A Die doop van Johannes:
1 Die doop van Johannes is 'n doop tot bekering. Mat 3:2, 8, 11; Mark 1:4; Luk 3:3; Hand 13:24; 19:4.
2 Die doop van Johannes is 'n doop met water alleen. Mat 3:11; Mark 1:8; Luk 3:16; Joh 1:26, 31, 33; Hand 1:5; 11:16.
3 Jesus was al een wat die Heilige Gees ontvang het nadat Hy gedoop was deur Johannes. Mat 3:16; Mark 1:10; Luk 3:21-22; 1Joh 1:32-34; Hand 19:2-3.
4 Die Heilige Gees was nog nie daar toe Johannes gedoop het nie. Joh 7:38-39.
5 Die doel van die doop van Johannes was dat Christus aan Israel geopenbaar sou word. Joh 1:31.
6 Die doop van Johannes was om die koms van Christus voor te berei. Jes 40:3; Mal 3:1; Mat 3:3; 11:10; Mark 1:2-3; Luk
7:27; Joh 1:23; Hand 13:24.
B Die doop van Christus:
1 Die doop van Christus word deur die Apostels beveel en gedoen. Hand 2:38; 8:15-16; 10:48; 19:4-5; 22:16.
2 (4)Die doop in die Naam van die Here is 'n doop met vuur en die Heilige Gees. Mat 3:11; Mark 1:3; Luk 3:16; Hand 1:5; 2:36; 11:16.
3 Die doop van Christus geskied in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Mat 23:19.
4 Die doop van Christus bewerk ook die wedergeboorte. Joh 3:3; 3:5-7; Ef 5:26; Titus 3:5; 1pet 1:3-5.
5 (3)Met die doop van Christus, ondergaan die gelowige die wedergeboorte. Rom 6:3-4; 1Kor 12:13; 2Kor 5:17; Gal 3:26-29; Ef 4:24; Kol 3:10.
6 (2)Christus se dissipels word ook gedoop met die doop waarmee Hy gedoop is. Mat 20:22-23; Mark 10:38-39; Luk 12:50.
7 (1)Die doop is nie 'n aflegging van die vuiheid van die vlees nie maar 'n bede tot God om 'n goeie gewete. Joh 3:25; Ef 4:22; Jak 1:21; 1Pet 3:21.
8 Die Heilige Gees word ontvang deur die doop met die Heilige Gees en vuur. Mat 3:11
Nuwe Testament
*Matteus 3:7 & Maar toe hy baie van die Fariseërs en Sadduseërs na sy doop sien kom, sê hy vir hulle: Addergeslag, wie
het julle aangewys om te vlug vir die toorn wat aan kom is?
(4)*Matteus 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
*Matteus 20:22 Maar Jesus antwoord en sê: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek aanstons gaan drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word? Hulle sê vir Hom: Ons kan.
(2b)*Matteus 20:23 En Hy sê vir hulle: Dis waar, my beker sal julle drink en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word; maar om te sit aan my regter-- en aan my linkerhand berus nie by My om te gee nie, maar is vir hulle vir wie dit deur my Vader berei is.
(2c)*Matteus 21:25 Die doop van Johannes, waar was dit vandaan, uit die hemel of uit mense? En hulle het by hulleself geredeneer en gesê: As ons sê: Uit die hemel--dan sal Hy ons vra: Waarom het julle hom dan nie geglo nie?
*Matteus 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en
die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
*Markus 1:4 Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.
*Markus 1:8 Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.
*Markus 10:38 Maar Jesus sê vir hulle: Julle weet nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink, en gedoop word met die doop waarmee Ek gedoop word?
(2d)*Markus 10:39 En hulle antwoord Hom: Ons kan. Maar Jesus sê vir hulle: Dis waar, die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word;
*Markus 11:30 Die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense? Antwoord My.
*Markus 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
*Lukas 3:3 En hy het gekom in die hele omtrek van die Jordaan en die doop van bekering tot vergifnis van sondes verkondig;
*Lukas 3:16 antwoord Johannes almal en sê: Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie--Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
*Lukas 7:29 En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes.
*Lukas 7:30 Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie.
(2a)*Lukas 12:50 Maar Ek het 'n doop om mee gedoop te word, en hoe benoud word Ek totdat dit volbring is!
*Lukas 20:4 die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?
*Johannes 1:25 En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?
*Johannes 1:26 Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie--
*Johannes 1:28 Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.
*Johannes 1:33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. Om Hom te openbaar
*Johannes 3:3-5
3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie?
5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees.
*Johannes 3:23 En Johannes was ook besig om te doop in Enon naby Salim, omdat daar baie water was. En die mense het daar gekom en is gedoop.
*Johannes 3:26 En hulle het na Johannes gekom en vir hom gesê: Rabbi, Hy wat saam met u oorkant die Jordaan was, van wie u getuig het, kyk, Hy doop, en almal gaan na Hom toe.
*Johannes 4:1 & Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes--Ook Hand 2:38
*Johannes 20:22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
*Handelinge 1:22 van die doop van Johannes af tot op die dag dat Hy van ons opgeneem is--van hulle moet daar een saam met ons getuie word van sy opstanding.
*Handelinge 10:37 Julle weet van die saak wat deur die hele Judéa gebeur het en van Galiléa af begin het, ná die doop wat Johannes gepreek het,
*Handelinge 13:24 nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.
*Handelinge 18:25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.
*Handelinge 19:3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
*Handelinge 19:4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
(1a)*Handelinge 22:16 En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van
die Here aanroep.
*Romeine 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek
is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.
*1 Korintiërs 1:17 & Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie.
*1 Korintiërs 15:29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word
nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop?
(1b)*Efesiërs 4:5 een Here, een geloof een doop,
*Kolossense 2:12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in
die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het.
*Hebreërs 6:2 van die leer van die doop en van die handoplegging en van die opstanding van die dode en van die ewige oordeel.
(1c)*1 Petrus 3:21 & waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie,
maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete--deur die opstanding van Jesus Christus
*Titus 3:5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered
deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
*2Petrus 3:5-6
5 Want moedswillig vergeet hulle dat daar van lankal af hemele was en 'n aarde wat uit water en deur water ontstaan het deur die woord van God,
6 waardeur die toenmalige wêreld met water oorstroom is en vergaan het.
(Terug na Bo)