Brood (Gaan ook na Liggaam ; Gemeente ; Christus)

(Terug na Inhoud)



Ou Testament

*Genesis 14:18 En Melgisédek, die koning van Salem, wat 'n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

*Eksodus 23:25 En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

*Job 28:5 Die aarde--daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.

*Spreuke 4:17 Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.

*Spreuke 12:11 & Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

*Amos 8:11 & Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.

Nuwe Testament

*Matteus 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.

*Matteus 6:11 gee ons vandag ons daaglikse brood;

*Matteus 26:26 & En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy disipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

*Markus 14:22 En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Neem, eet, dit is my liggaam.

*Lukas 14:15 & En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God.

*Lukas 22:19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

*Lukas 24:30 En toe Hy met hulle aan tafel was, neem Hy die brood en dank; en Hy breek dit en gee dit aan hulle.

*Lukas 24:35 Toe vertel hulle wat op die pad gebeur het en hoe Hy aan hulle bekend geword het by die breking van die brood.

*Johannes 6:32 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel.

*Johannes 6:33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.

*Johannes 6:34 Toe sê hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood.

*Johannes 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.

*Johannes 6:41 Toe murmureer die Jode oor Hom, omdat Hy gesê het: Ek is die brood wat uit die hemel neergedaal het.

*Johannes 6:48 Ek is die brood van die lewe.

*Johannes 6:50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie.

*Johannes 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.

*Johannes 6:58 Dít is die brood wat uit die hemel neergedaal het--nie soos julle vaders die manna geëet en gesterwe het nie; wie hierdie brood eet, sal tot in ewigheid lewe.

*Handelinge 2:42 & En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.

*Handelinge 2:46 En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart geniet,

*Handelinge 20:7 & En op die eerste dag van die week, toe die disipels vergader het om brood te breek, het Paulus hulle toegespreek, omdat hy die volgende dag sou vertrek en hy het sy rede gerek tot middernag toe.

*Handelinge 20:11 En hy het boontoe gegaan en brood gebreek en geëet; en nadat hy nog 'n geruime tyd gespreek het tot dagbreek toe, het hy vertrek.

*Handelinge 27:35 Toe hy dit gesê het, neem hy brood, dank God in die teenwoordigheid van almal, breek dit en begin eet.

*1 Korintiërs 10:16 die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?

*1 Korintiërs 10:17 Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.

*1 Korintiërs 11:23 & Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;

*1 Korintiërs 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.

*1 Korintiërs 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.

*1 Korintiërs 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.

*2 Korintiërs 9:10 En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,


(Terug na Bo)