Hoofstuk 1

Die Wedergeboorte

(Terug na Inhoud )

Ek wil u eers na die gedeelte van die Doop met die Heilige Gees en vuur neem voordat u hierdie Hoofstuk 24 deur werk want ek glo dan sal u hierdie hoofstuk beter verstaan.

Ons lees in die Bybel waar Jesus vir Nikodémus sê, Joh 3:3 en 5 " vers 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Vers 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Vers 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Vers 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees." Daarom kan ons sê dat om die koninkryk te sien en te be-erwe moet ons wedergebore word.

Hoe dink u moet ons weer gebore word?

Ja, in Joh 4:24 "God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid" en aangesien God Gees is, sal die wedergeboorte ook 'n geestelike proses wees.

Ons besef dat ons vleeslik gebore word uit natuurlike ouers, daarom dra ons die vleeslike beeld. Die vleeslike liggaam bestaan dan uit die volgende bestandele, water, bloed en gees en so id die geestelike liggaam ook. 1Kor 15:44 “‘n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Daar is 'n natuurlike liggaam, en daar is 'n geestelike liggaam." Die geestelike wedergeboorte vind dan ook so plaas d.m.v. die water, bloed en Gees.

Hoe sou u dink vind die wedergeboorte deur water plaas?

Kom ons kyk wat beteken die water in gees. Spr 18:4 "Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid." Hier kan ons sien dat die woorde die evangelie is wat diep waters is. Ps 69:2 "Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom." Hieruit kan ons agterkom dat natuurlike water nie tot by die siel kan kom nie, want ek sal sekerlik verdrink maar dat hier na die geestelike water verwys word. Dat die geestelike water , in woorde tot my gespreek word en my siel bereik en gaan in ons verstand in en word dit gereinig van al die boosheid en bose gedagtes asook die gewete. Joh 15:3 "Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het." en ook in Ef 5:26

1.1 Die bad van die wedergeboorte:

Die skrifte gee vir ons in Ef. 5:26 - "dit te gereinig het met die waterbad deur die woord", en ook in Titus 3:4-8 "het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte - die wedergeboorte proses - en die vernuwing deur die Heilige Gees". Ja, so word ons denkwyse gereinig en verander van 'n natuurlike denkwyse na 'n geestelike denkwyse sodat ons die Godheid en die Bybel kan verstaan.

Die agt siele wat deur die water heen gered is, soos ons in 1Pet 3:21 lees " waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou red, nie as aflegging van die vuilheid van die vlees (van die menslike natuurlike liggaam) nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie (skoon / rein) gewete. (Hart)

Om 'n goeie gewete te hê, beteken om 'n skoon en rein gewete te hê, wat deur die wedergeboorte en die aflegging van die ou mens, my eie wil en begeertes ( wat ons later sal bespreek ) deur die waterbad van die woord, die evangelie, plaasvind.

1.2 Die geboorte uit die Gees van God:

Die Skrifte sê vir ons dat ons uit God gebore moet word om 'n kind van God te kan word, dit is moontlik want in Joh. 3:6 lees ons - "wat uit die vlees gebore is, is vlees en wat uit die Gees gebore is, is gees.

Ons weet ook dat God is Gees, dus, om 'n kind van God te wees is om 'n geestelike (wedergeborene, bekeerde) mens te wees.

Rom.8: 1-17 - Die nuwe lewe onder die genade. Die Gees van heiligheid en aanneming as kinders. Hieruit kan ons sien wat dit beteken om 'n kind van God te wees.

Wanneer ons kinders van God is dan word ons saam met Christus verheerlik, so lees ons ook in 1 Joh. 3:9-10, 4:7-8, 5:1.

1.3 Die wedergeboorte is die aflegging van die ou mens:

Die wedergeboorte vind plaas wanneer ons die sonde afsterf m.a.w. die sondige en menslike , eie begeertes (die dinge wat 'n christen nie meer, en nie moet doen nie). Die afsterwingsproses of wat dit beteken en wanneer dit gebeur, word vir ons in Rom. 6:1-14 mooi uiteen gesit.

Ek haal aan, "ons wat in Christus Jesus gedoop is, is in Sy dood gedoop, ons is saam met Hom begrawe deur die doop in die dood en ook saam met Christus opgewek is en ons wandel in die nuwe lewe" (Ewige lewe), in vers 11 staan dat ons wel vir die sonde dood is.

Hierin kan ons dus ook die opstanding van die mens, nie die vlees of die menslike liggaam nie maar die gees beskrywe sien. Lees ook Rom. 7:4-5, lKor. 15:42-44. Ons kan ook in Kol. 3:8-10 lees van die ou mens met sy werke wat afgelê het.

1.4 Die begin van die geestelike 1ewe:

In Efes. 2:5-10 lees ons "toe ons dood was deur die misdade (die sonde), lewend, gemaak (opgewek, opgestaan) saam met Christus en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.

Die wedergeboorte is die lewende hoop wat bewerk en geskenk is deur die opstanding van Jesus Christus, so lees ons in lPet.1:3 en 3:21. Dit is aan ons geskenk deur God se wil en barmhartigheid, ek verwys na Joh. 1:13; Titus 3:5; Jak. 1:18.

2. Die volgende dinge is waardeur ons die wedergeboorte verkry:

2.1 Die wedergeboorte word bewerk en geskenk deur God -verwys na Joh 1:13; 1Pet. 1:3; lJoh.3:l0 en 3Joh.vers 11.

2.2 Die wedergeboorte word bewerk en geskenk deur Christus - verwys na 2 Kor. 5:17 "Daarom as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel, 'n nuwe skepsel omdat jy die wedergeboorte ondergaan het en nou 'n wedergeborene is, die oue, die het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

2.3 Die wedergeboorte word bewerk en geskenk deur die Heilige Gees - verwys na Joh. 3:5 "Jesus antwoord; "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit Water en Gees nie kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie", m.a.w. hierdie wedergeboorte of lewensverandering moet vandag in ons lewe plaasvind voordat ons die natuurlike dood sterwe en ons siele deur God ontvang moet word. Ek verwys ook na Titus 3:5. Ons sal sien dat hier word ook gepraat van water, hierdie water is nie die natuurlike water wat ons gebruik nie maar is die geestelike water wat ons ook ken as die evangeliesewoord of as die evangelie.

2.4 Die wedergeboorte word bewerk en geskenk deur die Woord van God - verwys na Hand. 10:36, soos ons in Par.1.1 gesien het.

Die evangeliesewoord wat die skrifte in Rom. 10:8-9 noem "Naby jou is die woord, in jou hart en in jou mond. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig" ons lees ook in 1Pet. 2:2 daarvan.

2.5 Die wedergeboorte word bewerk en geskenk deur die woord van die evangelie - verwys na lKor. 4:15 en 1Tim. 6:3.

3. Die volgende is wat sal gebeur wanneer ons wedergebore is:

3. 1 Wanneer ons wedergebore is sal ons (die gelowiges) na die beeld van God en Christus wees - en dit lees ons ook in die skepping reeds hiervan, dat God die mens na Sy beeld en gelyke geskape het ek verwys ook na Efes. 4:24 "en julle met die nuwe mens beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid". Kol. 3:10 lees soos volg, "wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper".

3.2 Wanneer ons wedergebore is, sal ons (die gelowiges) gelykvormig word aan Christus - verwys na Rom. 8:29 en ook in 2Kor. 3:18 "En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is" Lees ook lJoh. 3:2.

3.3 Wanneer ons wedergebore is, sal ons (die gelowiges) die kennis van God hê - Heb. 8:10-11; Kol. 3:10 en lJoh. 2:20 en 27 wat lees; "En die salwing (vertroosting) wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en julle het nie nodig dat iemand julle leer nie; maar soos dieselfde salwing (die Gesalfde, die Messias) julle aangaande alles leer, so moet julle in Horn bly." en ook in lJoh. 4:7 en 16 word daar vir ons geskrywe dat God ons sal leer aangaande hierdie evangelie - die Woord - en dit is nie nodig dat ons geleerd meet wees om hierdie evangelie te kan verstaan nie.

3.4 Wanneer ons wedergebore is sal ons (die gelowiges) geregverdig en heilig wees - verwys na Efes. 4:24 en ook 5:26 wat soos volg lees; "om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord".

Ons kan ook in 2Pet. 1:4 -7 die volgende lees; "waardeur Hy ons die grootste en kosbaarste beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. En juis daarom ook moet julle met aanwending van alle ywer by julle geloof voeg die deug, en by die deug die kennis, en by die kennis die selfbeheersing, en by die selfbeheersing die lydsaamheid, en by die lydsaamheid die godsvrug, en by die godsvrug die broederliefde en by die broederliefde die naasteliefdé'- Lees ook 1 Joh. 2:29.

3.5 Wanneer ons wedergebore is sal ons (die gelowiges) God liefhê - verwys Mat. 22:37 en 33 asook lJoh. 5:1.

3.6 Wanneer ons wedergebore is sal ons (die gelowiges) - die wêreld oorwin, verwys na 2Pet. 1:4 en lJoh. 4:4 "Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is". Die wêreld waarvan ons hier lees, is nie die natuurlike aarde nie maar dit is die toestand van duisternis, onkunde, sonde en ons eie wil en begeertes, die menslike begeertes, om sonder God te wees asook onwetenheid, wat ons later meer sal omskryf.

Ons lees ook in Joh. 5:4 "Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof'. God het aan die een wat oorwin mag gegee oor die nasies, so lees ons in Open.2:26 en in 3:21.

4. Die volgende is dinge waaraan die wedergeborene deel sal hê:

4.1 Die wedergeborenes het deel daaraan om 'n nuwe skepsel te wees - Rom. 6:4 verwys na die nuwe lewe wat ons kan wandel. Ons lees in 2Kor. 5:17 "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit hat alles nuut geword", en in Gal. 6:15 lees ons dat ons wat 'n nuwe skepsel geword het, het krag in Christus. Lees ook Efes. 2:10; 4:23-24; Kol. 3:10.

4.2 Die wedergeborenes het deel aan die geestelike opstanding: Joh. 5:25 lees "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Horn glo wat my gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het uitgegaan uit die dood in die lewe ". Rom. 6:4-6, ek haal net 'n gedeelte aan 'Want as ons met Horn saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur die aan Sy opstanding;" maar lees self verse 4 tot 6.

Nou verwys ek na Efes. 2:5-6 "ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus uit genade is julle gered en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus," Lees ook die volgende tekse - Kol. 2:12; lThess. 4:13-17 en Open. 20:5-6.

4.3 Die wedergeborenes het deel aan die nuwe lewe in Christus verwys na Rom 6:4; 2Kor. 4:16; "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van die wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander. Maar God, wat ryk is in barmhartigheid. het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade lewend gemaak saam met Christus uit genade is julle gered en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus," Hierdie is aangeteken in Efes. 2:1-6; Lees ook Kol.3:3

4.4 Die wedergeborenes het ook deel aan 'n nuwe hart en 'n nuwe gees: verwys na Eseg 11: 19 - "En Ek sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle 'n hart van vlees gee," wat beteken dat die wat hulle harte verhard tog deur God verander sal word en die se hart sal wel sag word, m.a.w. die wat moeilik verstaan of nie wil verstaan nie, sal wel die een of ander tyd tot ander insigte gebring word. Ook lees ons in Eseg. 18:31 - "Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel? Lees ook Rom 7:6; Efes 4:23; Kol. 3:10.

5. Ons lees ook in die skrifte dat niemand die koninkryk sal be-erwe tensy hy wedergebore is nie, en ek glo dat dit elkeen van ons se begeerte is om, die dag wat ons sterwe, die ewige lewe te kan hê (hemel toe te gaan) en daarom is dit noodsaaklik om 'n wedergeborene te word want nie een van ons weet of ons nog môre die geleentheid sal kry nie, m.a.w. môre kan dit te laat wees.

Ek verwys na Mat. 18:3; Joh. 3:3 en 5:3 wat lees - "Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie." lKor. 15:42 en 50: vers 42 lees - "So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid;" vers 50 lees "Maar dit verklaar ek broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan be-erwe nie; ook be-erwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie" As ons ook vers 53 lees dan sal ons sien dat hierdie onverganklikheid wat ook die geestelike of geestelikheid is, nie sommer net so verkry kan word nie maar ons moet onsself met die nuwe mens beklee, jy moet jou lewe verander om jou met die onverganklikheid te beklee. "Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word" Hierdie sterflikheid is die dood waarin ons ons bevind wanneer die skrifte in Efes 2:5-6 sê dat ons is dood vanweë die misdade en die sonde, m.a.w. wanneer ons nog nie wedergeborenes geword het nie, soos ons in Par. 4b daarna verwys het.

Hoe vind die wedergeboorte deur die bloed plaas?

Ons sien so deur die geskiedenis van Jesus Christus dat Hy baie gedoen en opgeoffer het om die mense te leer aangaande die evangelie van God en hoe God gedien moet word. Op die einde moes Hy met sy lewe aan die kruis daarvoor opoffer en aan die kruis bloed stort en sterwe terwille van die mens en hul sondes. So het Hy dan ook die weg na saligheid vir die mens gewys. Hierdie evangelie kom ook tot jou deur die mens, wat by jou kom kuier of brood breek en die evangelie aan jou verduidelik. Deur hierdie persoon word ook tyd opgeoffer (bloed gestort) om dit te kan doen, want dit gebeur nie vanself nie en hy het ook deur dieselfde fases gegaan as waarmee jy besig is. Ef 5:1-2 "vers 1 ¶ Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; vers 2 en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur." Ons moet dieselfde doen en aan ander oorgee as 'n offer wat gebring word. Dit is om in die werke van God te wees as ons hierdie bloed stort en op offer terwille van siel saligheid. So gebeur dan ook die wedergeboorte in my wanneer ek in hierdie proses is wanneer bloed stort vir ons eie siel sowel as vir die mense tot wie ons die Godheid bring. 2Kor 5"10 "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad. Vers 11 Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees."

Wanneer en hoe vind die wedergeboorte deur die Gees plaas?

Kom ons hersien kortliks en sien dat die wedergeboorte deur water - getuienis van die woord deur lede - wat tot jou gebring is, is jou verstand met 'n nuwe geestelike denkwyse beklee, en met jou tong praat jy 'n nuwe taal 1Pet 1:23 "want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly." Om hierdie water tot jou te bring word baie bloed gestort en baie moes opgeoffer word om hierdie evangelie te verkondig en daardeur het die gees van God tot jou gekom. So het jy tot die wedergeboorte gekom waar jy die vleeslike denkwyse afgesterf het en met die geestelike denkwyse beklee is sodat jy die Godheid in sy volheid kan insien en verstaan.

Daar is onderandere drie tydperke:

1. Die Watertydperk:

Dit is die gedeelte vanaf Adam tot by die sonvloed. Tydens hierdie tyd het die mense net gepraat, ook toe Noag besig was met die bou van die ark, het hulle net gepraat en was nie bereid om te help nie. Hulle was nie bereid om hulself diensbaar te stel vir die Godheid nie.

2. Die Bloedtydperk:

Het gestrek vanaf die tyd toe die mens, diere soos beeste, skape en bokke geoffer het tot God, m.a.w. hulle het deur die bloed van diere die vergifnis van sonde bewerkstelli8g en was nie bereid om hulself diensbaar te stel tot God nie.

3. Die Geesteliketydperk:

Die tydperk van die Nuwe testament waar God sy Seun Christus in gelykheid van die sondige mens gestuur het on vir ons 'n voorbeeld te kom stel hoe ons God moet dien. Hy het deur Sy werk en wandel en die kruis gewys dat ons ons liggame moet stel as 'n offer in die werke van God Rom 12:1 "1 ¶ Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. Vers 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."

U kan ook deur gaan na die Wedergeboorte / Weer gebore wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

( Terug na Bo )