Evangelie

(Terug na Inhoud)



1 Die evangelie word genoem:

2. Die evangelie is die openbaring van die verborgenhede van Christus. Rom 16:25; Ef 1:9;

3:3-5, 9; 6:19; Kol 1:26-27; 4:3.

3. Die evangelie is ook die woord:

4. Die evangelie is die bediening van die Gees en die genade van God tot regverdigmaking. Hand 20:24; 2Kor 3:8-9; Ef 3:2; Kol 1:25.

5. Die evangelie lei na Godsaligheid. 1Tim 6:3; Titus 1:1.

6. Die evangelie IS die LEER van Christus. Mat 7:23; Mark 11:18; Luk 23:5; Joh 7:16-17; Hand 13:12; Gal 1:7; 1Tim 1:10; Titus 1:9.

7. Die evangelie IS die LEER van die Apostels. Hand 2:42; 5:28; Rom 2:16; 1Kor 15:1; Gal 1:11; 1Tim 4:6; Heb 6:2; 1Pet 1L12.

8. Die evangelie IS die Lewende Water. Jer 2:13; Eseg 47:1; Joh 4:10; 7:37-38; 1Kor 10:4; Op 21:6; 22:1, 17.

9. Die wat die evangelie verkondig, sal van die evangelie lewe. 1kor 9:14.

10 Die evangelie is bedek vir die wat verlore gaan. 1Kor 2:7.

11. Die evangelie IS die Krag van God tot redding. Rom 1:16; 1Kor 1:18.

12. Die Apostels is aangestel om die evangelie te verkondig. Mat 10:8; Luk 24:48; Hand 1:8.

13. Die Evangelie is die Lewende water. Joh.4:10; Jer.2:13; Jer.17:13; Eseg.47:1; Joël 3:18; Sag.14:8; Joh.7:37-38; 1Kor.10:4; Open.21:6 en Open.22:1 en 17

14. Die evangelie is die openbaring van die verborgenhede van Christus. Rom.16:25; Verwys Efese 1:9; Efese 3:3-5 en 9; Efese 6:19; Kol.1:26-27 en Kol.4:3

Nuwe Testament

*Matteus 4:23 & En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

*Matteus 9:35 & En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en dieevangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.

*Matteus 11:5 blindes sien weer en kreupeles loop, melaatses word gereinig en dowes hoor, dooies word opgewek en aan armes word die evangelie verkondig.

*Matteus 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

*Matteus 26:13 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie verkondig sal word in die hele wêreld, sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.

*Markus 1:1 & Die begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.

*Markus 1:14 & En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig

*Markus 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

*Markus 8:35 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil en om die evangelie ontwil verloor, hy sal dit red.

*Markus 10:29 En Jesus antwoord en sê: Voorwaar Ek sê vir julle, daar is niemand wat huis of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van My en van die evangelie verlaat het nie,

*Markus 13:10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.

*Markus 14:9 Voorwaar Ek sê vir julle, oral waar hierdie evangelie oor die hele wêreld verkondig word, daar sal ook gespreek word van wat sy gedoen het, tot 'n gedagtenis aan haar.

*Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

*Lukas 3:18 Hy het dan ook met baie ander vermaninge die evangelie aan die volk verkondig.

*Lukas 4:18 Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;

*Lukas 4:43 Maar Hy het vir hulle gesê: Ek moet aan die ander stede ook die evangelie van die koninkryk van God bring, want daarvoor is Ek gestuur.

*Lukas 7:22 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig.

*Lukas 8:1 & En daarna het Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig; en die twaalf was saam met Hom,

*Lukas 9:6 En hulle het uitgegaan en dorp vir dorp deurgegaan en oral die evangelie verkondig en siekes gesond gemaak.

*Lukas 16:16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.

*Lukas 20:1 & En op een van dié dae, terwyl Hy besig was om die volk in die tempel te leer en die evangelie te verkondig, kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes saam met die ouderlinge by Hom staan,

*Johannes 12:45 En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.

*Handelinge 5:42 En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie,en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is.

*Handelinge 8:4 & En die wat verstrooi was, het die land deurgegaan en die woord van die evangelie verkondig.

*Handelinge 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.

*Handelinge 8:25 Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.

*Handelinge 8:35 En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig.

*Handelinge 8:40 Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.

*Handelinge 10:36 Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus--Hy is die Here van almal.

*Handelinge 11:20 En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.

*Handelinge 14:7 En daar het hulle die evangelie verkondig.

*Handelinge 14:15 en gesê: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.

*Handelinge 14:21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal disipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë,

*Handelinge 15:7 En toe daar 'n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.

*Handelinge 16:10 En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.

*Handelinge 17:18 En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy 'n verkondiger is van vreemde gode--omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het.

*Handelinge 20:24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.

*Romeine 1:1 & Paulus, 'n dienskneg van Jesus Christus, 'n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God--

*Romeine 1:9 Want God wat ek in my gees dien in die evangelie van sy Seun, is my getuie hoe ek onophoudelik aan julle dink

*Romeine 1:15 Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig.

*Romeine 1:16 & Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

*Romeine 2:16 in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie.

*Romeine 10:15 En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!

*Romeine 10:16 Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?

*Romeine 11:28 Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.

*Romeine 15:16 om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees.

*Romeine 15:20 maar só, dat ek my eer daarin gestel het om die evangelie te verkondig, nie waar Christus alreeds bekend was nie om nie op die fondament van 'n ander te bou nie

*Romeine 15:29 En ek weet dat as ek na julle kom, ek met die volle seën van die evangelie van Christus sal kom.

*Romeine 16:25 & Aan Hom dan wat magtig is om julle te versterk volgens my evangelie en die prediking van Jesus Christus, ooreenkomstig die openbaring van die verborgenheid wat eeue lank verswyg is,

*1 Korintiërs 1:17 & Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.

*1 Korintiërs 4:15 Want al sou julle tien duisend tugmeesters in Christus hê, dan het julle tog nie baie vaders nie; want in Christus Jesus het ek julle vader geword deur die evangelie.

*1 Korintiërs 9:12 As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.

*1 Korintiërs 9:14 So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.

*1 Korintiërs 9:16 Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!

*1 Korintiërs 9:18 Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

*1 Korintiërs 9:23 En ek doen dit ter wille van die evangelie, dat ek 'n deelgenoot daarvan kan word.

*1 Korintiërs 15:1 & Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan,

*2 Korintiërs 2:12 & Maar toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel 'n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie;

*2 Korintiërs 4:3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,

*2 Korintiërs 4:4 naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

*2 Korintiërs 8:18 En ons het ook met hom die broeder saamgestuur wat lof het in die evangelie deur al die gemeentes.

*2 Korintiërs 9:13 omdat hulle deur die bewys van hierdie diens God verheerlik oor die onderwerping van julle belydenis aan die evangelie van Christus en oor die milddadigheid van die bydrae aan hulle en aan almal,

*2 Korintiërs 10:14 Want ons strek onsself nie te ver uit asof ons julle nie kan bereik nie, want ons het reeds by julle gekom met die evangelie van Christus.

*2 Korintiërs 10:16 om die evangelie te verkondig in plekke anderkant julle, nie om in die werkkring van 'n ander oor wat tot stand gekom het, te roem nie.

*2 Korintiërs 11:4 Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.

*2 Korintiërs 11:7 Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?

*Galasiërs 1:6 & Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe,

*Galasiërs 1:7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

*Galasiërs 1:8 Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!

*Galasiërs 1:9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!

*Galasiërs 1:11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

*Galasiërs 2:2 Maar ek het opgegaan op grond van 'n openbaring en hulle die evangelie voorgelê wat ek onder die heidene verkondig; en afsonderlik aan die wat in aansien was, dat ek nie miskien tevergeefs sou loop of geloop het nie.

*Galasiërs 2:5 aan wie ons selfs nie 'n oomblik in onderworpenheid toegegee het nie, sodat die waarheid van die evangelie by julle bestendig sou bly.

*Galasiërs 2:7 Maar, inteendeel, toe hulle sien dat aan my die evangelie vir die onbesnedenes toevertrou is, net soos aan Petrus dié vir die besnedenes--

*Galasiërs 2:14 Maar toe ek sien dat hulle nie reguit loop volgens die waarheid van die evangelie nie, het ek vir Petrus in teenwoordigheid van almal gesê: As jy wat 'n Jood is, soos 'n heiden lewe en nie soos 'n Jood nie, waarom dwing jy die heidene om soos Jode te lewe?

*Galasiërs 3:8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.

*Galasiërs 4:13 maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het;

*Efesiërs 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

*Efesiërs 2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;

*Efesiërs 3:6 dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie

*Efesiërs 3:8 Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig,

*Efesiërs 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.

*Efesiërs 6:19 & en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,

*Filippense 1:5 oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe,

*Filippense 1:7 & soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

*Filippense 1:12 & En ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,

*Filippense 1:17 maar die ander uit liefde, omdat hulle weet dat ek bestem is tot die verdediging van die evangelie.

*Filippense 1:27 & Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie,

*Filippense 2:22 Maar julle ken sy beproefdheid, dat hy, soos 'n kind teenoor sy vader, saam met my in die evangelie gedien het.

*Filippense 4:3 En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.

*Filippense 4:15 En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedónië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.

*Kolossense 1:5 vanweë die hoop wat vir julle weggelê is in die hemele, waarvan julle vroeër gehoor het deur die woord van die waarheid van die evangelie,

*Kolossense 1:23 as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie, wat julle gehoor het en wat verkondig is in die ganse mensdom onder die hemel, waarvan ek, Paulus, 'n dienaar geword het.

*1 Tessalonisens 1:5 Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

*1 Tessalonisens 2:2 maar alhoewel ons vantevore, soos julle weet, in Filíppi gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig onder veel stryd.

*1 Tessalonisens 2:4 maar soos ons deur God waardig geag is dat die evangelie aan ons toevertrou sou word, so spreek ons, nie om mense te behaag nie, maar God wat ons harte beproef.

*1 Tessalonisens 2:8 Terwyl ons so na julle verlang het, was dit ons aangenaam om aan julle nie alleen die evangelie van God mee te deel nie, maar ook ons eie lewe, omdat julle vir ons dierbaar geword het.

*1 Tessalonisens 2:9 Julle onthou tog, broeders, ons arbeid en inspanning; want terwyl ons nag en dag gewerk het om niemand van julle te beswaar nie, het ons die evangelie van God aan julle verkondig.

*1 Tessalonisens 3:2 en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,

*2 Tessalonisens 1:8 in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.

*2 Tessalonisens 2:14 waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.

*1 Timoteus 1:11 volgens die evangelie van die heerlikheid van die salige God wat aan my toevertrou is.

*2 Timoteus 1:8 Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God

*2 Timoteus 1:10 maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie,

*2 Timoteus 2:8 & Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,

*Filemon 1:13 Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien.

*Hebreërs 4:2 Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.

*Hebreërs 4:6 Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie,

*1 Petrus 1:12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is--dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

*1 Petrus 4:6 Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

*1 Petrus 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?

*Openbaring 14:6 & En ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.


(Terug na Bo)