Water / Fontein / Put
(Sien ook Waters)Gaan ook na: (Evangelie) ,
Gaan af na: Strome / Riviere / Waterstrome )
(Terug na Inhoud)
1. Die water wat Christus gegee het is die water van die lewe. Jerem.2:13; Ook Eseg.47:1; Sag.14:8; Joh.4:10-11 en 15; Joh.7:37-38; 1Kor.10:4; open.21:6 en Open.22:1 en 17
2. Johannes die doper het met water gedoop. Mat.3:11; Ook Luk.3:16; Joh.1:26,31 en 33; Joh.3:23; Hand.1:5 en Hand.11:16
3. Die gelowiges is deur en in Christus gereinig deur die waterbad deur die woord. Mat.28:19; Ook Joh.3:5; Rom.6:3-4; 1Kor.6:11; Efese 5:26; Kol.2:12; Titus 3:5; Heb.10:22 en 1Pet.3:21
4. As iemand nie gebore word uit water en gees nie, sal hy die koninkryk nie beêrwe nie. Joh.3:3 en 5-7; Ook 1Kor.15:42 en 50
5. Die gelowiges drink en lewe van die geestelike water uit die geestelike Rots, Christus. Joh.4:10 en 17; Ook Joh.7:37-38; Open.21:6 en open.22:1 en 17
6. Die hemel en aarde het uit en deur die water ontstaan. 2Pet.3:5-6
7. Christus het deur water en bloed gekom. 1Joh.5:6; Verwys ook Joh.19:34
8. Die water getuig saam met die Gees en die bloed op die aarde. 1Joh.5:8
9. Die see, of baie waters waarop die stad Babilon sit, is volke en menigstes en nasies. Judas vers 13; Ook Open.17:1 en 15
Strome
Psalms 78:16 En Hy het strome laat uitgaan uit die rots en die waters laat afloop soos riviere.
Prediker 1:7 Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop,
daarheen loop hulle altyd weer.
Jesaja 35:6 Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters
uit en strome in die wildernis.
Miga 6:7 Sal die HERE 'n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir
my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
Johannes 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
Riviere (Terug na Bo)
Deuteronomium 8:7 Want die HERE jou God bring jou in 'n goeie land, 'n land van waterstrome, fonteine en onderaardse
riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;
Jesaja 33:21 Maar daar sal die HERE vir ons heerlik wees; dit sal 'n plek van riviere wees, van breë strome; geen vloot van roeiskepe sal daarop vaar nie, en geen trotse skip sal daaroor gaan nie.
Jesaja 41:18 Ek sal riviere op die kaal heuwels oopmaak en fonteine in die laagtes; Ek sal die woestyn 'n waterplas maak en die dor land waterbronne.
Jesaja 43:2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere--hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Jesaja 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.
Jesaja 43:20 Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn,
riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink.
Waterstrome (Terug na Bo)
Deuteronomium 8:7 Want die HERE jou God bring jou in 'n goeie land, 'n land van waterstrome, fonteine en onderaardse
riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;
Psalms 1:3 En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie
verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit.
Jeremia 31:9 Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op 'n gelyk pad
waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel 'n Vader, en Efraim is my eersgeborene.
Ou Testament
*Genesis 24:11 En hy het die kamele laat neerkniel buitekant die stad by 'n put, teen die aand, teen die tyd dat die vroue
uitgaan om water te skep,
*Genesis 24:13 Hier staan ek by die fontein, terwyl die dogters van die manne van die stad uitkom om water te skep.
*Genesis 24:17 Toe loop die dienaar haar tegemoet en sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink.
*Genesis 24:43 ek staan hier by die fontein laat dit nou tog gebeur: die jongmeisie wat uitkom om te skep en aan wie ek sal sê: Laat my tog 'n bietjie water uit jou kruik drink
*Genesis 26:19 En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, vind hulle daar 'n put met lewendige water.
*Genesis 26:20 En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is óns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
*Genesis 49:22 & Josef is 'n jong vrugteboom, 'n jong vrugteboom by 'n fontein; sy takke klim oor die muur.
*Eksodus 2:10 En toe die seuntjie groot geword het, bring sy hom na Farao se dogter; en hy het haar seun geword. En sy het hom Moses genoem en gesê: Ek het hom mos uit die water getrek.
*Eksodus 15:23 En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.
*Eksodus 15:27 Daarop het hulle by Elim gekom, waar twaalf waterfonteine en sewentig palmbome was. En hulle het daar by die water laer opgeslaan.
*Eksodus 32:20 En hy het die kalf geneem wat hulle gemaak het, en dit in die vuur verbrand en dit fyn gemaal. Toe het hy
dit op die water gestrooi en die kinders van Israel dit laat drink.
*Levitikus 11:9 & Dit mag julle eet van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere dit mag julle eet.
*Levitikus 11:10 Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water is 'n gruwel is dit vir julle.
*Levitikus 11:12 Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie 'n gruwel is dit vir julle.
*Levitikus 11:36 Maar 'n fontein of put, 'n versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
*Levitikus 16:4 Hy moet 'n heilige linnerok aantrek en 'n linnebroek moet oor sy vlees wees en met 'n linnegordel moet hy
hom gord en 'n linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
*Numeri 8:7 En so moet jy met hulle doen om hulle te reinig: Sprinkel op hulle water van ontsondiging; en hulle moet 'n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulleself reinig.
Gaan na (Doop)
*Numeri 19:19 En die reine moet die onreine op die derde en op die sewende dag besprinkel en hom op die sewende dag ontsondig. Dan moet hy sy klere was en hom in die water bad, en in die aand sal hy rein wees. (Doop)
*Numeri 21:16 En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die HERE aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.
*Numeri 31:23 elke ding wat in die vuur kan kom--moet julle deur die vuur laat deurgaan, en dit sal rein wees;
ewenwel moet dit deur reinigingswater ontsondig word; maar alles wat nie in die vuur kan kom nie, moet julle deur
die water laat deurgaan. (Doop)
*Deuteronomium 11:11 Maar die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is 'n land van berge en laagtes wat
van die reën van die hemel water drink;
*Rigters 4:19 Daarop sê hy vir haar: Gee my tog 'n bietjie water om te drink, want ek het dors; sy maak toe die melksak oop en laat hom daaruit drink en maak hom weer toe.
*Rigters 5:25 Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.
*Rigters 7:4 Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan--dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie--dié mag nie gaan nie.
*Rigters 15:19 Toe kloof God die holte wat by Legi is, en daar kom water uit; en hy het gedrink, en sy gees het
teruggekom, en hy het weer opgelewe. Daarom noem hulle dit Roepersfontein, wat vandag nog by Legi is.
*1 Samuel 9:11 & Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te
put, en vra vir hulle: Is die siener hier?
*2 Samuel 17:21 Nadat hulle weg was, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en aan koning Dawid berig gebring en aan Dawid gesê: Maak julle klaar en trek gou die water deur, want so het Agitófel teen julle raad gegee.
*2 Samuel 23:15 En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?
*2 Samuel 23:16 Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem
wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet
*2 Konings 2:19 & En die manne van die stad het vir Elísa gesê: Kyk, die ligging van die stad is goed soos my heer sien, maar die water is sleg, en die grond veroorsaak onvrugbaarheid.
*2 Konings 2:21 Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.
*2 Konings 2:22 En die water het gesond geword tot vandag toe volgens die woord van Elísa wat hy gespreek het.
*Job 38:34 Kan jy jou stem na die wolke verhef, sodat 'n oorvloed van water jou oordek?
*Psalms 36:9 (36:10) Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.
*Psalms 66:12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.
*Psalms 68:26 (68:27) Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!
*Spreuke 5:15 & Drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put.
*Spreuke 5:18 Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug--
*Spreuke 10:11 & Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
*Spreuke 13:14 & Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.
*Spreuke 14:27 Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
*Spreuke 16:22 & 'n Fontein van die lewe is die verstand vir sy besitter, maar die tugtiging van die sotte is sotheid.
*Spreuke 18:4 & Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.
*Spreuke 25:26 & 'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose.
*Hooglied 4:15 & U is 'n fontein van die tuine, 'n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei.
*Jesaja 8:6 Omdat hierdie volk die die waters van Siloa (= 'n fontein wat by Sion verby vloei, sien ook 1Joh 9:7 & 11) verag wat saggies vloei…
*Jesaja 12:3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.
*Jesaja 27:1 & In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.
*Jesaja 43:2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere--hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
*Jesaja 44:3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
*Jesaja 58:11 En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
*Jesaja 64:2 --soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel--om u Naam aan u teëstanders
bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe
*Jeremia 2:13 Want my volk het twee verkeerde dinge gedoen: My, die fontein van lewende water, het hulle verlaat om vir hulle reënbakke uit te kap, gebarste reënbakke wat geen water hou nie.
*Jeremia 9:1 & Ag, was my hoof maar water en my oog 'n fontein van trane! Dan sou ek dag en nag beween die wat verslaan is van die dogter van my volk.
*Jeremia 17:8 Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.
*Jeremia 17:13 o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.
*Jeremia 51:36 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see
droogmaak en sy fontein laat opdroë.
*Esegiël 32:2 Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor Farao, die koning van Egipte, en sê vir hom: Jong leeu onder die volke, verlore is jy! En jy was soos 'n draak in die groot water, en jy het uitgebreek in jou strome en die waters geroer met jou pote en die strome daarvan troebel gemaak.
*Esegiël 36:25 & Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul
drekgode sal Ek julle reinig.
*Sagaria 13:1 & In dié dag sal daar 'n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van
Jerusalem teen sonde en onreinheid.
*Amos 8:11 & Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na
brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.
Nuwe Testament
*Matteus 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek
nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
*Matteus 3:16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom.
*Matteus 8:32 En Hy sê vir hulle: Gaan! Toe gaan hulle uit en vaar in die trop varke in; en daar storm die hele trop varke van die krans af die see in en kom in die water om.
*Matteus 17:15 Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels
in die water.
*Markus 9:41 & Want elkeen wat vir julle in my Naam 'n beker water gee om te drink, omdat julle aan Christus behoort,
voorwaar Ek sê vir julle, hy sal sy loon sekerlik nie verloor nie.
*Lukas 3:16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie--Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
*Lukas 5:4 En toe Hy ophou met spreek, sê Hy vir Simon: Vaar uit na die diep water en laat julle nette sak om te vang.
*Lukas 16:24 En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in
water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam.
*Johannes 1:26 Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie--
*Johannes 1:31 En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.
*Johannes 1:33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.
*Johannes 2:9 En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het--en hy het nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet--roep die hoofdienaar die bruidegom
*Johannes 3:5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
*Johannes 4:6 En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit was omtrent die sesde uur.
*Johannes 4:7 Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink--
*Johannes 4:10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.
*Johannes 4:11 Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
*Johannes 4:12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy vee?
*Johannes 4:13 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;
*Johannes 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
*Johannes 4:15 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
Johannes 4:46 Jesus het dan weer gekom te Kana in Galiléa, waar Hy die water wyn gemaak het. En daar was 'n sekere koninklike beampte wie se seun in Kapérnaüm siek was.
*Johannes 5:3 Daarin het 'n groot menigte siekes gelê, blindes en kreupeles en lammes, wat op die roering van die water gewag het.
*Johannes 5:4 Want 'n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.
*Johannes 7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.
*Johannes 19:34 Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.
*Handelinge 1:5 Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie.
*Handelinge 8:36 En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?
*Handelinge 8:38 En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop.
*Handelinge 8:39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
*Handelinge 10:47 Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?
*Handelinge 11:16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle
sal met die Heilige Gees gedoop word.
*1 Timoteus 5:23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.
*Hebreërs 9:19 want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel
*Hebreërs 10:22 laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling
gereinig van 'n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water.
*Jakobus 3:11 'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?
*Jakobus 3:12 'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein
brak en vars water voortbring nie.
*1 Petrus 3:20 wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag,
onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is;
*2 Petrus 3:5 Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
*2 Petrus 3:6 waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
*1 Johannes 5:6 & Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.
*1 Johannes 5:8 en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is
eenstemmig.
*Openbaring 8:11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en 'n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.
*Openbaring 9:1 & En toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee.
*Openbaring 9:2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
*Openbaring 12:15 En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.
*Openbaring 16:12 & En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
*Openbaring 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.
*Openbaring 22:1 & En hy het my getoon 'n suiwer rivier van die water van die lewe, helder soos kristal, wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam.
*Openbaring 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het,
kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.