Oog / Sien / Aanskou

(Terug na Inhoud)


1. Die geestelike of verstands oog. Pred.2:14; Luk.24:45 en Efese 1:18.

2. Die wat met >n natuurlike oog kyk, sien maar sien ook nie, verstaan maar verstaan ook nie.Jerem.5:21; Jes.6:9-10; Jes.42:18-20; Jes.43:8; Mat.13:13-15; Mark.4:12; Mark.8:17-18; Luk.8:10-11; Joh.9:40; Joh.12:40; Hand.28:26; Rom.11:8; Heb.5:11-14 en 2Pet.3:15-16

3. Aan die geestelike is dit gegee om die geestelike dinge te verstaan en te sien. Mat.5:8; Mat.13:16-17; Luk.8:10; Luk.10:23; Joh.3:11; Joh.12:45; Joh.14:9 en 19; Joh.16:16; Heb.12:14 en 23; Kol.1:9 en 1Joh.3:2.

4. Die koms van die Seun in Sy koninkryk (Mat.16:28) sal nie sigbaar wees nie. Luk.17:20-21

5. Die geestelike dinge is net sigbaar vir die geestelike oog Joh.6:46

(Gaan na Geestelike)

6. Die natuurlike oog kan die dinge van God nie sien nie. Joh.14:17; Mat.11:27; Mat.23:39; Luk.10:22; Joh.1:18; Joh.5:37; Joh.6:46; 1Kor.2:9 en 14; 1Tim.6:16; Heb.11:1; 1Pet.1:8 en 1Joh.4:12 en 20

7. Die wêreld sal Christus nie sien nie. Joh.14:19

8. Om hulle te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer. Hand.26:18

9. Die goddelose sal God nie sien nie. 1Joh.3:6; 3Joh. Vers 11

10. Die sienlike en onsienlike dinge. Heb.11:3

11. Kyk, Hy kom met die wolke en elke oog sal hom sien. Open.1:7

Ou Testament

*Genesis 33:10 Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos 'n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.

*Eksodus 3:6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien.

*Eksodus 24:11 Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink.

*Eksodus 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.

*Deuteronomium 4:36 Uit die hemel het Hy jou sy stem laat hoor om jou te onderrig; en op die aarde het Hy jou sy groot vuur laat sien, en jy het sy woorde uit die vuur gehoor.

*Deuteronomium 34:7 En Moses was honderd en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie.

*Job 19:26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

*Job 42:5 Volgens hoorsê het ek van U gehoor; maar nou het my oog U gesien.

*Psalms 11:7 Want die HERE is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sien.

*Psalms 36:9 (36:10) Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.

*Spreuke 20:12 & 'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien--die HERE het hulle altwee gemaak.

*Prediker 9:13 & Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog:

Nuwe Testament

*Matteus 5:8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

*Matteus 6:22 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.

*Matteus 6:23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!

*Matteus 7:3 En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?

*Matteus 7:4 Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!

*Matteus 7:5 Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.

*Matteus 13:13 Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.

*Matteus 13:14 En aan hulle word die profesie van Jesaja vervul wat sê: Met die gehoor sal julle hoor en glad nie verstaan nie, en julle sal kyk en kyk, en glad nie sien nie.

*Matteus 16:28 Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.

*Matteus 18:9 En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word.

*Matteus 18:10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

*Matteus 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

*Markus 9:1 & En Hy sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie.

*Markus 14:62 En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.

*Lukas 8:10 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie.

*Lukas 11:34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.

*Johannes 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

*Johannes 9:41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.

*Johannes 12:45 En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.

*Johannes 14:17 die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

*Openbaring 1:7 Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!

*Openbaring 22:4 En hulle sal sy aangesig sien, en sy Naam sal op hulle voorhoofde wees.



(Terug na Bo)