Aarde .
Ou Testament:
*Genesis 1:1 & In die begin het God die hemel en die aarde geskape.
*Genesis 1:2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.
*Genesis 1:10 En God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
*Genesis 3:23 Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
*Numeri 16:32 en die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind saam met hul huisgesinne en al die mense wat aan Korag behoort het en al die goed.
*Numeri 16:33 So het hulle dan met alles wat hulle s'n was, lewendig na die doderyk afgedaal; en die aarde het hulle oordek, en hulle het omgekom uit die vergadering.
*Numeri 16:34 En die hele Israel wat rondom hulle was, het gevlug vir hulle geroep; want hulle het gesê: Dalk verslind die aarde ons!
*Numeri 26:10 En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat
die vuur die twee honderd en vyftig man verteer het; en hulle het tot 'n teken geword.
*Deuteronomium 11:6 en wat Hy aan Datan en Abíram, die seuns van Elíab, die seun van Ruben, gedoen het--hoe die aarde sy mond oopgemaak en hulle saam met hul huisgesinne en hul tente en al die lewende wesens agter hulle aan, onder die hele Israel verslind het;
*Deuteronomium 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
*Deuteronomium 31:28 Laat al die oudstes van julle stamme en julle opsigters by my vergader, dat ek voor hulle ore hierdie woorde kan spreek, en teen hulle die hemel en die aarde as getuies kan neem.
*Deuteronomium 32:1 Luister, o hemele, dat ek kan spreek, en laat die aarde hoor die woorde van my mond.
*1 Samuel 2:8 Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste
en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.
*2 Samuel 22:8 Toe het die aarde geskud en gebewe, die fondamente van die hemel het gesidder en geskud, omdat Hy
toornig was.
*1 Kronieke 16:23 Sing tot eer van die HERE, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag.
*1 Kronieke 16:30 Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
*1 Kronieke 16:31 Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!
*1 Kronieke 16:33 Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel.
*Job 12:8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
*Job 12:15 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
*Job 20:27 Die hemel openbaar sy ongeregtigheid, en die aarde staan teen hom op.
*Job 26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
*Job 38:18 Omvat jou begrip die breedtes van die aarde? Gee te kenne as jy dit alles weet.
*Psalms 12:6 (12:7) Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde,
gesuiwer sewe maal.
*Psalms 22:27 (22:28) Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die
nasies sal voor u aangesig aanbid.
*Psalms 48:2 (48:3) Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!
*Psalms 50:1 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
*Psalms 50:4 Hy roep na die hemel daarbo, en na die aarde, om sy volk te oordeel:
*Psalms 66:1 Vir die musiekleier. 'n Lied. 'n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!
*Psalms 66:4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.
*Psalms 69:34 (69:35) Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.
*Psalms 76:8 (76:9) Uit die hemel het U 'n oordeel laat hoor; die aarde het gevrees en stil geword,
*Psalms 96:1 Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied; sing voor die HERE, o ganse aarde!
*Psalms 96:9 Aanbid die HERE in heilige gewaad; beef voor sy aangesig, o ganse aarde!
*Psalms 96:11 Laat die hemele bly wees en die aarde juig; laat die see en sy volheid bruis.
*Psalms 96:13 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
*Psalms 97:1 Die HERE is Koning; laat die aarde juig; laat baie eilande bly wees!
*Psalms 97:4 Sy bliksems verlig die wêreld; die aarde sien dit en bewe.
*Psalms 104:13 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.
*Psalms 114:7 Beef, aarde, voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die God van Jakob,
*Jesaja 1:2 Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
*Jesaja 2:19 En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
*Jesaja 11:9 Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
*Jesaja 24:4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
*Jesaja 41:5 Die eilande het dit gesien en gevrees, die eindes van die aarde het gebewe; hulle het nader gekom en toegestroom.
*Jesaja 44:23 Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.
*Jesaja 65:17 Want kyk, Ek skep nuwe hemele en 'n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word en hulle sal in
die hart nie opkom nie.
*Jeremia 6:19 Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp.
*Jeremia 51:7 Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van
sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
*Hosea 2:21 (2:20) En in dié dag sal Ek verhoor, spreek die HERE, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor.
*Joël 2:21 Wees nie bevrees nie, o aarde, juig en wees bly, want die HERE doen groot dinge!
*Habakuk 2:14 Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die
seebodem oordek.
Nuwe Testament:
*Matteus 5:13 Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.
*Matteus 12:40 Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie
dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.
*1Kor 10:28-29 Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer--moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete--want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan--
29 ek bedoel die gewete, nie van jouself nie, maar van die ander; want waarom word my vryheid geoordeel deur 'n ander se
gewete?
*Openbaring 12:16 En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.
*Openbaring 14:16 En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai.