Sterf / Sterwe
1. Die mense van die Ou Testament het in die geloof gesterf sonder om die belofte te verkry. Heb 11:13; 1Pet 1:12
(Gaan na Belofte / Ewige lewe )
2. Die wat na die vlees lewe sal sterwe. Rom 8:13
3. Almal sal in Christus Jesus lewend gemaak word. 1Kor 15:22
4. Diegene wat die brood eet wat uit die Hemel neergedaal het, sal nie sterf nie. Joh 6:50-56
5. Diegene wat in Christus glo en in Hom sterf, sal lewe saam met Christus, al het hy ook gesterwe. Joh 6:40; 8:51-52; Gal
2:20;Filpi 1:21; Kol 3:3; 2Tim 2:11
6. Diegene wat die ou mens afgesterf het:
7. Paulus sê dat hy stref dag vir dag. 1Kor 15:31
8. Hy wat gesterf het is geregverdig van die sonde. Rom 6:7
Ou Testament
*Genesis 2:17 maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy
daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
*Genesis 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
*Genesis 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
*Genesis 19:19 Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my
in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie.
*Numeri 23:10 Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? Laat my sterwe die dood
van die opregtes, en laat my einde soos syne wees!
*Rigters 13:22 En Manóag sê vir sy vrou: Ons sal sekerlik sterwe, omdat ons God gesien het.
*Spreuke 10:21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
*Spreuke 19:16 & Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.
*Jesaja 66:24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie
sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
*Esegiël 3:18 As Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe--en jy waarsku hom nie en spreek nie om die goddelose vir sy goddelose weg te waarsku om hom in die lewe te hou nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.
*Esegiël 3:19 Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.
*Esegiël 18:4 Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun--hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe.
*Esegiël 18:21 & Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
*Esegiël 18:26 As die regverdige afwyk van sy geregtigheid en onreg doen, dan sterf hy ten gevolge daarvan; deur sy onreg wat hy gedoen het, sterf hy.
*Esegiël 18:28 hy het dit ingesien en hom bekeer van al sy oortredinge wat hy begaan het; hy sal sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.
*Esegiël 18:31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?
*Esegiël 18:32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.
*Esegiël 33:9 Maar as jy die goddelose waarsku vir sy weg, dat hy hom daarvan moet bekeer, en hy hom nie bekeer van sy
weg nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.
Nuwe Testament
*Markus 9:44 waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
*Lukas 20:36 Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle
kinders van die opstanding is.
*Johannes 12:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit
alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.
*Romeine 6:9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
*Romeine 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
*Romeine 14:8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
*Romeine 14:7 Want niemand van ons leef vir homself nie en niemand sterf vir homself nie.
*Romeine 14:8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
*1 Korintiërs 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word;
*1 Korintiërs 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.
*Filippense 1:21 & Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins.
*Openbaring 9:6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.
*Openbaring 14:13 & En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here
sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
(Terug na Bo)