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
*Hebreërs 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
*Hebreërs 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
*1 Petrus 2:5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers
te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.
*2 Petrus 2:20 Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van
die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger
geword as die eerste.
*2 Johannes 1:9 Elkeen wat 'n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. Wie in die leer van
Christus bly, hy het die Vader sowel as die Seun.
(Terug na Bo)