Vlees / Vleeslik
1. Die man en vrou sal een vlees wees. Gen.2:23-24; Ook Mat.19:5-6; Mark.10:7-8 en Efese 5:31
2. Alle vlees is soos gras. Jes.40:6; 1Pet.1:24
3. Die arm van vlees. Jerem.17:5
4. In die laaste dae sal God Sy Gees uitstort op alle vlees. Joël 2:28; Ook Hand.2:17
5. Die openbaring van God tot Sy diensknegte is nie uit vlees nie. Mat.16:17; Gal.1:16
6. Christus se vlees is die brood. Mat.26:26-28; Ook Mark.14:22-24; Luk.22:19-20; Joh.6:51-56 en 1Kor.11:23-27
7. Die kinders van God is nie uit vlees gebore nie. Joh.1:13; Ook Joh.3:3 en 5-7; Rom.9:8
8. Christus bedoel dat Sy vlees geestelik is. Joh.6:60-63; Ook Efese 5:30
9. Geen vlees kan voor God roem nie. Rom.3:27; 1Kor.1:29 en 2Kor.12:7
10. Die lewe van Christus word in ons sterflike vlees geopenbaar. Rom.6:5 en 8; Rom.8:17; 2Kor.4:11; Gal.1:16; Gal.2:20; Gal.4:14; Filip.2:8; Kol.1:27; Kol.3:4 en 2Tim.2:11
11. Die kruisiging van die liggaam van die vleeslike begeerte. Rom.6:6; Ook Gal.5:24 en Kol.2:1
12. Die wat na die vlees wandel is vleeslik en dien so die wet van die sonde tot die dood toe.Rom.6:13; Rom.7:5, 18 en 26; Rom.8:1-13; Rom.9:8; Efese 2:3 en Kol.2:13
13. Christus is gestuur in die gelykheid van die sondige vlees. Rom.8:3; Ook 2Kor.5:21 en Gal..3:13
14. Die vleeslike (natuurlike) mens. 1Kor.2:14; 1Kor.3:1-4
15. Vlees en bloed sal die koninkryk nie beêrwe nie. 1Kor.6:9; Ook 1Kor.15:42 en 50; Gal.5:19-21 en Efese 5:5
16. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie. 1Kor.9:25; Ook Efese 6:12
17. Ons ken niemand, en selfs Christus nie meer na die vlees nie 2Kor.5:16
18. Vermaning om nie vleeslik te lewe nie. Gal.4:9; Ook Gal.3:1-4; Gal.5:16 en Kol.3:1-4
19. Wie in sy vlees saai, sal uit die vlees die verderf maai. Gal.6:7-8; Efese 5:31
20. Christus se vlees is die voorhangsel van die tabernakel Heb.10:20
Ou Testament
*Genesis 2:23 Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. Sy sal mannin genoem
word, want sy is uit die man geneem.
*Genesis 2:24 Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.
*Genesis 6:3 & Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.
*Genesis 6:12 Toe sien God die aarde aan, en--dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.
*Genesis 6:13 & En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
*Genesis 6:17 Want kyk, Ék bring 'n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe.
*Genesis 6:19 En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.
*Genesis 7:15 van al die vlees waar 'n lewensgees in was, het twee-twee na Noag in die ark gegaan.
*Genesis 7:16 En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit.
*Genesis 7:21 & En alle vlees wat op die aarde beweeg, het weggesterwe: die voëls en die vee en die wilde diere en al die gedierte wat op die aarde wemel, en al die mense.
*Genesis 8:17 Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
*Genesis 9:11 En Ek rig my verbond met julle op, dat alle vlees nie meer deur die waters van die vloed uitgeroei sal word nie, en dat daar geen vloed meer sal wees om die aarde te verwoes nie.
*Genesis 9:15 dan sal Ek dink aan my verbond wat daar bestaan tussen My en julle en al die lewende wesens, in alle vlees. En die waters sal nie meer 'n vloed word om alle vlees te verdelg nie.
*Genesis 9:16 As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.
*Genesis 9:17 En God het vir Noag gesê: Dit is die teken van die verbond wat Ek opgerig het tussen My en alle vlees wat op die aarde is.
*Genesis 17:11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en julle.
*Genesis 17:13 die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as 'n ewige verbond.
*Genesis 17:14 En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie--dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word: hy het my verbond verbreek.
*Genesis 17:23 & Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.
*Genesis 17:24 En Abraham was nege en negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
*Genesis 17:25 En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
*Genesis 29:14 Toe sê Laban vir hom: Waarlik, jy is my been en my vlees. En hy het by hom 'n volle maand gebly.
*Genesis 37:27 Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister.
*Genesis 40:19 Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef--hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees
van jou af wegpik.
*Eksodus 4:7 En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees!
*Eksodus 28:42 Maak ook vir hulle linnebroeke om die vlees van die skaamte te bedek. Dit moet van die heupe tot by die
dye wees.
*Levitikus 6:10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.
*Levitikus 12:3 En op die agtste dag moet hy aan die vlees van sy voorhuid besny word.
*Levitikus 13:2 As 'n mens in die vel van sy vlees 'n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees 'n plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
*Levitikus 13:13 en sien die priester dat die melaatsheid sy hele vlees oordek het, dan moet hy die aangetaste persoon rein verklaar: hy het heeltemal wit geword, hy is rein.
*Levitikus 17:11 Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
*Levitikus 17:14 want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
*Levitikus 19:28 Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
*Levitikus 21:5 Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.
*Levitikus 26:29 En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
*Numeri 16:22 Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?
*Numeri 27:16 Laat die HERE, die God van die geeste van alle vlees, 'n man oor die vergadering aanstel
*Deuteronomium 5:26 Want wie is daar van alle vlees wat die stem van die lewende God uit die vuur hoor spreek het soos ons en in die lewe gebly het?
*Deuteronomium 28:53 En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
*Deuteronomium 28:55 sodat hy aan geeneen van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy eet nie, omdat daar vir hom niks anders oorgelaat is in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou poorte benoud sal maak nie.
*Deuteronomium 32:42 Ek sal my pyle dronk maak van bloed, en my swaard sal vlees eet: van die bloed van hom wat
verslaan en gevang is, van die kop van die vyand se aanvoerders.
*Rigters 8:7 Toe sê Gídeon: Daarom, as die HERE Seba en Sálmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.
*Rigters 9:2 Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter--dat sewentig man, almal
seuns van Jerúbbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle
vlees is.
*1 Samuel 17:44 Verder sê die Filistyn vir Dawid: Kom na my toe, dat ek jou vlees aan die voëls van die hemel en die diere
van die veld kan gee.
*2 Samuel 5:1 & Toe kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!
*2 Samuel 19:12 Julle is my broers; my been en my vlees is julle: waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring?
*2 Samuel 19:13 En vir Amása moet julle sê: Is jy nie my been en my vlees nie? Mag God so aan my doen en so daaraan
toedoen as jy nie al die dae leërowerste voor my in die plek van Joab sal wees nie!
*2 Konings 4:34 Daarna klim hy op en gaan lê op die kind en sit sy mond op dié se mond en sy oë op dié se oë en sy hande op dié se hande en buig oor hom neer; en die vlees van die kind het warm geword.
*2 Konings 5:10 Toe stuur Elísa 'n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.
*2 Konings 5:14 Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van
God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van 'n jong seun, en hy het rein geword.
*1 Kronieke 11:1 & Toe kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.
*Nehemia 5:5 En nou, ons vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders soos hulle kinders, en tog moet ons nou ons
seuns en ons dogters tot slawe verneder, en van ons dogters is al verneder sonder dat ons daar iets aan kan doen, en ons
lande en ons wingerde behoort aan ander.
*Job 2:5 maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en sy vlees aan--waarlik, hy sal U in u aangesig seën!
*Job 4:15 Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
*Job 6:12 Is my krag 'n krag van klip of my vlees van koper?
*Job 7:5 My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer.
*Job 10:11 Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.
*Job 12:10 In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
*Job 13:14 Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
*Job 14:22 Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.
*Job 19:20 My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.
*Job 19:22 Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?
*Job 19:26 En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
*Job 21:6 Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
*Job 33:21 Sy vlees verdwyn, weg uit die gesig; en sy gebeente, wat onsigbaar was, steek uit.
*Job 33:25 dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid.
*Job 34:15 dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.
*Psalms 16:9 Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;
*Psalms 27:2 As kwaaddoeners teen my nader kom om my vlees te eet--my teëstanders en my vyande, ja, myne--struikel hulle self en val.
*Psalms 38:3 (38:4) Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.
*Psalms 38:7 (38:8) want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.
*Psalms 56:4 (56:5) Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?
*Psalms 63:1 & 'n Psalm van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. (63:2) o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in 'n dor en uitgedroogde land, sonder water.
*Psalms 65:2 (65:3) o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!
*Psalms 73:26 Al beswyk my vlees en my hart--God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.
*Psalms 78:39 En Hy het daaraan gedink dat hulle vlees was, 'n wind wat weggaan en nie terugkom nie.
*Psalms 79:2 Hulle het die lyke van u knegte aan die voëls van die hemel tot spys gegee, die vlees van u gunsgenote aan die wilde diere van die land.
*Psalms 84:2 (84:3) My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
*Psalms 102:5 (102:6) Vanweë my harde gesug kleef my gebeente aan my vlees.
*Psalms 109:24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.
*Psalms 119:120 My vlees sidder van skrik vir U, en ek vrees vir u oordele.
*Psalms 136:25 Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
*Psalms 145:21 Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
*Spreuke 5:11 en jy uiteindelik moet steun as jou liggaam en jou vlees verteer is,
*Spreuke 11:17 & 'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.
*Spreuke 14:30 & 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.
*Prediker 4:5 Die dwaas vou sy hande en eet sy eie vlees op.
*Prediker 12:12 En buitendien, my seun, wees gewaarsku; aan baie boeke maak kom geen einde nie, en baie studie is
vermoeiing van die vlees.
*Jesaja 9:20 (9:19) En hulle byt na regs en het honger; hulle vreet na links en word nie versadig nie; hulle eet elkeen die vlees van sy eie arm:
*Jesaja 10:18 Ook sal Hy die heerlikheid van sy bos en van sy vrugteboord verteer, van die siel af tot die vlees toe, sodat dit is soos wanneer 'n kranke wegkwyn.
*Jesaja 17:4 En in dié dag sal die heerlikheid van Jakob gering word, en die vet van sy vlees sal wegteer.
*Jesaja 31:3 Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die HERE sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.
*Jesaja 40:5 En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.
*Jesaja 40:6 'n Stem sê: Roep! En hy vra: Wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al sy aanvalligheid soos 'n blom van die veld.
*Jesaja 49:26 En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.
*Jesaja 57:8 En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien.
*Jesaja 58:7 Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
*Jesaja 66:16 Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.
*Jesaja 66:23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.
*Jesaja 66:24 En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie
sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.
*Jeremia 12:12 Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die HERE verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
*Jeremia 17:5 & So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.
*Jeremia 19:9 En Ek sal hulle die vlees van hul seuns en die vlees van hul dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy naaste eet, in die beleëring en in die benoudheid waarmee hulle vyande en die wat hulle lewe soek, hulle benoud sal maak.
*Jeremia 25:31 Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose--aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE.
*Jeremia 32:27 Kyk, Ek is die HERE, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?
*Jeremia 45:5 En sou jy vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; want kyk, Ek bring onheil oor alle vlees, spreek die HERE;
maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.
*Klaagliedere 3:4 Bet. Hy het my vlees en my vel laat wegteer, my gebeente verbreek.
*Esegiël 11:19 En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee,
*Esegiël 20:48 en alle vlees sal sien dat Ek, die HERE, dit aangesteek het; dit sal nie uitgeblus word nie.
*Esegiël 21:4 Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, van die suide tot die noorde.
*Esegiël 21:5 En alle vlees sal weet dat Ek, die HERE, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.
*Esegiël 32:5 En Ek sal jou vlees weggee op die berge en die dale vol maak met jou hoogheid.
*Esegiël 36:26 En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee.
*Esegiël 37:6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
*Esegiël 37:8 Toe kyk ek en--daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie.
*Esegiël 39:17 En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!
*Esegiël 39:18 Vlees van die helde sal julle eet en bloed van die vorste van die aarde drink--ramme, lammers en bokke en stiere, vetgemaakte diere van Basan almal saam--
*Esegiël 44:7 Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.
*Esegiël 44:9 So sê die Here HERE: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom
ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie.
*Daniël 1:15 En aan die einde van tien dae het hulle voorkoms beter en hulle voller van vlees gelyk as al die jong seuns wat die spys van die koning geëet het.
*Daniël 2:11 Ja, die saak wat die koning verlang, is swaar, en daar is niemand anders wat dit voor die koning sou kan te kenne gee nie, behalwe die gode wie se woning nie by die vlees is nie.
*Daniël 4:12 Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld
skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed.
*Joël 2:28 & En daarna sal Ek my Gees uitgiet op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, julle ou mense
drome droom, julle jongelinge gesigte sien.
*Miga 3:2 Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is, wat die vel van die mense aftrek en hulle vlees van hul gebeente;
*Miga 3:3 en wat die vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke
kap soos vleis in 'n pot en soos vleis in 'n pan.
*Sagaria 2:13 Swyg alle vlees voor die HERE! Want Hy verhef Hom uit sy heilige woning.
*Sagaria 14:12 En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te
veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong
wegteer in hulle mond.
Nuwe Testament
*Matteus 16:17 Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou
geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.
*Matteus 19:5 en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees wees;
*Matteus 19:6 sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.
*Matteus 24:22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.
*Matteus 26:41 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
*Markus 10:8 en hulle twee sal een vlees word, sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.
*Markus 13:20 En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
*Markus 14:38 Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.
*Lukas 3:6 En alle vlees sal die heil van God sien.
*Lukas 24:39 Kyk na my hande en my voete, want dit is Ek self. Voel aan My en kyk; want 'n gees het nie vlees en
bene soos julle sien dat Ek het nie.
*Johannes 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.
*Johannes 1:14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.
*Johannes 3:6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
*Johannes 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee.
*Johannes 6:52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?
*Johannes 6:53 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie.
*Johannes 6:54 Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
*Johannes 6:55 Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.
*Johannes 6:56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.
*Johannes 6:63 Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
*Johannes 8:15 Julle oordeel volgens die vlees. Ek oordeel niemand nie.
*Johannes 17:2 soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.
*Handelinge 2:17 En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom.
*Handelinge 2:26 Daarom is my hart bly en my tong juig, ja, ook sal my vlees nog rus in hoop.
*Handelinge 2:30 Omdat hy dan 'n profeet was en geweet het dat God vir hom met 'n eed gesweer het dat hy uit die vrug van sy lendene, wat die vlees betref, die Christus sou verwek om op sy troon te sit,
*Handelinge 2:31 het hy, omdat hy dit vooruit gesien het, gespreek van die opstanding van Christus, dat sy siel nie
in die doderyk verlaat is en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.
*Romeine 1:3 aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid
*Romeine 2:28 Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie;
*Romeine 3:20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
*Romeine 4:1 & Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?
*Romeine 6:19 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
*Romeine 7:5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
*Romeine 7:14 & Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.
*Romeine 7:18 Want ek weet dat in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie.
*Romeine 7:25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.
*Romeine 8:1 & Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
*Romeine 8:3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,
*Romeine 8:4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
*Romeine 8:5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.
*Romeine 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
*Romeine 8:7 omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.
*Romeine 8:8 En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;
*Romeine 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.
*Romeine 8:12 Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie;
*Romeine 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
*Romeine 9:3 Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, 'n vervloeking te wees, wég van Christus af.
*Romeine 9:5 aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
*Romeine 9:8 Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.
*Romeine 13:14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy
begeerlikhede te bevredig nie.
*1 Korintiërs 1:26 Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie;
*1 Korintiërs 1:29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
*1 Korintiërs 3:3 omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?
*1 Korintiërs 3:4 Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos--is julle nie vleeslik nie?
*1 Korintiërs 5:5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
*1 Korintiërs 6:16 Of weet julle nie dat hy wat 'n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees.
*1 Korintiërs 7:28 Maar as jy tog trou, sondig jy nie; en as 'n maagd trou, sondig sy nie. Maar sulke mense sal verdrukking hê vir die vlees, en ek wil julle spaar.
*1 Korintiërs 10:18 Let op Israel na die vlees: het die wat die offers eet, nie gemeenskap met die altaar nie?
*1 Korintiërs 15:39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls.
*1 Korintiërs 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie;
ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie.
*2 Korintiërs 1:17 Het ek dan miskien ligsinnig gehandel toe ek my dit voorgeneem het? Of wat ek my voorneem, neem ek my dit voor na die vlees sodat by my tegelyk is: ja ja, en nee nee?
*2 Korintiërs 4:11 Want altyd word ons wat lewe, oorgelewer in die dood om Jesus wil, sodat ook die lewe van Jesus in ons sterflike vlees openbaar kan word.
*2 Korintiërs 5:16 & Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.
*2 Korintiërs 7:1 & Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring.
*2 Korintiërs 7:5 & Want ook toe ons in Macedónië gekom het, het ons vlees geen rus gehad nie, maar ons is op allerhande maniere verdruk; van buite was daar aanvegtinge, van binne verskrikkinge.
*2 Korintiërs 10:2 ek smeek dan dat as ek teenwoordig is, ek nie moedig hoef te wees met die vertroue waarmee ek meen om dit aan te durf teen sommige wat reken dat ons volgens die vlees wandel nie.
*2 Korintiërs 10:3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
*2 Korintiërs 10:4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
*2 Korintiërs 11:18 Terwyl baie na die vlees roem, sal ek ook roem.
*2 Korintiërs 12:7 En dat ek my oor die voortreflikheid van die openbaringe nie sou verhef nie, is my 'n doring in die vlees
gegee, 'n engel van die Satan, om my met die vuis te slaan, dat ek my nie sou verhef nie.
*Galasiërs 1:16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,
*Galasiërs 2:16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
*Galasiërs 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
*Galasiërs 3:3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
*Galasiërs 4:13 maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;
*Galasiërs 4:14 en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as 'n engel van God, ja, as Christus Jesus.
*Galasiërs 4:23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
*Galasiërs 4:29 maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook.
*Galasiërs 5:13 & Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
*Galasiërs 5:16 Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
*Galasiërs 5:17 want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
*Galasiërs 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
*Galasiërs 5:24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
*Galasiërs 6:8 Hy wat in sy vlees saai, sal uit die vlees verderf maai; maar hy wat in die Gees saai, sal uit die Gees die ewige lewe maai.
*Galasiërs 6:12 Almal wat 'n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie.
*Galasiërs 6:13 Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word,
sodat hulle in julle vlees kan roem.
*Efesiërs 2:3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
*Efesiërs 2:11 & Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene in die vlees was en onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,
*Efesiërs 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
*Efesiërs 5:29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
*Efesiërs 5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.
*Efesiërs 5:31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.
*Efesiërs 6:5 Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;
*Efesiërs 6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die
wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
*Filippense 1:22 Maar as ek in die vlees moet lewe, dan beteken dit vir my vrugbare arbeid; en wat ek sal kies, weet ek nie.
*Filippense 1:24 maar om in die vlees te bly, is nodiger om julle ontwil.
*Filippense 3:3 Want óns is die besnydenis, ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie;
*Filippense 3:4 & alhoewel ek rede het om ook te vertrou op die vlees. As iemand anders meen dat hy op die vlees kan
vertrou, ek nog meer.
*Kolossense 1:22 in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel;
*Kolossense 1:24 Nou verbly ek my in my lyding vir julle en vul in my vlees aan die oorblyfsels van die verdrukking van Christus vir sy liggaam, wat die gemeente is;
*Kolossense 2:1 & Want ek wil hê dat julle moet weet wat 'n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie,
*Kolossense 2:5 Want al is ek ook na die vlees afwesig, tog is ek by julle in die gees, en ek verbly my om julle goeie orde te sien en die vastigheid van julle geloof in Christus.
*Kolossense 2:11 in wie julle ook besny is met 'n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus,
*Kolossense 2:13 & En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het,
*Kolossense 2:23 wat, alhoewel dit 'n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.
*Kolossense 3:22 Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos
mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.
*1 Timoteus 3:16 En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is
geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.
*Filemon 1:16 nie meer as 'n slaaf nie, maar méér as 'n slaaf, as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral
vir my, hoeveel te meer vir jou.
*Hebreërs 2:14 & Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het--dit is die duiwel--
*Hebreërs 5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs--
*Hebreërs 9:13 Want as die bloed van stiere en bokke en die as van 'n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,
*Hebreërs 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,
*Hebreërs 12:9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie
veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?
*Jakobus 5:3 Julle goud en silwer is verroes, en hulle roes sal tot 'n getuienis teen julle wees en sal soos 'n vuur julle vlees
verteer. Julle het skatte vergader in die laaste dae.
*1 Petrus 1:24 & Want alle vlees is soos gras, en al die heerlikheid van die mens soos 'n blom van die gras. Die gras verdor en sy blom val af,
*1 Petrus 3:18 & Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring--Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees;
*1 Petrus 3:21 & waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete--deur die opstanding van Jesus Christus
*1 Petrus 4:1 & Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,
*1 Petrus 4:2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
*1 Petrus 4:6 Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in
die vlees, maar lewe na God in die gees.
*2 Petrus 2:10 & en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie,
*2 Petrus 2:18 Want deur trotse woorde vol onsin uit te spreek, verlok hulle deur begeerlikhede van die vlees en
ongebondenheid die wat waarlik die mense ontvlug het wat in dwaling wandel.
*1 Johannes 2:16 Want alles wat in die wêreld is--die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe--is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
*1 Johannes 4:2 Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;
*1 Johannes 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees
van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
*2 Johannes 1:7 & Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris.
*Judas 1:7 soos Sodom en Gomorra en die stede rondom hulle, wat op dieselfde manier as hierdie mense gehoereer en agter vreemde vlees aangeloop het, as 'n voorbeeld gestel is, terwyl hulle die straf van die ewige vuur ondergaan.
*Judas 1:8 & Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en verag die heerskappy en laster die
heerlike wesens.
*Openbaring 17:16 En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.
*Openbaring 19:18 dat julle kan eet die vlees van konings en die vlees van owerstes oor duisend en die vlees van sterkes en die vlees van perde en van die wat daarop sit, en die vlees van almal, vrymense sowel as slawe, klein sowel as groot.
*Openbaring 19:21 En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die
voëls is versadig van hulle vlees.