Wolk / Wolke (Getuienis)

(Terug na Inhoud)


*Ex 34:5 - 5 ¶ En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.

*Ex 33:9 - 9 En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.

*Num 9:15

15 ¶ En op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van dieGetuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos 'n gedaante van vuur, tot die môre toe.

(Gaan na Getuienis)

16 So was dit altyddeur: die wolk het dit oordek, en snags 'n gedaante van vuur.

17 En so dikwels as die wolk van die tent af optrek, het die kinders van Israel daarna weggetrek; en op die plek waar die wolk rus, daar het die kinders van Israel laer opgeslaan--

*Num 10:12 - 12 En die kinders van Israel het van plek tot plek weggetrek uit die woestyn Sinai, en die wolk het gaan rus in die woestyn Paran

*Ps 68:34 - (68:35) Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

35 (68:36) Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel--Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!

*Jes 19:1 - 1 ¶ Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.

*Jes 45:8 - 8 Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.

8 "Drop down, ye heavens, from above, and let the skies pour down righteousness; let the earth open, and let them bring forth salvation, and let righteousness spring up together. I, the LORD, have created it.

*Es 1:4 - Toe het ek gekyk--en daar het 'n stormwind uit die noorde gekom, 'n groot wolk met onophoudelike vuur; en 'n glans was rondom die wolk, en daaruit, uit die vuur, het iets soos blinkende metaal geskitter

*1Kor 10:1-4 - 1 ¶ Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,

2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,

3 en almal dieselfde geestelike spys geëet het,

4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit 'n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

*Dan 7:13 - Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van 'n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom.

*Mat 26:64 - Jesus antwoord hom: U het dit gesê. Maar Ek sê vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel.

*Mat 17:5 - Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom!

*Heb 12:1 - ¶ Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies (by so great a cloud of witnesses) rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

*Op 1:7 - Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!



Ou Testament

*Genesis 9:13 my boog gee Ek in die wolke; dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en die aarde.

*Genesis 9:14 As Ek dan wolke oor die aarde bring en hierdie boog verskyn in die wolke,

*Genesis 9:16 As die boog dan in die wolke staan, sal Ek dit aansien om gedagtig te wees aan die ewige verbond tussen God en al die lewende wesens in alle vlees wat op die aarde is.

*Eksodus 14:20 so het dit dan tussen die leër van die Egiptenaars en die leër van Israel in gekom. En die wolk was daar met die duisternis, en dit het die nag verlig, sodat die een nie naby die ander gekom het die hele nag deur nie.

*Eksodus 16:10 En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die HERE in die wolk.

*Eksodus 19:9 & En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in 'n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.

*Eksodus 19:16 & En op die derde dag toe dit môre word, was daar donderslae en blitse en 'n swaar wolk op die berg en die geluid van 'n baie sterk basuin, sodat die hele volk wat in die laer was, gebeef het.

*Eksodus 24:15 Toe Moses die berg opklim, het 'n wolk die berg oordek.

*Eksodus 24:16 En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.

*Eksodus 24:18 En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim. En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.

*Eksodus 40:34 & Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,

*Eksodus 40:35 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.

*Eksodus 40:36 En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte;

*Eksodus 40:37 maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek.

*Eksodus 40:38 Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.

*Levitikus 16:2 en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.

*Levitikus 16:13 En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.

*Numeri 9:18 volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.

*Numeri 9:19 En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.

*Numeri 9:20 Maar somtyds was die wolk net 'n paar dae oor die tabernakel--volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.

*Numeri 9:21 En somtyds was die wolk daar van die aand tot die môre--as die wolk in die môre optrek, het hulle weggetrek; of by dag of by nag--as die wolk optrek, het hulle weggetrek;

*Numeri 9:22 of ná twee dae of 'n maand of langer--as die wolk lank oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel in die laer gestaan en nie weggetrek nie; en as dit optrek, het hulle weggetrek.

*Numeri 10:11 & In die tweede jaar, in die tweede maand, op die twintigste van die maand, het die wolk opgetrek van die tabernakel van die Getuienis af.

*Numeri 10:34 En die wolk van die HERE was bedags oor hulle as hulle uit die laer wegtrek.

*Numeri 11:25 Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.

*Numeri 12:10 & En toe die wolk van die tent af weggetrek het, kyk, toe was Mirjam melaats, soos sneeu. En Aäron het Mirjam aangekyk en--sy was melaats!

*Numeri 14:14 en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in 'n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in 'n vuurkolom by nag.

*Numeri 16:42 En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn.

*Deuteronomium 1:33 wat voor julle uit getrek het op die pad om vir julle 'n plek uit te soek om julle laer op te slaan, snags in die vuur om julle te laat sien op die pad waar julle langs moes trek, en bedags in die wolk.

*Deuteronomium 4:11 Toe het julle nader gekom en onder aan die berg gaan staan; en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemel, met duisternis, wolke en wolkedonkerheid.

*Deuteronomium 5:22 Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.

*Deuteronomium 33:26 ¶ Niemand is daar soos God, o Jesúrun, wat oor die hemel ry as jou hulp, en oor die wolke in sy hoogheid.

*Rigters 20:40 Intussen het die wolk begin optrek uit die stad, 'n rookpilaar; en toe Benjamin agter hom omkyk, trek die hele stad al in rook na die hemel op!

*2 Samuel 22:12 En Hy het duisternis rondom Hom as hutte gestel, versameling van waters, diktes van wolke.

*1 Konings 8:10 En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan, het die wolk die huis van die HERE vervul.

*1 Konings 8:11 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.

*2 Kronieke 5:13 en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! --is die huis, die huis van die HERE, vervul met 'n wolk.

*2 Kronieke 5:14 En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.

*Job 7:9 Die wolk verdwyn en gaan heen--so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie.

*Job 20:6 Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke--

*Job 22:14 Wolke is 'n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.

*Job 26:8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;

*Job 26:9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.

*Job 30:15 & Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk het my geluk verbygegaan.

*Job 35:5 Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is.

*Job 36:28 wat die wolke laat neerstroom, laat afdrup op baie mense.

*Job 36:29 Ja, kan iemand die uitspreiding van die wolke verstaan, die gekraak van sy hut?

*Job 37:11 Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

*Job 37:15 Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

*Job 37:16 Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?

*Job 38:9 Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het en die donkerheid tot sy windsel.

*Job 38:34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?

*Job 38:36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

*Job 38:37 Wie kan die wolke met wysheid tel? En die watersakke van die hemel--wie giet hulle leeg

*Psalms 18:11 (18:12) Duisternis het Hy sy skuilplek gemaak, sy hut rondom Hom: duisternis van waters, diktes van wolke.

*Psalms 18:12 (18:13) Deur die glans voor Hom het sy wolke verbygetrek, hael en gloeiende kole.

*Psalms 36:5 ¶ (36:6) o HERE, u goedertierenheid is tot in die hemele, u trou tot in die wolke.

*Psalms 57:10 (57:11) Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.

*Psalms 77:17 (77:18) Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg.

*Psalms 78:14 En Hy het hulle bedags gelei met 'n wolk en die hele nag met 'n lig van vuur.

*Psalms 78:23 En Hy het aan die wolke daarbo bevel gegee en die deure van die hemel oopgemaak;

*Psalms 97:2 Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.

*Psalms 104:3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,

*Psalms 105:39 Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.

*Psalms 108:4 (108:5) want u goedertierenheid is groot bo die hemel uit en u trou tot by die wolke.

*Psalms 147:8 wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,

*Spreuke 3:20 deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

*Spreuke 8:28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

*Spreuke 16:15 In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.

*Jesaja 4:5 Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees.

*Jesaja 5:6 En Ek sal dit 'n wildernis maak: dit sal nie gesnoei of omgespit word nie, maar opskiet met dorings en distels; en Ek sal die wolke gebied om nie daarop te reën nie.

*Jesaja 5:30 En in dié dag sal dit oor hulle dreun soos die gedreun van die see. As iemand die aarde aanskou, kyk, daar is angsvolle duisternis; en die lig is verduister deur die wolke.

*Jesaja 14:14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

*Jesaja 25:5 Soos hitte in 'n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van 'n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.

*Jesaja 30:27 ¶ Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur,

*Jesaja 44:22 Ek delg jou oortredinge uit soos 'n newel en jou sondes soos 'n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos.

*Jesaja 60:8 Wie is dit wat daar aangevlieg kom soos 'n wolk en soos duiwe na hulle vensters?

*Jeremia 4:13 Kyk, soos wolke kom hy op, en soos 'n stormwind is sy strydwaens; sy perde is vinniger as arende. Wee ons, want ons is verwoes!

*Jeremia 51:9 Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek, elkeen na sy land; want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke.

*Prediker 11:3 As die wolke vol reën is, giet hulle dit uit op die aarde; en as 'n boom na die suide of na die noorde val, op die plek waar die boom val, daar bly hy lê.

*Prediker 11:4 Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.

*Prediker 12:2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,

*Klaagliedere 2:1 ¶ Alef. Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.

*Klaagliedere 3:44 U het Uself in 'n wolk gehul, sodat daar geen gebed kon deurdring nie;

*Esegiël 1:28 Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.

*Esegiël 8:11 En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsanja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan.

*Esegiël 10:3 En die gérubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul.

*Esegiël 10:4 Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.

*Esegiël 30:3 Want naby is 'n dag, ja, naby is 'n dag van die HERE, 'n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.

*Esegiël 30:18 En in Tagpánhes word die dag duister as Ek daar die jukke van Egipte verbreek, en sy trotse mag daarin sal ophou; 'n wolk sal dit oordek, en sy dogters sal in gevangenskap gaan.

*Esegiël 31:3 Kyk, Assur was 'n seder op die Líbanon, skoon van takke en 'n skaduryke bos en hoog van groei; en sy top was tussen die wolke.

*Esegiël 31:10 ¶ Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,

*Esegiël 31:14 sodat al die bome wat by water staan, nie hoog sou groei en hulle top nie sou verhef tussen die wolke nie, en hulle magtiges nie sou gaan staan in hulle hoogheid, almal wat water drink nie! Want hulle is almal oorgegee aan die dood om te gaan na die onderste van die aarde, onder die mensekinders, na die wat in die kuil neerdaal.

*Esegiël 32:7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die maan sal sy lig nie laat skyn nie.

*Esegiël 34:12 Soos 'n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.

*Esegiël 38:9 Dan sal jy optrek soos 'n onweer wat aankom, jy sal wees soos 'n wolk om die land te oordek, jy en al jou leërs en baie volke saam met jou.

*Esegiël 38:16 en jy sal optrek teen my volk Israel soos 'n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees--dan sal Ek jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken.

*Joël 2:2 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag; soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie.

*Nahum 1:3 Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.

*Sefanja 1:15 Dié dag is 'n dag van grimmigheid, 'n dag van benoudheid en angs, 'n dag van woestheid en verwoesting, 'n dag van duisternis en donkerheid, 'n dag van wolke en wolkenag,

Nuwe Testament

*Matteus 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.

*Markus 9:7 En daar kom 'n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom 'n stem wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom!

*Markus 13:26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

*Markus 14:62 En Jesus sê: Ek is. En u almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit en kom met die wolke van die hemel.

*Lukas 9:34 Maar toe hy dit sê, kom daar 'n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.

*Lukas 9:35 En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom!

*Lukas 12:54 & En Hy het ook aan die skare gesê: Wanneer julle 'n wolk in die weste sien opkom, sê julle dadelik: Daar kom reën! en dit gebeur ook.

*Lukas 21:27 En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in 'n wolk, met groot krag en heerlikheid.

*Handelinge 1:9 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.

*1 Korintiërs 10:1 & Want ek wil nie hê, broeders, dat julle nie sou weet nie dat ons vaders almal onder die wolk was en almal deur die see deurgegaan het,

1 Korintiërs 10:2 en almal in Moses gedoop is in die wolk en in die see,

*1 Tessalonisens 4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

*Judas 1:12 Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld;

*Openbaring 10:1 & En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;

*Openbaring 11:12 En hulle het 'n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.

*Openbaring 14:14 En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit wolk en een soos 'n Menseseun wat op die wolk sit, met 'n goue kroon op sy hoof en in sy hand 'n skerp sekel.


(Terug na Bo)