Beeld / Gelykenis / Gestalte
(Terug na Inhoud)
1. Die mens is na die Beeld en Gelykenis van God geskape. Gen 1:26-27; 5:1 & 3; 9:6; 1Kor 11:7; 15:49; 2Kor 3:18; Jak
3:9.
2. Christus is die Beeld en Gestalte van God. 2Kor 4:4; Filip 2:6-7; Kol 1:15; 2:9.
3. Die mens wat die Beeld en gestalte van die Here dra. Rom 8:29; 1Kor 11:7; 15:49; 2Kor 3:18; 13:5; Gal 4:19; Filip 3:21; Kol 3:10; Jak 3:9; 1Joh 3:2.
4. Die mens wat God's Beeld en Gestalte dra, openbaar die Gees van die Here. Gen 41:38; Ex 31:3; 35:31; Num 27:18; Rig
3:10; 1Sam 19:23; Jes 11:2; 42:1; 44:3; 61:1;; Mat 3:16; 10:20; Mark 1:10; 13:11; Hand 1:2,5 & 8; Rom 8:9-11; 1Kor 3:16;
Heb 6:4
Ou Testament
*Genesis 1:26 & En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
*Genesis 1:27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.
*Genesis 5:1 & Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
*Genesis 5:3 Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy 'n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
*Genesis 9:6 Hy wat die bloed van 'n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy
beeld gemaak.
Nuwe Testament
*Romeine 1:23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van 'n
verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere.
*Romeine 8:29 & Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;
*1 Korintiërs 11:7 Want 'n man moet die hoof nie bedek nie, omdat hy die beeld en heerlikheid van God is; maar die vrou is die heerlikheid van die man.
*1 Korintiërs 15:49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
*2 Korintiërs 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
*2 Korintiërs 4:4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.
*Kolossense 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping;
*Kolossense 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
*Hebreërs 9:9 Dit was 'n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie,
*Jakobus 3:9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.
*Galasiërs 4:19 & my kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle 'n gestalte verkry.
*Filippense 2:6 Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
*Filippense 2:7 maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword;