(Terug na Inhoud)
1. Die koninkryke van die wêreld. Mat.4:8; Ook Luk.4:5 en Open.11:15
2. Die heiliges is die lig van die wêreld. Mat.5:14 en 16; Ook Filip.2:15
3. Die vriendskap van die wêreld is vyandskap teen God. Mat.6:24; Joh.15:19; Jak.4:4 en 1Joh.2:15
4. Die wêreld is die saailand en die goeie saad is die kinders van die koninkryk, die onkruid is die kinders van die bose wat deur die duiwel gesaai is. Mat.13:37-40; Ook Mat.28:19 en Mark.16:15
5. Die heiliges sal die wêreld oordeel. Mat.19:29; Ook 1Kor.6:2
6. Die evangelie sal verkondig word in die wêreld. Mat.24:14; Ook Mat.26:13; Mat.28:19; Mark.14:9; Mark.16:15; Rom.1:8; Kol.1:5-6 en 23
7. Die wêreld het deur die woord van God ontstaan. Joh.1:3 en 10; Hand.14:15 en Hand.17:24
8. Christus is die lig van die wêreld. Joh.1:4 en 9; Ook Joh.3:19; Joh.8:12; Joh.9:5; Joh.11:8-10 en Joh.12:46.
(Gaan na Lig)
(Gaan na Christus)
9. Die wêreld ken God nie. Joh.1:10; Joh.16:3; Joh.17:25; Efese 2:12 en 1Joh.3:1
10. Die heiliges is in die wêreld maar nie van die wêreld nie, net soos Christus nie van die wêreld is nie. Joh.3:13; Joh.8:23; Joh.9:5; Joh.15:19; Joh.17:11, 14 en 16; Joh.18:36; 2Kor.1:12; Filip.2:15 en Kol.2:20
11. Die wêreld haat die heiliges van God. Joh.7:7; Ook Joh.15:18-19; Joh.16:20; Joh.16:33; Joh.17:14-16 en 1Joh.3:13
12. Die oordeel van die wêreld. Joh.9:39; Ook Joh.12:31 en 47; Rom.3:6 en 19
13. Die owerste van die wêreld. Joh.12:31; Joh.14:30; Joh.16:11; Efese 1:21; Efese 2:2; Efese 6:12
14. Die wêreld kan die Heilige Gees nie ontvang nie Joh.14:17
15. As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het Joh.15:18
16. Alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld. Joh.16:33; Ook Rom.8:37; 1Kor.15:57; 2Kor.2:4; 1Joh.4:4-6 en 1Joh.5:4
17. Christus se koninkryk is nie van hierdie wêreld nie Joh.18:36
18. Die gelowiges het nie die gees van die wêreld nie. Rom.8:15; 1Kor.2:6,8 en 12
19. Reine godsdiens is om jouself vlekloos te bewaar van die wêreld. Rom.12:1-2; Ook 1Kor.5:10; 1Tim.5:22; Jak.1:26-27; 1Joh.5:18 en 2Joh. Vers 11
20. Die wysheid van die wêreld is dwaasheid by God. 1Kor.1:20-21; Ook 1Kor.1:27-28; 1Kor.2:6-7; 1Kor.3:18-20 en Jak.2:5
21. Vir die wêreld het die Apostels >n skouspel en uitvaagsel geword 1Kor.4:9 en 13
22. Die dinge van die wêreld sal verderf en verby gaan. 1Kor.7:31; Jak.1:10; Jak.4:14; 1Pet.1:24; 2Pet.1:4 en 1Joh.2:16-17
23. Die droefheid van die wêreld werk die dood 2Kor.7:10
24. Die duiwel en die antichris verlei die wêreld. Gal.1:4; Ook 1Pet.5:8; 1Joh.2:18; 1Joh.4:1-6; 1Joh.5:19; 2Joh. Vers 7; Open.12:9; Open.13:3-8; Open.16:14 en Open.20:2 en 8
25. Die tong is die wêreld van ongeregtigheid Jak.3:6
26. Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? 1Joh.5:5
27. Verskillende tekse aangaande:
Ou Testament
*Genesis 41:57 En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op
die hele aarde.
*Deuteronomium 32:10 Hy het hom gevind in 'n woestynland en in 'n woeste wêreld, vol gehuil van die wildernis; Hy het
hom omring, op hom ag gegee, hom bewaak soos sy oogappel.
*1 Samuel 2:8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste
en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.
*2 Samuel 22:16 En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die
dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.
*1 Konings 10:24 En die hele wêreld het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,
*1 Kronieke 16:30 Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
*Job 15:7 Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
*Job 18:18 Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
*Job 34:13 Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?
*Psalms 9:8 (9:9) En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.
*Psalms 17:14 met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.
*Psalms 18:15 (18:16) En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
*Psalms 19:4 (19:5) Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
*Psalms 24:1 & 'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
*Psalms 33:8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;
*Psalms 49:1 & Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm. (49:2) Hoor dit, alle volke, luister, alle bewoners van die wêreld,
*Psalms 50:12 As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.
*Psalms 77:18 (77:19) U rollende donder het weerklink; bliksems het die wêreld verlig; die aarde het gesidder en gebewe.
*Psalms 89:11 (89:12) Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid--U het dit gegrond.
*Psalms 90:2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.
*Psalms 93:1 & Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
*Psalms 96:10 & Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
*Psalms 96:13 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
*Psalms 97:4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.
*Psalms 98:7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.
*Psalms 98:9 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.
*Psalms 107:40 Hy wat veragting uitstort oor edeles en hulle laat dwaal in 'n woeste wêreld, sonder pad--
*Spreuke 8:26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.
*Jesaja 13:11 En Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder.
*Jesaja 14:17 Die wêreld soos 'n woestyn gemaak en sy stede verwoes het, wat sy gevangenes nie losgelaat het huis toe nie?
*Jesaja 14:21 Maak 'n slagbank gereed vir sy seuns, om die ongeregtigheid van hulle vaders ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem en die bodem van die wêreld vol stede maak nie.
*Jesaja 18:3 Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as 'n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!
*Jesaja 24:4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
*Jesaja 26:9 Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
*Jesaja 27:6 In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wêreld vol vrugte sal maak.
*Jesaja 34:1 & Kom nader, o volke, om te hoor; en nasies, luister! Laat die aarde hoor, en die volheid daarvan, die wêreld en alles wat daaruit voortkom.
*Jesaja 38:11 Ek het gesê: Ek sal die HERE nie sien nie, die HERE, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer
aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.
*Jeremia 10:12 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.
*Jeremia 51:15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan
het deur sy verstand--
*Klaagliedere 4:12 Lamed. Hulle het dit nie geglo nie, die konings van die aarde en al die inwoners van die wêreld, dat 'n
teëstander of 'n vyand in die poorte van Jerusalem sou kom nie.
*Daniël 2:38 en in wie se hand Hy in die hele bewoonde wêreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die
hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het--ú is die hoof van goud.
*Nahum 1:5 Die berge bewe voor Hom, en die heuwels smelt weg; en die aarde rys op voor sy aangesig, ja, die wêreld en
almal wat daarin woon.
Nuwe Testament
*Matteus 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle
heerlikheid,
*Matteus 5:14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
*Matteus 13:22 En by wie in die dorings gesaai is--dit is hy wat die woord hoor, maar die sorg van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom verstik die woord, en hy word onvrugbaar.
*Matteus 13:35 sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
*Matteus 13:38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad--dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose,
*Matteus 13:39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele.
*Matteus 13:40 Net soos die onkruid dan bymekaargemaak en met vuur verbrand word, so sal dit wees in die voleinding van hierdie wêreld:
*Matteus 13:49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei
*Matteus 16:26 Want wat baat dit 'n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal 'n mens gee as losprys vir sy siel?
*Matteus 18:7 & Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.
*Matteus 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die disipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
*Matteus 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.
*Matteus 24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie.
*Matteus 25:34 Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
*Matteus 26:13 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
*Matteus 28:20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
*Markus 4:19 en die sorge van hierdie wêreld en die verleiding van die rykdom en die begeerlikhede in verband met die ander dinge kom in en verstik die woord, en dit word onvrugbaar.
*Markus 8:36 Want wat sal dit 'n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly?
*Markus 14:9 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.
*Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
*Lukas 2:1 & En in daardie dae het daar 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele wêreld ingeskryf moes word.
*Lukas 4:5 Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd.
*Lukas 9:25 Wat baat dit 'n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?
*Lukas 11:50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
*Lukas 12:30 want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het.
*Lukas 16:8 En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.
*Lukas 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte
van die hemele sal geskud word.
*Johannes 1:9 Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.
*Johannes 1:10 Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.
*Johannes 1:29 & Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!
*Johannes 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
*Johannes 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
*Johannes 3:19 En dit is die oordeel: dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer
gehad as die lig; want hulle werke was boos.
(Gaan na Lig)
*Johannes 4:42 en aan die vrou gesê: Ons glo nie meer op grond van wat jy gesê het nie, want ons het self gehoor en ons
weet dat Hy waarlik die Christus, die Saligmaker van die wêreld, is.
*Johannes 6:14 Toe die mense dan die teken sien wat Jesus gedoen het, sê hulle: Hy is waarlik die profeet wat in die wêreld sou kom.
*Johannes 6:33 Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wêreld die lewe gee.
(Gaan na Brood)
*Johannes 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot
in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
*Johannes 7:4 Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld.
*Johannes 7:7 Die wêreld kan julle nie haat nie; maar My haat hy, omdat Ek van hom getuig dat sy werke boos is.
(Terug na Bo)