Vrede

(Terug na Inhoud)


1. Jesus Christus het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard en tweedrag. Mat.10:34-35;Ook Luk.12:51-53

(Gaan na Swaard)

2. Die vrede wat Jesus Christus aan die gelowiges gegee en bewerk het. Mark.5:34; Ook Luk.7:50; Luk.8:48; Luk.24:36; Luk.24:36; Joh.14:27; Joh.16:33; Joh.20:19. 21 en 26; Rom.5:1 en Kol.1:20

3. Die evangelie van vrede. Hand.10:36; Ook Rom.10:15; Efese 2:17 en Efese 6:15

4. Wat die Gees bedink is lewe en vrede. Rom.8:6

(Gaan na Ewige Lewe)

5. God is >n God van vrede. Rom.15:33; Ook Rom.16:20; 1Kor.14:33; 2Kor.13:11; Filip.4:9; 1Thess.5:23 en Heb.13:20

6. Vrede is die vrug van die Gees. Gal.5:22; Ook Jak.3:18

7. Die vrede van God sal die sinne en harte bewaar. Filip.4:7

(Gaan na Verstand)

(Gaan na Hart)

Ou Testament

Genesis 26:29 jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.

Genesis 43:23 Toe antwoord hy: Vrede vir julle! Moenie bang wees nie! Julle God en die God van julle vader het julle 'n skat in jul sakke gegee. Julle geld het by my gekom. Daarop het hy Símeon na hulle uitgebring.

Numeri 6:26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.

Rigters 6:24 Toe bou Gídeon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.

Psalms 28:3 Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.

Psalms 29:11 Die HERE sal sy volk sterkte gee, die HERE sal sy volk seën met vrede.

Psalms 41:9 (41:10) Selfs die man wat met my in vrede lewe, op wie ek vertrou het, wat my brood eet, het die hakskeen teen my opgelig.

Psalms 85:10 (85:11) Goedertierenheid en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.

Psalms 119:165 ¶ Die wat u wet liefhet, het groot vrede, en vir hulle is daar geen struikelblok nie.

Psalms 120:6 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.

Psalms 122:6 ¶ Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!

Spreuke 3:17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

Spreuke 12:20 ¶ Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

Jesaja 32:17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.

Jesaja 48:18 Ag, as jy maar na my gebooie geluister het, dan sou jou vrede gewees het soos 'n rivier en jou geregtigheid soos die golwe van die see;

Jesaja 48:22 Geen vrede, sê die HERE, vir die goddelose nie!

Jesaja 52:7 ¶ Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

Jesaja 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Jesaja 57:2 Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde--hy wat sy reguit pad loop.

Jesaja 59:8 Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.

Jeremia 9:8 Hulle tong is 'n moordpyl; dit spreek bedrog; met die mond spreek hulle van vrede met hul naaste, maar in hul binneste beraam hulle listige planne.

Sagaria 8:12 Want die saad van vrede, die wingerdstok, sal sy vrug gee, en die aarde sy opbrings lewer, en die hemel sal sy dou skenk; en die oorblyfsel van hierdie volk sal Ek al hierdie dinge laat beërwe.

(Gaan na Saad)

Sagaria 8:16 Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en 'n regspraak van vrede in julle poorte!



Maleagi 2:6 Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.

Nuwe Testament

Matteus 10:34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.

Markus 5:34 En Hy sê vir haar: Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede en wees van jou kwaal genees.

Markus 9:50 Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.

Lukas 1:79 om te skyn oor die wat in duisternis en doodskaduwee sit, om ons voete na die pad van vrede te rig.

Lukas 2:14 Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!

Lukas 2:29 Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord,

Lukas 7:50 En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.

Lukas 8:48 En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.

Lukas 10:5 En in watter huis julle ook al mag ingaan, sê eers: Vrede vir hierdie huis!

Lukas 10:6 En as dáár 'n man van vrede is, sal julle vrede op hom rus; anders sal dit tot julle terugkeer.

Lukas 12:51 Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid.

Lukas 19:42 en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.

Lukas 24:36 ¶ En terwyl hulle hieroor praat, staan Jesus self in hul midde en sê vir hulle: Vrede vir julle!

Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Johannes 16:33 Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Handelinge 10:36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus--Hy is die Here van almal.

Romeine 3:17 en die weg van vrede ken hulle nie.

Romeine 5:1 ¶ Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

Romeine 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

(Gaan na Sterf / Dood)

Romeine 10:15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

Romeine 14:17 Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

(Gaan na Koninkryk)

(Gaan na Heilige Gees)

Romeine 14:19 Laat ons dan najaag wat tot vrede en onderlinge stigting dien.

Romeine 15:13 ¶ En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!

Romeine 15:33 En die God van vrede sy met julle almal! Amen.

Romeine 16:20 En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.

1 Korintiërs 14:33 want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.

2 Korintiërs 13:11 ¶ Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

Galasiërs 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Galasiërs 6:16 En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!

Efesiërs 2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep

Efesiërs 2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;

Efesiërs 4:3 en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.

Efesiërs 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

Efesiërs 6:23 Vrede vir die broeders en liefde, met geloof, van God die Vader en die Here Jesus Christus!

Filippense 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Filippense 4:9 En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.

Kolossense 1:20 en dat Hy deur Hom alles met Homself sou versoen nadat Hy vrede gemaak het deur die bloed van sy kruis--ek sê deur Hom--die dinge op die aarde sowel as die dinge in die hemele.

Kolossense 3:15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

2 Timoteus 2:22 ¶ Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.

Hebreërs 7:2 aan wie Abraham ook 'n tiende deel van alles gegee het--hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;

Hebreërs 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;

(Gaan na Oog / Sien)

Hebreërs 13:20 Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,

Jakobus 2:16 en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie--wat baat dit?

Jakobus 3:18 En die vrug van die geregtigheid word gesaai in

1 Petrus 3:11 Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.

Openbaring 6:4 En 'n ander perd, 'n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en 'n groot swaard is aan hom gegee.

(Terug na Bo)