Sonde

(Terug na Inhoud)



1. Die duiwel is die oorsaak van die sonde. Joh 8:41,44; 1Joh 3

2. Sonde is:

3. Die sonde kom uit die hart van die mens. Ps 95:10; Mat 15:19; Mark 7:21-23; Heb 3:10; Jak 3:6

(Sien Hart)

4. Deur die sonde kom die dood. Rom 5:12; 1Kor 15:21-22; Ef 2:1; 1Joh 5:16

5. Elkeen wat sondig het God nie gesien nie. 1Joh 3:6; 3Joh vers 11

6. Elkeen wat sondig het God nie geken nie. 1Joh 3:6

7. Elkeen wat sondig is uit die duiwel. 1Joh 3:8

8. Die wat uit God gebore is, sondig nie. 1Joh 3:9

Ou Testament

*Psalms 32:1 & 'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.

*Psalms 51:2 (51:4) Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.

(Gaan na Rein / Skoon)

*Psalms 51:3 (51:5) Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.

*Psalms 51:5 (51:7) Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

*Psalms 59:12 (59:13) Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.

*Psalms 85:2 (85:3) U het die ongeregtigheid van u volk weggeneem, al hulle sonde bedek. Sela.

*Spreuke 14:21 & Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.

*Esegiël 33:14 En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe--en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen--

Nuwe Testament

*Matteus 12:31 Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.

*Johannes 1:29 & Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!

*Johannes 8:7 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat dié een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.

*Johannes 8:21 & En Jesus het weer vir hulle gesê: Ek gaan weg, en julle sal My soek en in julle sonde sterwe. Waar Ek gaan, kan julle nie kom nie.

*Johannes 8:34 Jesus antwoord hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat die sonde doen, 'n dienskneg van die sonde is.

*Johannes 8:46 & Wie van julle oortuig My van sonde? En as Ek die waarheid spreek, waarom glo julle My nie?

*Johannes 9:41 Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.

*Johannes 15:22 As Ek nie gekom en met hulle gespreek het nie, sou hulle geen sonde hê nie; maar nou het hulle geen verskoning vir hul sonde nie.

*Johannes 15:24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.

*Johannes 16:8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

*Johannes 19:11 Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.

*Handelinge 7:60 En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.

*Romeine 3:9 Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,

*Romeine 3:20 aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.

*Romeine 4:8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

*Romeine 5:12 Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het

*Romeine 5:13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie.

*Romeine 5:20 Maar die wet het daar bygekom, sodat die misdaad meer sou word; en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword;

*Romeine 5:21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.

*Romeine 6:1 & Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?

*Romeine 6:2 Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?

*Romeine 6:6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.

*Romeine 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

*Romeine 6:10 Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.

*Romeine 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.

*Romeine 6:12 Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.

*Romeine 6:13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

*Romeine 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

*Romeine 6:15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!

*Romeine 6:16 Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?

*Romeine 6:17 Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,

*Romeine 6:18 en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.

*Romeine 6:20 Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.

*Romeine 6:22 Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.

*Romeine 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

*Romeine 7:7 & Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie.

*Romeine 7:8 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood.

*Romeine 7:9 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe.

*Romeine 7:11 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood.

*Romeine 7:13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word.

*Romeine 7:14 & Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

*Romeine 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

*Romeine 7:20 Maar as ek doen wat ek nie wil nie, dan doen ek dit nie meer nie, maar die sonde wat in my woon.

*Romeine 7:23 maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.

*Romeine 7:25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

*Romeine 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

*Romeine 8:3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees,

*Romeine 8:10 & Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid.

*Romeine 14:23 Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.

*1 Korintiërs 6:18 Vlug vir die hoerery. Enige sonde wat 'n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf sondig teen sy eie liggaam.
(Gaan na Hoer)

*1 Korintiërs 15:56 Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet.

*2 Korintiërs 5:21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

*2 Korintiërs 11:7 Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?

*Galasiërs 2:17 Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan 'n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie!

*Galasiërs 3:22 Maar die Skrif het alles ingesluit onder die sonde, sodat die belofte uit die geloof in Jesus Christus aan die gelowiges gegee kon word.

*2 Tessalonisens 2:3 & Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf

*Titus 3:11 wetende dat so iemand op 'n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.

*Hebreërs 3:13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.

*Hebreërs 4:15 Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

*Hebreërs 9:26 want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.

*Hebreërs 9:28 so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

*Hebreërs 10:4 want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem.

*Hebreërs 10:18 Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie.

*Hebreërs 11:25 omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om 'n tyd lank die genot van die sonde te hê,

*Hebreërs 12:1 & Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

(Gaan na Wolk)

*Hebreërs 12:4 & Julle het nog nie ten bloede toe weerstand gebied in julle stryd teen die sonde nie.

*Hebreërs 13:11 want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word--hulle liggame word buitekant die laer verbrand.

*Jakobus 1:15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

*Jakobus 2:9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

*Jakobus 4:17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

*Jakobus 5:15 En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.

*1 Petrus 2:20 Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly--dit is genade by God.

*1 Petrus 2:22 Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;

*1 Petrus 4:1 & Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde,

*1 Johannes 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

*1 Johannes 1:8 & As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

*1 Johannes 3:4 & Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.

*1 Johannes 3:5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.

*1 Johannes 3:8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.

*1 Johannes 3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.

*1 Johannes 5:16 As iemand sy broeder 'n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee--vir die wat nie 'n sonde tot die dood doen nie. Daar is 'n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.

*1 Johannes 5:17 Alle ongeregtigheid is sonde, en daar is 'n sonde wat nie tot die dood is nie.

*Judas 1:23 maar ander moet julle met vrees red deur hulle uit die vuur te ruk; en ook die kleed moet julle haat wat deur sonde bevlek is.

(Terug na Bo)