(Terug na Inhoud)
1 Die wat rein en suiwer van hart is:
2. Jy moet God liefhê met jou hele hart. Deut.6:5; Mat.22:37; Mark.12:30 en 33; Luk.10:27
3. Want U het hulle hart gesluit vir verstand. Job. 17:4
4. Jy moet God in jou hart heilig. Jes.8:13; Jerem.1:5 en 1Pet.3:15
5.God sal Sy wette op die harte van die gelowiges skrywe. Jerem.31:33; 2Kor.3:2-3; Heb.8::9-10 en Heb.10:16.
6. En, Ek sal hulle een hart en en weg gee@ Jer. 32:39;
7. En Ek sal hulle een hart gee, en >n nuwe gees in julle binneste gee; Eseg. 11:19
8. Waar jou skat is, daar sal jou hart wees. Mat.6:21; . Luk.12:34
9. Die besnydenis van die hart. Rom.2:28-29; Efese 2:11-12; Filip.3:3 en Kol.2:11
10. Met die hart glo ons tot geregtigheid. Rom.10:9-10;
11. Met die hart glo ons tot geregtigheid. Rom.10:9-10
12. Daar is >n sluier (bedekking) oor die hart van die mense wat die Ou Testament (of Moses) lees.2Kor.3:12-17
13. Deur Christus word die bedekking (sluier) oor die hart weggeneem. 2Kor.3:14;
14. Om die harte te reinig en te suiwer. Jak.4:8; 1Pet.1:22
Ou Testament
*Genesis 6:5 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart
bedink, altyddeur net sleg was,
*Genesis 6:6 & het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in Sy hart.
*Genesis 8:21 En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
*Genesis 17:17 Toe val Abraham op sy aangesig, en hy lag en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, 'n kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud is, baar?
*Genesis 27:41 & En Esau was Jakob vyandig gesind vanweë die seën waarmee sy vader hom geseën het, en Esau het in sy
hart gedink: Die dae van die rou oor my vader is naby; dan sal ek my broer Jakob doodmaak
*Eksodus 7:14 & Toe sê die HERE vir Moses: Farao se hart is verhard; hy weier om die volk te laat trek.
*Deuteronomium 4:29 Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.
*Deuteronomium 6:5 Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.
*Deuteronomium 6:6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;
*Deuteronomium 7:17 As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? --
*Deuteronomium 8:5 Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig,
*Deuteronomium 10:12 & En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
*Deuteronomium 10:16 Besny dan die voorhuid van julle hart en verhard julle nek nie verder nie.
*Deuteronomium 11:13 As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te
hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
*Deuteronomium 15:9 Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby--en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die HERE roep, en dit sonde in jou word.
*Deuteronomium 29:4 Maar die HERE het julle nie 'n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.
*Deuteronomium 30:6 En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.
*Deuteronomium 30:14 Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen.
*Rigters 19:5 Maar terwyl hulle op die vierde dag vroeg in die môre opstaan en hy klaarmaak om weg te gaan, sê die vader
van die jong vrou vir sy skoonseun: Versterk jou hart met 'n stukkie brood, en daarna kan julle weggaan.
*1 Samuel 1:13 want Hanna het in haar hart gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor word
nie--het Eli gedink dat sy dronk was.
*1 Konings 3:12 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór
jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.
*Job 17:4 Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie. Job 33:3 My woorde kom
uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.
*Psalms 15:2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek;
*Psalms 24:4 Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
*Psalms 51:10 (51:12) Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.
*Psalms 73:7 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.
*Psalms 140:2 (140:3) wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek
*Spreuke 2:10 & Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
*Spreuke 16:21 & 'n Wyse van hart word verstandig genoem, en soetheid van lippe vermeerder die lering.
*Spreuke 16:23 & Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.
*Spreuke 28:26 & Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.
*Prediker 2:3 Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik--terwyl my hart my met wysheid sou
lei--en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder die
hemel gedurende die getal van hulle lewensdae.
*Jeremia 17:10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
Nuwe Testament
*Matteus 5:8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
*Matteus 12:34 Addergeslag, hoe kan julle goeie dinge praat terwyl julle sleg is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.
*Matteus 13:19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die Bose en roof wat in sy hart gesaai is--dit is hy by wie langs die pad gesaai is.
*Matteus 15:8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.
*Matteus 15:18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.
*Matteus 15:19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.
*Matteus 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou
hele verstand.
*Lukas 6:45 Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart te voorskyn wat goed is; en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart te voorskyn wat sleg is; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.
*Lukas 8:15 En wat in die goeie grond val--dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in 'n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
*Lukas 9:47 En toe Jesus die redenering van hulle hart opmerk, neem Hy 'n kindjie en laat dié by Hom staan
*Handelinge 8:22 Bekeer jou dan van hierdie boosheid van jou, en bid God of die gedagte van jou hart jou miskien vergewe mag word.
*Handelinge 16:14 En 'n vrou met die naam van Lídia, 'n purperverkoopster van die stad Thiatíre, 'n godsdienstige vrou,
het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.
*Romeine 2:29 maar hy is 'n Jood wat dit in die verborgene is, en besnydenis is dié van die hart, in die gees, nie na die letter nie. Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God.
*Romeine 10:8 Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:
*Romeine 10:9 As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
*Romeine 10:10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
*1 Korintiërs 2:9 maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van 'n mens nie
opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet.
*2 Korintiërs 3:15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart;
*Efesiërs 6:5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart,
soos aan Christus;
*1 Timoteus 1:5 & Maar die doel van die gebod is liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n ongeveinsde geloof
*2 Timoteus 2:22 & Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid,
geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
*Hebreërs 10:22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig
van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.