(Terug na Inhoud)
(Gaan na Woord)
(Gaan na Evangelie)
Ou Testament
*Genesis 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die
swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.
*Genesis 27:40 En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.
*Genesis 34:25 & Maar op die derde dag, toe hulle in die pyn was, neem die twee seuns van Jakob, Símeon en Levi, broers van Dina, elkeen sy swaard, en hulle oorval die sorgelose stad en slaan almal dood wat manlik was.
*Genesis 34:26 Hulle slaan ook Hemor en sy seun Sigem dood met die skerpte van die swaard; daarna neem hulle Dina uit die huis van Sigem uit en vertrek.
*Genesis 48:22 En ék gee jou een stuk land bo jou broers, wat ek met my swaard en my boog van die Amoriete afgeneem het.
*Eksodus 5:3 & Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.
*Eksodus 5:21 en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.
*Eksodus 15:9 Die vyand het gesê: Ek sal agtervolg, inhaal, buit verdeel, my begeerte sal versadig word van hulle; ek sal my swaard trek, my hand sal hulle uitroei.
*Eksodus 17:13 En Josua het Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard 'n neerlaag toegebring.
*Eksodus 18:4 en die naam van die ander was Eliëser; want, het hy gesê, die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos.)
*Eksodus 22:24 en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.
*Eksodus 32:27 En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy
heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
*Levitikus 26:6 Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrikmaak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.
*Levitikus 26:7 En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.
*Levitikus 26:8 Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tien duisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
*Levitikus 26:25 En Ek sal 'n swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sal in die hand van die vyand oorgegee word.
*Levitikus 26:33 En Ek sal julle onder die volke verstrooi en 'n swaard agter julle uittrek; en julle land sal 'n wildernis en julle stede puinhope word.
*Levitikus 26:36 En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het Ek sal in hulle hart 'n vreesagtigheid bring in die lande van hulle vyande, sodat die geruis van 'n verwaaide blaar hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug, soos 'n mens vir 'n swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
*Levitikus 26:37 En hulle sal struikel die een oor die ander soos vir die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal
voor julle vyande nie kan standhou nie.
*Numeri 14:3 En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?
*Numeri 14:43 Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.
*Numeri 19:16 En elkeen wat in die oop veld aan iemand raak wat deur die swaard verslaan is, of aan 'n dooie of aan 'n mens se doodsbeen of aan 'n graf, sal sewe dae lank onrein wees.
*Numeri 20:18 Maar Edom antwoord hom: Jy sal deur my nie trek nie, anders sal ek jou met die swaard tegemoettrek.
*Numeri 21:24 Maar Israel het hom verslaan met die skerpte van die swaard en sy land in besit geneem van die Arnon af tot by die Jabbok, tot by die kinders van Ammon; want die grens van die kinders van Ammon was sterk.
*Numeri 22:23 En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.
*Numeri 22:29 Daarop antwoord Bíleam die esel: Omdat jy die spot met my drywe. Was daar net 'n swaard in my hand--dan het ek jou sekerlik doodgeslaan.
*Numeri 22:31 Toe open die HERE die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy
ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
*Deuteronomium 13:15 dan moet jy die inwoners van dié stad sekerlik verslaan met die skerpte van die swaard deur dit met die banvloek te tref en alles wat daarin is, ook die vee, met die skerpte van die swaard.
*Deuteronomium 20:13 En die HERE jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;
*Deuteronomium 33:29 Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou
hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle
hoogtes stap.
*Josua 11:11 En hulle het al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek
getref; niks wat asemhaal, het oorgebly nie, en Hasor het hy met vuur verbrand.
*Rigters 1:8 En die kinders van Juda het teen Jerusalem geveg en dit ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan en die stad aan die brand gesteek.
*Rigters 1:25 Hy wys hulle toe 'n plek om in die stad in te kom; en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard; maar die man en sy hele geslag het hulle laat gaan.
*Rigters 7:20 Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met
hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van Gídeon!
*1 Samuel 17:45 Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na
jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.
*2 Samuel 1:12 En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die
volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
*1 Konings 19:1 & En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles--hoe hy al die profete met die
swaard gedood het.
*1 Kronieke 21:12 óf drie jaar lank hongersnood, óf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, óf drie dae lank die swaard van die HERE, naamlik pes in die land deurdat die engel van die HERE verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.
*1 Kronieke 21:16 Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die HERE staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.
*1 Kronieke 21:27 En die HERE het die engel beveel om sy swaard weer in die skede te steek.
*1 Kronieke 21:30 En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard
van die engel van die HERE.
*2 Kronieke 20:9 As daar oor ons onheil kom--swaard, straf of pes of hongersnood--sal ons voor hierdie huis en voor u aangesig gaan staan; want u Naam is in hierdie huis; en ons sal U aanroep uit ons benoudheid, dat U kan hoor en verlos.
*2 Kronieke 21:4 Maar toe Joram die koningskap van sy vader aanvaar het en homself versterk het, het hy al sy broers met die swaard vermoor en ook sommige van die owerstes van Israel.
*2 Kronieke 29:9 En kyk, hierom het ons vaders deur die swaard geval en is ons seuns en ons dogters en ons vroue in gevangenskap.
*2 Kronieke 32:21 stuur die HERE 'n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die
koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god
kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.
*Esra 9:7 Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in 'n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons
konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan
plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.
*Nehemia 4:18 en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe gegord en gebou, terwyl die basuinblaser by my gestaan het.
*Ester 9:5 En die Jode het onder hulle vyande 'n slagting aangerig deur die swaard en deur doodslag en verdelging, en met
hulle haters na hulle goedvinde gehandel.
*Job 1:15 het die Sabeërs 'n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
*Job 5:15 So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
*Job 5:20 In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
*Job 15:22 Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
*Job 19:29 vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar 'n oordeel is.
*Job 20:25 Hy trek--daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaard gaan uit sy gal; verskrikkinge is op hom!
*Job 27:14 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
*Job 39:22 (39:25) Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.
*Job 40:19 (40:14) Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
*Job 41:26 (41:17) Raak iemand hom met die swaard--dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
*Psalms 7:12 (7:13) As hy hom nie bekeer nie, maak Hy sy swaard skerp; Hy span sy boog en mik daarmee
*Psalms 17:13 Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;
*Psalms 22:20 (22:21) Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
*Psalms 37:14 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.
*Psalms 37:15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.
*Psalms 44:3 (44:4) Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U 'n welbehae in hulle gehad het.
*Psalms 44:6 (44:7) Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
*Psalms 45:3 (45:4) Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
*Psalms 57:4 (57:5) Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong 'n skerp swaard is.
*Psalms 63:10 (63:11) Hy sal oorgelewer word in die mag van die swaard; die deel van die jakkalse sal hulle word.
*Psalms 64:3 (64:4) wat hulle tong skerp maak soos 'n swaard, hulle pyl rig--bitter woorde! --
*Psalms 78:62 En Hy het sy volk oorgelewer aan die swaard en toornig geword op sy erfdeel.
*Psalms 78:64 Hulle priesters het deur die swaard geval, en hulle weduwees het nie geween nie.
*Psalms 89:43 (89:44) Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.
*Psalms 144:10 U wat aan konings die oorwinning gee, wat u kneg Dawid ontruk aan die gevaarlike swaard.
*Psalms 149:6 & Lofverheffinge van God is in hulle keel, en 'n tweesnydende swaard in hulle hand;
*Spreuke 5:4 maar op die end is sy bitter soos wilde-als, soos 'n swaard aan weerskante skerp.
*Spreuke 25:18 & 'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree.
*Hooglied 3:8 hulle almal met 'n swaard gewapend, geoefend vir oorlog, elkeen met sy swaard aan sy heup vanweë die
nagtelike verskrikking.
*Jesaja 1:20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.
*Jesaja 2:4 En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.
*Jesaja 3:25 Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.
*Jesaja 13:15 Elkeen wat gevind word, word deurboor; en elkeen wat gegryp word, val deur die swaard.
*Jesaja 14:19 maar jy is gewerp, ver van jou graf, soos 'n afskuwelike uitspruitsel, oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas.
*Jesaja 27:1 & In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.
*Jesaja 31:8 En Assur sal val deur die swaard, nie van 'n man nie; en die swaard, nie van 'n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
*Jesaja 34:5 Want my swaard het dronk geword in die hemel; kyk, dit kom af op Edom en op die volk van my banvloek, om geoordeel te word.
*Jesaja 34:6 Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het 'n slagoffer in Bosra en 'n groot slagting in die land Edom.
*Jesaja 41:2 Wie het hom uit die Ooste verwek vir wie die oorwinning tegemoet tree by elke voetstap? Wie gee nasies aan hom oor en laat hom konings vertrap, wie se swaard hulle maak soos stof, wie se boog hulle maak soos 'n dwarrelende stoppel,
*Jesaja 49:2 En Hy het my mond gemaak soos 'n skerp swaard, in die skaduwee van sy hand het Hy My verberg; en Hy het My 'n skerp pyl gemaak, in sy pylkoker My weggesteek;
*Jesaja 65:12 Ek sal julle bestem vir die swaard, en julle almal sal buig om geslag te word, omdat Ek geroep maar julle nie geantwoord het nie, Ek gespreek maar julle nie geluister het nie, maar gedoen het wat verkeerd is in my oë en verkies het wat My nie behaag nie.
*Jesaja 66:16 Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die
HERE verslaan is, sal baie wees.
*Jeremia 2:30 Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos 'n verskeurende leeu.
*Jeremia 4:10 Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê--terwyl die swaard tot aan die siel raak.
*Jeremia 5:12 Hulle het die HERE verloën en gesê: Dit is nie Hy nie; en geen onheil sal oor ons kom nie; ons sal geen swaard of hongersnood sien nie;
*Jeremia 5:17 En hulle sal jou oes en jou brood opeet, hulle sal jou seuns en jou dogters opeet, hulle sal jou kleinvee en jou beeste opeet, hulle sal jou wingerdstok en jou vyeboom opeet, hulle sal jou versterkte stede waar jy op vertrou, met die swaard verwoes.
*Jeremia 6:25 Gaan nie uit in die veld en loop nie op die pad nie; want die swaard van die vyand is daar, skrik rondom!
*Jeremia 12:12 Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die HERE verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
*Jeremia 15:2 En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die HERE: Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.
*Jeremia 15:3 En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek die HERE: die swaard om dood te maak en die
honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.