Verstand / Sin / Gemoed (Aarde)

(Terug na Inhoud)

(Gaan na Aarde)

(Gaan na Hart)

1. Die boom van kennis van goed en kwaad is >n boom wat >n mens kan begeer om verstand te kry.Gen.3:3

2. Die Gees van die Here is die Gees van verstand en wysheid. Exod.31:3; Ook Jes.11:3.

3. God gee Sy wette in die verstand van die gelowiges. Jer.31:33; Heb.8:10 en Heb.10:16

4. God gee Sy wette in die verstand van die gelowiges. Jer.31:33; Heb.8:10 en Heb.10:16

5. Die oog van die verstand. Pred.2:14; Luk.24:45 en Efese 1:18. Die duisternis van die verstand.Rom.1:21; Efese 4:17-18

6. Die verstand van die wysheid is nietig voor God. Mat.11:25; Ook Jes.29:14; 1Kor.1:19-20

7. Jy moet God liefhê met jou hele verstand. Mat.22:37; Ook Mark.12:30 en 33 en Luk.10:27

8. Christus het die apostels se verstand geopen om die skrifte te verstaan. Luk.24:45; Ook Hand.26:25 en Hand.28:23

9. Die verstand om God en sy openbaringe te ken en te verstaan. Joh.17:3; Ook 1Kor.2:12-16; 1Joh.5:20; Open.13:18 en Open.17:9

10. Ons het die sin (verstand) van Christus. 1Kor.2:16; 1Joh.5:20

11. Vermaning om nie kinders te wees in verstand nie. 1Kor.14:20; Ook Efese 4:14 en Heb.5:12-13

Ou Testament

*Genesis 3:6 & Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oë, ja, 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.

*Eksodus 31:3 en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,

*Eksodus 35:31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

*Eksodus 36:1 & So moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.

*Deuteronomium 4:6 Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is 'n wyse en verstandige volk.

*Deuteronomium 32:28 Want 'n nasie van verlore raadsplanne is hulle, en daar is geen verstand in hulle nie.

*1 Samuel 25:3 En die naam van die man was Nabal, en die naam van sy vrou Abígail; en die vrou het 'n goeie verstand gehad en was mooi van aansien; maar die man was grof en boosaardig, en hy was 'n Kalebiet.

*1 Konings 3:11 En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou 'n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor,

*1 Konings 4:29 & En God het aan Salomo wysheid gegee en 'n baie groot verstand en 'n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

*1 Konings 7:14 Hy was die seun van 'n weduvrou uit die stam van Náftali, en sy vader was 'n man van Tirus, 'n kopersmid; en hy was vol wysheid en verstand en kennis om allerhande werk in koper te maak. Hy het toe by koning Salomo gekom en al sy werk uitgevoer.



*1 Kronieke 22:12 Mag die HERE jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die HERE jou God te onderhou.

*2 Kronieke 2:12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid 'n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om 'n huis vir die HERE en 'n huis vir sy koninkryk te bou.

*2 Kronieke 2:13 Ek stuur dan nou 'n kunstenaar, begaafd met verstand, naamlik Huram Abi,

*2 Kronieke 34:12 En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en Obádja, Leviete uit die kinders van Merári, en Sagaría en Mesúllam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente,

*Nehemia 8:2 (8:3) En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.

*Job 11:12 So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.

*Job 12:3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?

*Job 12:12 & By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.

*Job 12:13 By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.

*Job 12:24 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.

*Job 17:4 Want U het húlle hart gesluit vir verstand; daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie.

*Job 20:3 'n Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my.

*Job 26:12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.

*Job 28:12 Maar die wysheid--waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?

*Job 28:20 & Die wysheid dan--waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?

*Job 28:28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

*Job 34:10 & Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

*Job 34:16 & As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

*Job 34:34 Manne van verstand sal vir my sê, en 'n wyse man wat my aanhoor:

*Job 34:35 Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

*Job 36:5 & Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie--geweldig deur krag van verstand.

*Job 38:36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

*Job 39:17 (39:20) Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.

*Job 39:26 & (39:29) Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?

*Psalms 32:9 Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie.

*Psalms 49:3 (49:4) My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

*Psalms 49:20 (49:21) Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.

*Psalms 111:10 Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

*Psalms 119:34 Gee my verstand, dat ek u wet kan bewaar, ja, dit kan onderhou van ganser harte.

*Psalms 119:100 Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.

*Psalms 119:104 Uit u bevele kry ek verstand; daarom haat ek elke leuenpad.

*Psalms 136:5 Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

*Psalms 147:5 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.

*Spreuke 2:2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

*Spreuke 2:3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

*Spreuke 2:6 (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

*Spreuke 2:11 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

*Spreuke 3:13 & Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

*Spreuke 3:19 Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;

*Spreuke 6:32 Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;

*Spreuke 7:4 Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,

*Spreuke 9:6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

*Spreuke 9:10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

*Spreuke 10:21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

*Spreuke 10:23 & Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.

*Spreuke 12:11 & Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

*Spreuke 13:15 & 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.

*Spreuke 14:29 & Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.

*Spreuke 15:21 & Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.

*Spreuke 15:32 & Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.

*Spreuke 16:16 & Hoeveel beter is dit om wysheid te verkry as goud, en verkiesliker om verstand te verwerf as silwer.

*Spreuke 16:22 & 'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.

*Spreuke 17:16 & Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?

*Spreuke 17:27 & Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.

*Spreuke 19:8 & Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

*Spreuke 19:11 & Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe.

*Spreuke 20:5 & Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep.

*Spreuke 21:16 & 'n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.

*Spreuke 21:30 & Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.

*Spreuke 23:23 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

*Spreuke 24:3 & Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;

*Spreuke 28:16 & 'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng.

*Prediker 5:1 & (4:17) Gee ag op jou voet as jy na die huis van God gaan, want om nader te kom en te hoor, is beter as dat dwase 'n slagoffer bring; want hulle het geen verstand nie, sodat hulle kwaad doen.

*Prediker 10:3 Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.

*Jesaja 11:2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.

*Jesaja 27:11 As sy takke verdor het, word hulle afgebreek; vroue kom en steek dit aan die brand; want dit is 'n volk sonder verstand. Daarom sal hulle Maker Hom nie oor hulle ontferm nie en sal hulle Formeerder aan hulle geen genade bewys nie.

*Jesaja 29:14 daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.

*Jesaja 29:16 o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie?

*Jesaja 40:14 Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?

*Jesaja 40:28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

*Jesaja 44:19 en niemand neem dit ter harte nie, en daar is geen kennis of verstand om te sê nie: Die helfte daarvan het ek verbrand in die vuur, en ook het ek op die kole daarvan brood gebak; ek het vleis gebraai en geëet; en sal ek van die oorblyfsel daarvan 'n gruwel maak? Sal ek neerkniel voor 'n stuk hout?

*Jeremia 3:15 En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand.

*Jeremia 10:12 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, wat die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand.

*Jeremia 51:15 Hy wat die aarde gemaak het deur sy krag, die wêreld gegrond het deur sy wysheid en die hemel uitgespan het deur sy verstand--

*Esegiël 28:4 Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

*Daniël 1:17 & En hierdie vier jong seuns--God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Daniël verstand gehad van allerhande gesigte en drome.

*Daniël 4:34 & En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy 'n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is.

*Daniël 4:36 In dié tyd het my verstand in my teruggekeer; en wat die eer van my koningskap betref--my majesteit en my glans het in my teruggekeer, en my raadsmanne en my maghebbers het my opgesoek; en ek is in my koningskap herstel, en buitengewone grootheid is my toegevoeg.

*Daniël 5:12 omdat in hom 'n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak--in Daniël aan wie die koning die naam van Béltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee.

*Daniël 5:14 Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word.

*Hosea 4:14 Ek sal oor julle dogters geen besoeking doen omdat hulle hoereer nie, en ook nie oor julle skoondogters omdat hulle owerspel bedryf nie; want die manne sonder hulleself af met die hoere en offer met die tempelhoere. So kom dan die volk wat geen verstand het nie, tot 'n val.

*Hosea 7:11 So het Efraim dan geword soos 'n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

*Obadja 1:7 Al jou bondgenote het jou tot by die grens gestuur; die manne met wie jy vriendskap gehou het, het jou bedrieg, jou oorweldig; hulle lê 'n strik onder jou as jou brood. Daar is geen verstand in hom nie!

*Obadja 1:8 Sal Ek nie in dié dag, spreek die HERE, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?

Nuwe Testament

*Matteus 15:16 Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand?

*Matteus 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

*Markus 5:15 Toe kom hulle by Jesus en sien die besetene sit, gekleed en by sy verstand--die een wat die legioen gehad het. En hulle was bevrees.

*Markus 7:18 En Hy sê vir hulle: Is julle ook so sonder verstand? Begryp julle nie dat alles wat van buite af in die mens ingaan, hom nie onrein kan maak nie,

*Markus 12:30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.

*Markus 12:33 en om Hom lief te hê uit die hele hart en uit die hele verstand en uit die hele siel en uit die hele krag, en om die naaste lief te hê soos jouself, is meer as al die brandoffers en die slagoffers.

*Lukas 2:47 En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.

*Lukas 8:35 Daarop het hulle uitgegaan om te sien wat gebeur het; en hulle het by Jesus gekom en die man gevind uit wie die duiwels uitgevaar het, terwyl hy aan die voete van Jesus sit, gekleed en by sy verstand. En hulle het gevrees.

*Lukas 10:27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

*Lukas 24:45 Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan.

*Handelinge 12:15 Maar hulle sê vir haar: Jy is van jou verstand af. Maar sy het volgehou dat dit so is. Daarop sê hulle: Dit is sy engel.

*Handelinge 26:25 Maar hy sê: Ek is nie kranksinnig nie, hoogedele Festus, maar ek spreek woorde van waarheid en gesonde verstand.

*1 Korintiërs 1:19 want daar is geskrywe: Ek sal die wysheid van die wyse mense vernietig en die verstand van die verstandige mense tot niet maak.

*1 Korintiërs 2:16 Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.

*1 Korintiërs 14:14 Want as ek in 'n taal bid, dan bid my gees, maar my verstand is onvrugbaar.

*1 Korintiërs 14:15 & Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.

*1 Korintiërs 14:19 maar in die gemeente wil ek liewer vyf woorde met my verstand spreek om ook ander te onderrig, as tien duisend woorde in 'n taal.

*1 Korintiërs 14:20 Broeders, moenie kinders wees in die verstand nie, maar wees kinders in die boosheid en wees volwassenes in die verstand.

*2 Korintiërs 5:13 Want as ons uitsinnig is, is dit tot eer van God; en as ons by ons verstand is, is dit om julle ontwil.

*Efesiërs 1:8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,

*Efesiërs 1:18 verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

*Efesiërs 4:18 mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;

*Filippense 2:2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.

Filippense 4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

*2 Tessalonisens 2:2 om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie--deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees--asof die dag van Christus al daar is.

*1 Timoteus 6:5 nuttelose stryery van mense wat verdorwe in hulle verstand en van die waarheid beroof is en dink dat die godsaligheid winsgewend is. Onttrek jou aan sulke mense.

*2 Timoteus 3:8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

*Titus 1:15 Alle dinge is rein vir die reines; vir die besoedeldes en ongelowiges egter is niks rein nie, maar hulle verstand sowel as hulle gewete is besoedel.

*Romeine 7:23 maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.

*Romeine 7:25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here! (7:26) So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde.

*Romeine 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

*Romeine 14:5 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees.

*Efesiërs 4:17 & Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie--

*Efesiërs 4:23 en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

*Hebreërs 8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

*Hebreërs 10:16 want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,

*1 Petrus 1:13 & Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

*1 Johannes 5:20 En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe.

(Gaan na Christus)

(Gaan na Ewige Lewe)

*Openbaring 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

*Openbaring 17:9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.

(Terug na Bo)