Saligheid / Salig / Heil
(Terug na Inhoud)
1. Die Salige hoop. Kol.1:5 en 23; Ook Titus 2:13
2. Die Salige God. 1Tim.1:11; Ook 1Tim.6:15
3. Die saligheid word vergelyk met >n helm. Jes.59:17; Efese 6:17 en 1Thess 5:8
4. Saligheid is die eiendom van God. Jona 2:9; Ook Open.7:10; Open.12:10 en Open.19:1
5. Johannes die doper het gekom om die kennis van die saligheid aan die volk te gee. Luk.1:77; Ook Luk.3:6
6. Christus is die bewerker van ons saligheid. Luk.2:11; Ook Joh.4:42; Hand.4:11-12; 2Thess.5:9; Heb.2:10; Heb.5:9; Heb.9:28; 1Pet.1:10-12; 2Pet.1:1 en 11; 2Pet.2:20; 2Pet.3:19
7. Die saligheid het ook tot die heidene gekom. Hand.28:28; Rom.11:11
8. Die evangelie is >n krag van God tot saligheid. Rom.1:16; 1Tim.6:3 en Titus 1:1
9. God bestem ons om die saligheid te verkry. 2Thess.5:9; Ook Rom.11:11
10. Die saligheid is deur die geloof in Christus Jesus. 1Pet.1:5
11. Ag die lankmoedigheid van die Here as saligheid. 2Pet.3:9 en 15
12. Die wat die saligheid verontagsaam sal die vergelding nie ontvlug nie. Heb.2:2-3
13. Die eind doel van ons geloof is die saligheid van ons siele. Heb.10:36; Ook 1Pet.1:9 en Open.5:4
Ou Testament
*Eksodus 15:2 Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die
God van my vader, Hom sal ek verhef.
*Deuteronomium 32:15 & Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop--jy het vet geword, dik geword, spekvet
geword--en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.
*2 Samuel 22:3 God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.
*2 Samuel 22:47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!
*2 Samuel 23:5 Want is my huis nie so by God nie? Want Hy het 'n ewige verbond vir my daargestel wat in alles gereël en
verseker is; want al my heil en alle welgevalle, ja, sal Hy dit nie laat uitspruit nie?
*1 Kronieke 16:23 Sing tot eer van die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.
*1 Kronieke 16:35 en sê: Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam
kan loof en ons beroem in u lof!
*2 Kronieke 6:41 Staan dan nou op na u rusplek, HERE God, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters, HERE God,
met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie.
*1 Tessalonisens 5:8 Maar laat ons wat van die dag is, nugter wees, met die borswapen van geloof en liefde aan, en as helm die hoop op die saligheid.
*1 Tessalonisens 5:9 Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
*2 Tessalonisens 2:13 & Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle
van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
*Esra 4:17 & Die koning het as antwoord gestuur: Aan Rehum, die bevelhebber, en Simsai, die skrywer, en hulle ander partygenote wat in Samaría en in die orige gebied wes van die Eufraat woon: Heil! En nou--
*Esra 5:7 Hulle het aan hom 'n berig gestuur, en só was daarin geskrywe: Aan koning Daríus--alle heil!
*Ester 10:3 Want die Jood Mórdegai was die tweede in rang onder koning Ahasvéros; en hy was groot by die Jode en 'n
liefling by die menigte van sy broers, omdat hy die heil van sy volk gesoek en tot welsyn van sy hele nageslag gespreek het.
*Job 13:16 Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
*Psalms 3:2 (3:3) Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
*Psalms 3:8 (3:9) Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.
*Psalms 9:14 (9:15) sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil.
*Psalms 13:6 Maar ek--op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.
*Psalms 18:2 (18:3) Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
*Psalms 18:46 (18:47) Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!
*Psalms 24:5 Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil.
*Psalms 25:5 He. Lei my in u waarheid en leer my, want U is die God van my heil. U verwag ek die hele dag.
*Psalms 27:1 & 'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
*Psalms 27:9 Verberg u aangesig nie vir my nie, wys u kneg nie af in toorn nie: U was my hulp! Verstoot en verlaat my nie, o God van my heil!
*Psalms 35:3 En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!
*Psalms 35:9 Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil.
*Psalms 38:22 (38:23) Maak tog gou om my te help, Here, my heil!
*Psalms 40:10 (40:11) U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek; u
goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie.
*Psalms 40:16 (40:17) Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE!
*Psalms 50:23 Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.
*Psalms 51:12 (51:14) Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees.
*Psalms 51:14 & (51:16) Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.
*Psalms 62:1 & Vir die musiekleier; op die wysie van: "Jedútun." 'n Psalm van Dawid. (62:2) Ja, my siel is stil tot God; van Hom is my heil.
*Psalms 62:2 (62:3) Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.
*Psalms 62:6 (62:7) Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.
*Psalms 62:7 (62:8) By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
*Psalms 65:5 (65:6) Vreeslike dinge antwoord U ons in geregtigheid, o God van ons heil, vertroue van al die eindes van die aarde en van die verste see!
*Psalms 67:2 (67:3) Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.
*Psalms 68:19 (68:20) Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.
*Psalms 69:13 & (69:14) Maar ek--my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
*Psalms 70:4 (70:5) Laat in U vrolik en bly wees almal wat U soek; en laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is God!
*Psalms 71:15 My mond sal u geregtigheid vertel, die hele dag u heil; want ek ken nie die maat daarvan nie.
*Psalms 79:9 Help ons, o God van ons heil, om die eer van u Naam, en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam.
*Psalms 85:4 (85:5) Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
*Psalms 85:7 (85:8) Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!
*Psalms 85:9 (85:10) Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon.
*Psalms 88:1 & 'n Lied, 'n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: "Máhalat leannot." 'n Onderwysing van Heman, die Esrahiet. (88:2) HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.
*Psalms 89:26 (89:27) Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!
*Psalms 91:16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.
*Psalms 95:1 & Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!
*Psalms 96:2 Sing tot eer van die HERE, loof sy Naam, verkondig sy heil van dag tot dag.
*Psalms 98:2 Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.
*Psalms 98:3 Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.
*Psalms 106:4 Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,
*Psalms 118:14 Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword.
*Psalms 118:15 'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
*Psalms 118:21 Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het.
*Psalms 118:25 Ag, HERE, gee tog heil; ag, HERE, gee tog voorspoed!
*Psalms 119:41 & Wau. En laat u goedertierenhede oor my kom, o HERE, u heil volgens u belofte,
*Psalms 119:81 & Kaf. My siel smag na u heil; op u woord wag ek.
*Psalms 119:123 & My oë smag na u heil en na die belofte van u geregtigheid.
*Psalms 119:155 & Die heil is ver van die goddelose, want hulle soek u insettinge nie.
*Psalms 119:166 & o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.
*Psalms 119:174 o HERE, ek verlang na u heil, en u wet is my verlustiging.
*Psalms 132:16 en sy priesters sal Ek met heil beklee, en sy gunsgenote sal vrolik jubel.
*Psalms 140:7 (140:8) HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!
*Psalms 146:3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie.
*Psalms 149:4 Want die HERE het 'n welbehae in sy volk; Hy versier die ootmoediges met heil.
*Jesaja 12:2 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
*Jesaja 12:3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
*Jesaja 17:10 Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;
*Jesaja 26:1 & In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.
*Jesaja 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
*Jesaja 38:17 Kyk, tot heil het die bitter, ja, bitter lyde my geword; maar U, U het my siel liefgehad en getrek uit die kuil van vernietiging. Want U het al my sondes agter u rug gewerp.
*Jesaja 45:7 wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
*Jesaja 45:8 Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.
*Jesaja 46:13 Ek bring my geregtigheid naby; dit is nie ver nie, en my heil sal nie vertoef nie; en Ek gee heil in Sion, aan Israel my heerlikheid.
*Jesaja 49:6 Hy het gesê: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde.
*Jesaja 49:8 So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
*Jesaja 51:5 My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop.
*Jesaja 51:6 Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie.
*Jesaja 51:8 want die mot sal hulle opeet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag.
*Jesaja 52:10 Die HERE het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.
*Jesaja 56:1 & So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.
*Jesaja 59:11 Ons brom almal soos bere, en soos duiwe kir ons aanhoudend; ons wag op reg, maar dit is nie daar nie; op heil--dit bly ver van ons.
*Jesaja 59:17 En Hy het geregtigheid aangetrek soos 'n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in 'n mantel.
*Jesaja 60:18 Van geweld sal in jou land nie meer gehoor word nie--van geen verwoesting of verbreking in jou grondgebied nie; maar jy sal jou mure Heil noem en jou poorte Lof.
*Jesaja 61:10 & Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
*Jesaja 62:1 & Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil wees nie, totdat sy geregtigheid uitbreek soos 'n glans en sy heil soos 'n fakkel wat brand.
*Jesaja 62:11 Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom;
kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.
* Jeremia 3:23 Waarlik, tevergeefs verwag hulle dit van die heuwels en van die rumoer op die berge; waarlik, in die HERE
onse God is Israel se heil.
*Jona 2:9 Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.
*Miga 7:7 & Maar ek sal uitsien na die HERE, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor.
*Habakuk 3:18 nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.
Nuwe Testament
*Matteus 5:3 & Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
*Matteus 5:4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.
*Matteus 5:5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.
*Matteus 5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.
*Matteus 5:7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
*Matteus 5:8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
(Gaan na Rein / Skoon / Maagd)
*Matteus 5:9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.
*Matteus 5:10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.
*Matteus 5:11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.
*Matteus 11:6 En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
*Matteus 16:17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou
geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
*Lukas 1:45 En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word.
*Lukas 1:48 omdat Hy die nederige toestand van sy diensmaagd aangesien het; want kyk, van nou af sal al die geslagte my salig noem.
*Lukas 1:69 en 'n horing van heil vir ons opgerig het in die huis van Dawid, sy kneg--
*Lukas 1:77 om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes,
*Lukas 2:30 omdat my oë u heil gesien het,
*Lukas 3:6 En alle vlees sal die heil van God sien.
*Lukas 6:20 & Toe slaan Hy sy oë op oor sy disipels en sê: Salig is julle, armes, want aan julle behoort die koninkryk van God.
*Lukas 6:21 Salig is julle wat nou honger het, want julle sal versadig word. Salig is julle wat nou ween, want julle sal lag.
*Lukas 6:22 Salig is julle wanneer die mense julle haat, en wanneer hulle julle verstoot en beledig en jul naam weggooi soos iets wat sleg is, ter wille van die Seun van die mens.
*Lukas 7:23 En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie.
*Lukas 10:23 En Hy het Hom omgedraai na sy disipels en afsonderlik aan hulle gesê: Salig is die oë wat sien wat
julle sien;
*Lukas 11:27 & En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat
U gedra het, en die borste wat U gesoog het.
*Lukas 11:28 En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar.
*Lukas 14:15 & En toe een van die wat saam aan tafel was, dit hoor, sê hy vir Hom: Salig is hy wat brood eet in die
koninkryk van God.
*Johannes 4:22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.
*Johannes 13:17 As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen.
*Johannes 20:29 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog
geglo het.
*Handelinge 4:12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
*Handelinge 28:28 Laat dit dan aan julle bekend wees dat die heil van God aan die heidene gestuur is, en hulle sal luister.
*2 Korintiërs 6:2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp.
Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
*Filippense 1:19 Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek,
*Filippense 2:12 & Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie,
maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing;
*Romeine 4:6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:
*Romeine 11:11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.
*Romeine 13:11 & En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap
wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.
*Hebreërs 1:14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?
*Hebreërs 2:3 hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,
*Hebreërs 2:10 & Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.
*Hebreërs 5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
*Hebreërs 6:9 & Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so.
*Hebreërs 9:28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal
sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.
*Jakobus 1:12 Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe
ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
*1 Petrus 1:5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
*1 Petrus 1:9 en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry.
*1 Petrus 1:10 & Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,
*1 Petrus 3:14 Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie
ontsteld nie.
*2 Petrus 3:15 En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid
wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
*2 Timoteus 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in
Christus Jesus.
*Judas 1:3 & Geliefdes, terwyl ek alle ywer aanwend om aan julle oor ons gemeenskaplike saligheid te skrywe, het ek die
noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges
oorgelewer is.
*Openbaring 1:3 & Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.
*Openbaring 7:10 en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam!
*Openbaring 12:10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.
*Openbaring 14:13 & En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
*Openbaring 16:15 Kyk, Ek kom soos 'n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak
rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
*Openbaring 19:1 & En ná hierdie dinge het ek iets soos 'n groot stem van 'n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!
*Openbaring 19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.
*Openbaring 20:6 Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen
mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend
jaar lank.
(Gaan na Sterf / Dood / Tweede dood)
*Openbaring 22:7 Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar.
Openbaring 22:14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die
poorte in die stad.