Rots (Rotse / Rotssteen / Steenrots / Steen / Klip)

(Terug na Inhoud)


Ou Testament

Eksodus 17:6 Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel

Eksodus 33:21 Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is 'n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.

Eksodus 33:22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het.

Numeri 20:8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.

Numeri 20:10 En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei?

Numeri 20:11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

Numeri 24:21 Toe hy die Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.

Deuteronomium 8:15 wat jou deur die groot en vreeslike woestyn gelei het, deur giftige slange en skerpioene en 'n dorsland sonder water; wat vir jou water uit die klipharde rots laat kom het;

Deuteronomium 32:4 Die Rots--volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.

Deuteronomium 32:13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;

Rigters 1:36 En die grens van die Amoriete was van Skerpioen-nek, van die rots af, en verder op.

Rigters 6:20 Maar die Engel van God het vir hom gesê: Neem die vleis en die ongesuurde koeke, en sit dit op hierdie rots neer en gooi die sous daaroor uit. En hy het so gedoen.

Rigters 6:21 Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.

Rigters 7:25 En hulle het twee vorste van die Midianiete gevang, Oreb en Seëb; en Oreb het hulle gedood by die rots Oreb, en Seëb gedood by die parskuip Seëb, en hulle het die Midianiete agtervolg; en die hoof van Oreb en van Seëb het hulle na Gídeon gebring, oorkant die Jordaan.

Rigters 13:19 Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:

Rigters 15:13 En hulle antwoord hom: Nee, ons sal jou net vasbind en oorgee in hulle hand, maar doodmaak sal ons jou stellig nie. Daarop bind hulle hom vas met twee nuwe toue en bring hom op uit die rots.

Rigters 20:45 Toe spring hulle om en vlug na die woestyn, na die rots Rimmon; maar hulle het in die nageveg op die grootpaaie vyf duisend man van hulle gedood en hulle agternagesit tot by Gídeom en twee duisend man van hulle verslaan.

Rigters 20:47 Maar ses honderd man het omgedraai en gevlug na die woestyn, na die rots Rimmon en vier maande by die rots Rimmon gebly.

Rigters 21:13 Toe stuur die hele vergadering en hulle spreek met die kinders van Benjamin wat by die rots Rimmon was, en bied hulle die vrede aan.

1 Samuel 2:2 Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.

1 Samuel 14:4 Nou was daar tussen die passe waar Jónatan wou deurgaan na die wagpos van die Filistyne, 'n spits rots oorkant en 'n spits rots duskant, en die naam van die een was Boses en die naam van die ander Sene.

1 Samuel 23:25 Toe Saul met sy manne trek om hom te soek, is dit aan Dawid geboodskap; daarom het hy afgetrek na die rots en in die woestyn Maon gebly. Maar Saul het dit gehoor en Dawid agternagejaag, die woestyn Maon in.

1 Samuel 23:28 Daarop het Saul omgedraai en Dawid nie meer agternagejaag nie, maar die Filistyne tegemoetgetrek. Daarom noem hulle daardie plek Rots van Skeiding.

2 Samuel 21:10 ¶ En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.

2 Samuel 22:2 ¶ En hy het gesê: Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder;

2 Samuel 22:3 God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.

2 Samuel 22:32 Want wie is God buiten die HERE, en wie 'n rots buiten onse God?

2 Samuel 22:47 Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God wat die rots is van my heil!

2 Samuel 23:3 Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: 'n Heerser oor mense, 'n regverdige, 'n heerser in die vrees van God,

1 Kronieke 11:15 En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het.

Nehemia 9:15 En U het hulle brood gegee uit die hemel vir hulle honger en water vir hulle uit die rots laat uitkom vir hulle dors, en aan hulle gesê om die land in besit te gaan neem waaromtrent U u hand opgehef het om hulle dit te gee.

Job 14:18 Maar soos 'n berg stukkend val as dit neerstort, en 'n rots versit word uit sy plek;

Job 18:4 Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn--sal om jou ontwil die aarde verlate wees of 'n rots uit sy plek versit word?

Job 19:24 met 'n ystergriffel en lood--vir altyd in 'n rots ingekap!

Job 28:9 Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.

Job 29:6 toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.

Job 39:28 (39:31) Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.

Psalms 18:2 (18:3) Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

Psalms 18:31 (18:32) Want wie is God buiten die HERE, en wie is 'n rots behalwe onse God?

Psalms 18:46 (18:47) Die HERE leef! En geloofd sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!

Psalms 19:14 (19:15) Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!

Psalms 27:5 Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots.

Psalms 28:1 ¶ 'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.

Psalms 31:2 (31:3) Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my 'n rots om in te vlug, 'n baie vaste huis om my te verlos.

Psalms 31:3 (31:4) Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

Psalms 40:2 (40:3) en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.

Psalms 42:9 (42:10) Ek wil spreek tot God: My rots, waarom vergeet U my? Waarom gaan ek in die rou deur die vyande se verdrukking?

Psalms 61:2 (61:3) Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.

Psalms 62:2 (62:3) Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

Psalms 62:6 (62:7) Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.

Psalms 62:7 (62:8) By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.

Psalms 71:3 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

Psalms 73:26 Al beswyk my vlees en my hart--God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.

Psalms 78:16 En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.

Psalms 78:20 Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het--sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?

Psalms 78:35 en hulle het daaraan gedink dat God hul rots was en God, die Allerhoogste, hul verlosser.

Psalms 81:16 (81:17) Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.

Psalms 89:26 (89:27) Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!

Psalms 92:15 (92:16) om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.

Psalms 94:22 Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.

Psalms 95:1 ¶ Kom, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

Psalms 105:41 Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke--'n rivier!

Psalms 114:8 wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!

Psalms 137:9 Gelukkig is hy wat jou kinders gryp en verpletter teen die rots!

Psalms 141:6 As hulle regters aan die kant van die rots afgegooi word, dan sal hulle hoor dat my woorde lieflik is.

Psalms 144:1 ¶ 'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer--

Spreuke 30:19 die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.

Spreuke 30:26 die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;

Jesaja 2:10 ¶ Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.

Jesaja 8:14 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.

Jesaja 10:26 En die HERE van die leërskare sal oor hom die gésel swaai soos Mídian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.

Jesaja 17:10 Want jy het vergeet die God van jou heil en nie gedink aan die rots wat jou toevlug was nie. Daarom lê jy lieflike tuine aan en beplant dit met uitlandse wingerdstokke;

Jesaja 22:16 Wat het jy hier, en wie het jy hier, dat jy vir jou hier 'n graf uitgekap het soos een wat in die hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom 'n woning uithol?

Jesaja 26:4 Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.

Jesaja 31:9 en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die HERE, wat 'n vuur het op Sion en 'n oond in Jerusalem.

Jesaja 32:2 En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag.

Jesaja 48:21 en hulle het geen dors gehad nie, in die woesteny het Hy hulle gelei; Hy het water uit die rots vir hulle laat stroom en die rots geklowe, sodat die waters weggevloei het.

Jesaja 51:1 ¶ Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.

Jeremia 5:3 o HERE, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as 'n rots, geweier om hulle te bekeer.

Jeremia 18:14 Verdwyn die sneeu van die Líbanon ooit van die rots in die veld? Of droog die uitlandse, koue, stromende waters op?

Jeremia 21:13 Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek die HERE. Julle wat sê: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?

Jeremia 23:29 Is my woord nie só, soos 'n vuur, spreek die HERE, en soos 'n hamer wat 'n rots vermorsel nie?

Jeremia 48:28 Verlaat die stede en gaan woon in die rots, inwoners van Moab! En word soos 'n duif wat sy nes maak oorkant die opening van die afgrond.

Esegiël 3:9 Jou voorhoof maak Ek hard soos 'n diamant, harder as 'n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle 'n wederstrewige huis is.

Esegiël 24:7 Want die stad se bloed is binne-in hom; op 'n kaal rots het hy dit neergesit; hy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof te bedek nie.

Esegiël 24:8 Om grimmigheid te verwek, om wraak te neem, het Ek sy bloed op 'n kaal rots neergesit, dat dit nie toegemaak sou word nie.

Esegiël 26:4 Húlle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom 'n kaal rots maak.

Esegiël 26:14 Ja, Ek sal jou 'n kaal rots maak, 'n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE.

Daniël 2:35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

Habakuk 1:12 ¶ Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!

Nuwe Testament

Matteus 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

Matteus 7:25 En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

Matteus 16:18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

Matteus 27:60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.

Markus 15:46 En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.

Lukas 6:48 Hy is soos 'n man wat 'n huis bou, wat gegrawe en diep ingegaan en die fondament op die rots gelê het; en toe die vloedwater kom en die stroom teen daardie huis losbreek, kon hy dit nie beweeg nie, omdat sy fondament op die rots was.

Lukas 8:6 En 'n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.

Lukas 8:13 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir 'n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af.

Lukas 23:53 en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.

Romeine 9:33 Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

1 Korintiërs 10:4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

1 Petrus 2:7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling--

Rotse (Terug na Bo)

Ou Testament

Numeri 23:9 Want van die top van die rotse af sien ek hom, en van die heuwels af aanskou ek hom. Kyk, 'n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

1 Samuel 13:6 Toe die manne van Israel sien dat hulle in die nood is--want die volk was in die noute gedruk--het die volk weggekruip in die spelonke en in die doringbosse en in die rotse en in die grotte en in die kuile.

1 Konings 19:11 En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie.

Job 22:24 En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

Job 24:8 Van die stortbui van die berge word hulle nat; en by gebrek aan skuiling druk hulle hul teen die rotse vas.

Job 28:10 In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.

Job 30:6 In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

Psalms 78:15 Hy het rotse gekloof in die woestyn en hulle oorvloedig laat drink soos uit watervloede.

Psalms 104:18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is 'n skuilplek vir die dasse.

Jesaja 2:19 En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

Jesaja 2:21 om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

Jesaja 7:19 en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke.

Jeremia 4:29 Vir die geluid van die ruiters en boogskutters vlug die hele stad; hulle het in die bosse ingegaan en op die rotse geklim; die hele stad is verlaat, en niemand woon daarin nie.

Jeremia 51:25 Kyk, Ek het dit teen jou, o berg wat verwoes, spreek die HERE; jy wat die hele aarde verwoes. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en sal jou maak 'n afgebrande berg.

Amos 6:12 Kan perde draf op rotse, of kan 'n mens met osse daarop ploeë? --dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wilde-als.

Nahum 1:6 Wie sal standhou voor sy grimmigheid? En wie sal bestand wees teen die gloed van sy toorn? Sy gramskap word uitgegiet soos vuur, en die rotse word stukkend geruk voor Hom.

Nuwe Testament

Matteus 27:51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

Openbaring 6:15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,

Openbaring 6:16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;

Rotssteen (Terug na Bo)

Ou Testament

Jesaja 44:8 Wees nie verskrik nie, en moenie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en te kenne gegee nie? En júlle is my getuies! Is daar 'n God buiten My? Ja, daar is geen rotssteen nie; Ek ken geeneen nie.

Steenrots (Terug na Bo)

Ou Testament

Deuteronomium 32:15 ¶ Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop--jy het vet geword, dik geword, spekvet geword--en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.

Deuteronomium 32:18 Die Steenrots wat jou verwek het, het jy veronagsaam; en jy het die God vergeet wat jou voortgebring het.

Deuteronomium 32:30 Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE hulle oorgelewer het nie!

Deuteronomium 32:31 Want hulle steenrots is nie soos ons Steenrots nie--ja, ons vyande self is skeidsregters!

Deuteronomium 32:37 Dan sal Hy sê: Waar is hulle gode, die steenrots waarin hulle toevlug geneem het,

Jesaja 30:29 Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die HERE, na die Steenrots van Israel.

Steen (Terug na Bo)

Ou Testament

Genesis 49:24 maar sy boog het sterk gebly, en die arms van sy hande was buigsaam, deur die hande van die Magtige van Jakob--daarvandaan waar die Herder, die Steen van Israel, is,

Eksodus 28:10 ses van dié name op die een steen en die ses ander name op die ander steen volgens hulle geboortes.

Levitikus 26:1 ¶ Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en 'n gesnede beeld of 'n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en 'n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.

2 Samuel 12:30 En hy het die kroon van hulle koning van sy hoof afgeneem, waarvan die gewig 'n talent goud was, met 'n kosbare steen daarin, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en 'n baie groot buit van die stad het hy uitgebring.

1 Kronieke 20:2 En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en daarin was 'n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring.

Psalms 118:22 Die steen wat die bouers verwerp het, het 'n hoeksteen geword.

Jesaja 28:16 daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.

Habakuk 2:11 Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord.

Haggai 2:15 Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van die HERE,

Sagaria 3:9 Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het--op die een steen is daar sewe oë; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg.

Nuwe Testament
Matteus 21:42 Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?

Matteus 21:44 En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.

Matteus 27:60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het; en nadat hy 'n groot steen teen die opening van die graf gerol het, het hy weggegaan.

Matteus 27:66 En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.

Matteus 28:2 En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.

Markus 12:10 Het julle nie ook hierdie Skrifwoord gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?

Markus 15:46 En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.

Markus 16:3 En hulle sê vir mekaar: Wie sal vir ons die steen voor die opening van die graf wegrol?

Markus 16:4 En toe hulle opkyk, sien hulle dat die steen weggerol was, want dit was baie groot.

Lukas 20:17 Maar Hy het hulle aangekyk en gesê: Wat beteken dan hierdie Skrifwoord: die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword?

Lukas 20:18 Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.

Lukas 24:2 En hulle het die steen van die graf afgerol gevind.

Johannes 11:38 En Jesus het weer in Homself geweldig bewoë geword en by die graf gekom. En dit was 'n spelonk, en 'n steen het daarteen gelê.

Johannes 11:39 Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.

Johannes 11:41 Hulle neem toe die steen weg waar die oorledene lê. En Jesus het sy oë opgeslaan en gesê: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het;

Johannes 20:1 ¶ En op die eerste dag van die week kom Maria Magdaléna vroeg, terwyl dit nog donker was, by die graf en sien dat die steen van die graf weggeneem was.

Handelinge 4:11 Hy is die steen wat deur julle, die bouers, verag is, wat 'n hoeksteen geword het.

Handelinge 17:29 As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie.

Romeine 9:32 Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.

Romeine 9:33 Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

1 Petrus 2:4 ¶ Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

1 Petrus 2:7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen des aanstoots en 'n rots van struikeling--

Openbaring 2:17 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Openbaring 4:3 En Hy wat daarop sit, het in sy voorkoms gelyk soos die steen jaspis en sardius; en rondom die troon was 'n reënboog wat in sy voorkoms gelyk het soos 'n smarag.

Openbaring 21:11 en dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos 'n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen.

Klip (Terug na Bo)

Ou Testament

Genesis 28:18 Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.

Genesis 28:22 En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.

Genesis 29:2 En meteens sien hy 'n put in die veld en drie troppe kleinvee wat daarby lê, want uit dié put het hulle die vee laat drink; en daar was 'n groot klip op die opening van die put.

Genesis 29:3 En as al die troppe daar bymekaarkom, rol hulle die klip weg van die opening van die put en laat die vee drink; daarna sit hulle die klip weer op die opening van die put op sy plek.

Genesis 29:8 Toe antwoord hulle: Ons kan nie voordat al die troppe bymekaar is nie; dan rol hulle die klip weg van die opening van die put, en ons laat die vee drink.

Genesis 29:10 Toe Jakob Ragel sien, die dogter van Laban, sy moeder se broer, en die vee van Laban, sy moeder se broer, loop Jakob nader en rol die klip weg van die opening van die put, en hy laat die vee drink van Laban, sy moeder se broer.

Genesis 31:45 Daarop het Jakob 'n klip geneem en dit as gedenksteen opgerig.

Genesis 35:14 En Jakob het 'n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, 'n gedenksteen van klip, en daarop 'n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.

Eksodus 31:18 En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.

Josua 24:27 Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal 'n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.

1 Samuel 17:49 en Dawid steek sy hand in die tas en neem 'n klip daaruit en slinger, en hy tref die Filistyn in sy voorhoof, sodat die klip in sy voorhoof indring en hy op sy gesig teen die grond val.

1 Samuel 17:50 So het Dawid dan die Filistyn oorweldig met 'n slinger en 'n klip. En hy het die Filistyn verslaan en hom gedood alhoewel daar geen swaard in Dawid se hand was nie.

1 Konings 7:11 En daar bo-op was kosbare klippe, volgens die maat van gekapte klip, en sederhout.

Job 6:12 Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?

Job 28:2 Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.

Job 28:3 'n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.

Job 38:30 Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.

Job 41:24 (41:15) Sy hart is hard soos 'n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.

Psalms 91:12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.

Jesaja 8:14 Dan sal Hy vir julle 'n heiligdom wees, maar 'n klip waar 'n mens teen stamp en 'n rots waar 'n mens oor struikel, vir die twee huise van Israel, 'n vangnet en 'n strik vir die inwoners van Jerusalem.

Jesaja 9:10 (9:9) Die bakstene het geval, maar met gekapte klip sal ons bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal seders in hulle plek neem!

Jeremia 3:9 En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout.

Jeremia 51:26 En hulle sal uit jou geen klip neem vir 'n hoek of 'n klip vir fondamente nie; want jy sal ewige wildernisse wees, spreek die HERE.

Klaagliedere 3:9 Hy het my weë toegemuur met gekapte klip, my paaie onbegaanbaar gemaak.

Esegiël 11:19 En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee,

Daniël 2:35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het.

Habakuk 2:19 Wee hom wat vir 'n stuk hout sê: Word wakker! vir 'n dooie klip: Ontwaak! Kan hy 'n mens leer? Kyk, hy is oorgetrek met goud en silwer, en daar is géén gees in sy binneste nie!

Sagaria 12:3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word.

Nuwe Testament

Matteus 7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;

Matteus 24:2 En Jesus sê vir hulle: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek sê vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word, wat nie afgebreek sal word nie.

Markus 13:2 En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie!

Lukas 4:3 Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dat dit brood moet word.

Lukas 4:11 en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.

Lukas 11:11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;

Lukas 19:44 En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.

Lukas 21:6 Hierdie dinge wat julle sien daar sal dae kom wanneer daar nie een klip op die ander gelaat sal word wat nie afgebreek sal word nie.

Lukas 22:41 En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid

Johannes 8:7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.

Openbaring 9:20 En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie.

Openbaring 18:21 En een sterk engel het 'n klip opgetel soos 'n groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê: So, met 'n vaart, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word en nooit meer gevind word nie.

(Terug na Bo)