Wedergeboorte / Wedergebore / Weer gebore
(Terug na Inhoud)
1. Niemand sal die koninkryk beêrwe tensy hy wedergebore is nie. Mat.18:3; Ook Joh.3:3 en 5; 1Kor.15:42 en 50
(Gaan na Koninkryk)
2. In die wedergeboorte sal die Apostels op twaalf trone sit en die twaalf stamme van Israel oordeel.Mat.19:28; Ook
Luk.22:30; Open.2:26; open.3:21 en Open.20:4
3. Die wedergeboorte word bewerk deur die woord van God. Hand.10:36; Ook Rom.19:8-9; 1Pet.1:2 en 1Pet.2:2
(Gaan na Woord)
4. Die wedergeboorte word ook bewerk deur die woord van die evangelie. 1Kor.4:15; Ook 1Tim.6:3
5. Die wedergeboorte is die lewende hoop wat bewerk is deur die opstanding van Christus. 1Pet.1:3; Ook 1Pet.3:2
6. Die wedergeboorte is ook:
7. Deur die wedergeboorte sal die gelowiges:
8. Die wedergeborenes het deel:
Nuwe Testament
*Matteus 19:28 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer
die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel.
*Johannes 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
*Johannes 3:7 Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie.
*Titus 3:5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
*1 Petrus 1:3 & Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
*1 Petrus 1:23 want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.