Tempel / Woon / Woning (Gemeente, Liggaam, Christus)

(Terug na Inhoud)

(Gaan na Gemeente)

(Gaan na Liggaam)

(Gaan na Christus)

1. Christus is groter as die tempel. Mat.12:6

2. Die afbreuk en opbou van die tempel. Mat.26:61; Ook Mat.27:40; Mark.14:58; Mat.15:29 en Joh.2:19-21

3. Die tempel van Christus se liggaam. Joh.2:21; 1Kor.12:27

4. God woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie. Hand.7:48; Ook Hand.17:24

5. Die tempel van God is die gemeente. 1Kor.3:16-17; Ook 1Kor.6:19; 2Kor.6:16; Efese 2:21-22; Open.3:12; Open.7:15; Open.11:1-2 en 19; Open.14:15 en 17; Open.16:17 en Open.21:22

6. Die tempel van God is:

OuTestament

*Genesis 3:24 So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

*Genesis 13:12 Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.

*Eksodus 15:13 U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.

*Eksodus 25:8 Ook moet hulle vir My 'n heiligdom maak, dat Ek in hulle midde kan woon.

*Eksodus 29:45 En Ek sal onder die kinders van Israel woon en vir hulle 'n God wees;

*Eksodus 29:46 en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.

*Numeri 35:34 En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.

*Deuteronomium 16:2 En jy moet vir die HERE jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.

*Deuteronomium 26:15 Kyk tog uit u heilige woning, uit die hemel, neer en seën u volk Israel en die land wat U ons gegee het, soos U aan ons vaders met 'n eed beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning.

*Deuteronomium 30:20 deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee.

*Deuteronomium 33:12 & Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE--hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.

*Deuteronomium 33:27 Die ewige God is 'n woning, en onder--ewige arms; en Hy het die vyand voor jou uit verdrywe en gesê: Verdelg!

*Esra 7:15 en om die silwer en goud weg te bring wat die koning en sy raadsmanne vrywillig gee aan die God van Israel wie se woning in Jerusalem is,

*Job 38:19 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis--waar is tog sy plek,

*1 Konings 8:27 Maar sou God werklik op die aarde woon? Kyk, die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie, hoeveel minder hierdie huis wat ek gebou het.

*1 Kronieke 17:4 Gaan sê vir Dawid, my kneg: So spreek die HERE: Jy mag nie vir My die huis bou om in te woon nie.

*1 Kronieke 23:25 Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;

*Psalms 2:4 Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle.

*Psalms 5:7 & (5:8) Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.

*Psalms 9:11 & (9:12) Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade.

*Psalms 15:1 & 'n Psalm van Dawid. HERE, wie mag vertoef in u tent? Wie mag woon op u heilige berg?

*Psalms 27:4 Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.

*Psalms 37:27 Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;

*Psalms 37:29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.

*Psalms 48:9 (48:10) o God, ons dink aan u goedertierenheid binne-in u tempel.

*Psalms 55:15 (55:16) Laat die dood hulle oorval, laat hulle lewendig in die doderyk neerdaal; want boosheid is in hulle woning, in hulle binneste.

*Psalms 68:5 (68:6) 'n Vader van die wese en 'n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

*Psalms 68:16 (68:17) Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.

*Psalms 69:35 (69:36) Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.

*Psalms 69:36 (69:37) En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.

*Psalms 71:3 Wees vir my 'n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

*Psalms 84:4 (84:5) Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.

*Psalms 84:10 (84:11) Want 'n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.

*Psalms 132:14 Dit is my rusplek vir ewig; hier wil Ek woon, want Ek het dit begeer.

*Psalms 135:21 Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!

*Psalms 140:13 (140:14) Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.

*Jeremia 31:23 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die HERE jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg!

*Jesaja 8:18 Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het--tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.

*Jesaja 9:2 (9:1) Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.

*Jesaja 10:24 & Daarom, so sê die Here HERE van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.

*Jesaja 30:19 Want 'n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.

*Jesaja 33:5 Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.

*Jesaja 33:14 Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed?

*Jesaja 33:16 hy sal op hoogtes woon, rotsvestings is sy burg; sy brood word hom gegee, sy water is gewis.

*Jesaja 33:24 En geen inwoner sal sê: Ek is siek nie; aan die mense wat daarin woon, is die skuld vergewe.

*Daniël 5:3 Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink.

*Daniël 2:22 Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom.

*Joël 3:17 Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.

*Joël 3:21 En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.

*Habakuk 2:20 Maar die HERE is in sy heilige tempel--swyg voor Hom, o ganse aarde!

*Sagaria 2:10 & Jubel, en wees bly, o dogter van Sion! Want kyk, Ek kom om in jou midde te woon, spreek die HERE.

*Sagaria 8:3 So sê die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg.

*Sagaria 8:8 en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ék sal vir hulle 'n God wees, in trou en geregtigheid.

*Sagaria 9:6 en die baster sal in Asdod woon--so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn 'n einde maak--

*Sagaria 6:12 en sê vir hom dit: So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou.

*Sagaria 6:13 Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.

*Sagaria 14:11 En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon.

*Maleagi 3:1 & Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.

Nuwe testament

*Matteus 4:5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan

*Matteus 23:21 en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon;

*Matteus 23:35 sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.

*Matteus 26:61 Maar oplaas kom daar twee valse getuies en sê: Hierdie man het gesê: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou.

*Matteus 27:40 en sê: U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou, red Uself! As U die Seun van God is, kom af van die kruis!

*Matteus 27:51 En kyk, die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur, van bo tot onder, en die aarde het gebewe en die rotse het geskeur;

*Markus 11:11 En Jesus het in Jerusalem gekom en in die tempel. En nadat Hy alles rondom bekyk het, en omdat dit al aand was, het Hy met die twaalf uitgegaan na Betánië.

*Markus 14:58 Ons het Hom hoor sê: Ek sal hierdie tempel wat met hande gemaak is, afbreek en in drie dae 'n ander een opbou wat nie met hande gemaak is nie.

*Markus 15:29 En die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê: Ha, U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,

*Markus 15:38 En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.

*Lukas 2:27 En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet,

*Lukas 23:45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.

*Johannes 2:19 Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.

*Johannes 2:20 En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?

*Johannes 2:21 Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.

*Johannes 10:23 En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.

*Johannes 14:23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

*Handelinge 7:48 Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê:

*Handelinge 17:24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.

*Romeine 7:17 Maar nou is dit nie meer ek wat dit doen nie, maar die sonde wat in my woon.

*Romeine 8:9 julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

*Romeine 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

*1 Korintiërs 3:16 & Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?

*1 Korintiërs 3:17 As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.

*1 Korintiërs 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?

*2 Korintiërs 5:2 Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,

*2 Korintiërs 6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

*2 Korintiërs 12:9 En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon.

*Efesiërs 2:21 in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here,

*Efesiërs 2:22 in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in die Gees.

*Efesiërs 3:17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,

*Kolossense 3:16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

*2 Timoteus 1:14 Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.

*Jakobus 4:5 Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?

*2 Petrus 3:13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en 'n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.

*2 Tessalonisens 2:4 die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.

*Openbaring 3:12 Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

*Openbaring 7:15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.

*Openbaring 11:1 & En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.

*Openbaring 12:12 & Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

*Openbaring 13:6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

*Openbaring 14:15 En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met 'n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.

*Openbaring 14:17 En 'n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook 'n skerp sekel gehad;

*Openbaring 15:5 & En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.

*Openbaring 15:6 En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.

*Openbaring 15:8 En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie.

*Openbaring 16:1 & En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

*Openbaring 16:17 & En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!

*Openbaring 21:3 En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

*Openbaring 21:22 En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.

(Terug na Bo)