Liggaam (Gemeente / Christus / Krag en Wysheid)

(Terug na Inhoud)

1. Die liggaam van Jesus die Seun van die mens:

2. Die liggaam van Christus , die Seun van God:

3. Die lamp van die liggaam is die oog (verstands oog). Mat.6:22-23; Luk.11:34-36

(Gaan na Oog )

4. Die kruisiging van die liggaam van die sonde, vleeslike begeertes en die dood. Rom.6:2-14;Rom.7:24; Gal.2:20; Gal.5:24; Gal.6:14 en Efese 4:22-25

5. Die sterflike liggaam. Rom.6:12; Rom.8:11

6. Die liggaam wat dood is vanwee die sonde. Rom.8:10-13

7. Ons liggame is:

8. Die volheid van God is in die liggaam van Christus. Efese 1:23; Kol.2:9-10.

9. Daar is hemelse liggame sowel as aardse liggame. Joh.3:13 en 31; 1Kor.15:40 en 44


Nuwe Testament

*Matteus 26:26 & En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy disipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

*Markus 14:22 En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

*Lukas 11:34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.

*Lukas 22:19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en se dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

*Johannes 2:21 Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.

 

*Romeine 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

*Romeine 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die liggaam van Christus, om aan 'n ander te behoort, naamlik aan Hom wat uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra.

*Romeine 8:10 & Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanwee die sonde, maar die gees is lewe vanwee die geregtigheid.

*Romeine 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.

*Romeine 12:4 Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie,

*Romeine 12:5 so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

 

*1 Kor 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

*1 Kor 6:20 Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

*1 Kor 10:16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seen, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

*1 Kor 10:17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

*1 Kor 11:24 en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gese: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.

*1 Kor 12:12 & Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

*1 Kor 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

*1 Kor 12:14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

*1 Kor 12:15 As die voet sou se: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie--behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

*1 Kor 12:18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

*1 Kor 12:19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

*1 Kor 12:20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

*1 Kor 12:27 & Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

*1 Kor 15:44 'n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam.

 

*2 Kor 4:10 Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.

*2 Kor 5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

*2 Kor 12:2 Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede--of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit--dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.

*2 Kor 12:3 En ek weet van so 'n man--of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit--

 

*Efes 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

*Efes 4:4 Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;

*Efes 4:12 om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,

*Efes 4:16 uit wie die hele liggaam--goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate--die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.

*Efes 5:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.

*Efes 5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

*Filippense 1:20 volgens my reikhalsende verwagting en hoop dat ek in niks beskaam sal word nie; maar dat Christus met alle vrymoedigheid, soos altyd so ook nou, groot gemaak sal word in my liggaam, of dit deur die lewe of deur die dood is.

*Filippense 3:21 wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.

*Kolossense 1:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

*Kolossense 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;

*Kolossense 2:17 wat 'n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus.

*Kolossense 2:19 en nie vashou aan die Hoof nie, uit wie die hele liggaam deur die gewrigte en verbindinge ondersteuning ontvang en saamgebind word en so met goddelike groei groot word.

*Kolossense 3:15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

*Heb 10:5 Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My 'n liggaam berei.

*Jakobus 3:6 Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

*1 Petrus 2:24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

(Terug na Bo)