Lig ( Liefde)
1. God is Lig. Ps 27:1; 84:12; Jes 60:10; Miga 7:8; Joh 1:4; 1Joh 1:5
2. God is die Vader van die ligte. Dan 2:22; Jak 1:17
3. Christus is die Lig. Jes 9:1; 42:6; 39:6; Mat 4:16; Luk 2:32; oh 1:4,9; 8:12; 9:5;12:35,46; Hand 26:23
4. Die lewe van Christus is die lig van die mense. Joh 1:4-5; 2Tim 1:10.
5. Die lig van God is nie natuurlik sigbaar nie. Joh 1:18; 5:37; 6:46; 1Tim 6:16; 1Joh 4:12,20
6. Alles wat geopenbaar word is lig. Mat 10:26-27; Luk 12:3; Ef 5:13
7. Die lig van Israel is 'n vuur. Jes 10:17
8. Christus sê dat die apostels is die lig van die wêreld. Mat 5:14,16
9. Die gelowiges:
10. Die wêreld ken die lig nie. Joh 1:10; 12:35
11. Die wêreld het die duisternis liewer as die lig. Joh 1:5; 3:19-20
12. Die Satan verander homself in 'n engel van die lig. 1Joh 2:9
Ou Testament
*Job 18:5 & Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
*Job 18:6 Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
*Job 33:30 om sy siel terug te bring van die kuil, sodat hy bestraal word met die lig van die lewe.
*Job 38:15 En aan die goddelose word hulle lig ontneem, en die hoë arm word verbreek.
*Psalms 36:9 (36:10) Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
*Psalms 43:3 Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,
*Psalms 78:14 En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.
*Psalms 119:130 & Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
*Spreuke 4:18 Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
*Spreuke 13:9 & Die lig van die regverdige brand vrolik, maar die lamp van die goddelose gaan dood.
*Jesaja 10:17 En die Lig van Israel sal 'n vuur wees, en sy Heilige 'n vlam; en dit sal sy distels en sy dorings verbrand en
verteer op een dag.
*Jeremia 4:23 Ek het na die aarde gekyk, en dit was woes en leeg; ook na die hemel, en sy lig was daar nie.
*Jeremia 25:10 En Ek sal uit hulle laat verdwyn die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die
bruidegom en die stem van die bruid, die geluid van die handmeul en die lig van die lamp.
Nuwe Testament
*Matteus 5:14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;
*Matteus 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
*Matteus 6:23 Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe
groot is die donkerheid nie!
*Lukas 8:16 En niemand steek 'n lamp op en maak dit met iets toe of sit dit onder 'n bed nie; maar hy sit dit op 'n staander, sodat die wat inkom, die lig kan sien.
*Lukas 11:35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
*Johannes 8:12 & En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie
in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.
*Handelinge 26:18 om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan
tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en 'n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang.
*2 Korintiërs 4:6 Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn--dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.
*2 Korintiërs 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig.
*1 Johannes 1:5 & En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie.
*1 Johannes 1:7 Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.
*1 Johannes 2:9 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.
*1 Johannes 2:10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.
*Openbaring 8:12 En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
*Openbaring 18:23 En die lig van 'n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit
meer in jou gehoor word nie; want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.