Wysheid / Wyse (Christus , Krag en Wysheid)

(Terug na Inhoud)


1. Die Gees van God is die Gees van wysheid en verstand wat Hy op Sy knegte gesê het. Exod.28:3;Ook Exod.31:3; Deut.34:9; 1Kon.3:28; Esra 7:25; Jes.11:2 en Jak.3:17

2. Christus Jesus het die wysheid van God gehad. Jes.11:1-2; Ook Mat.13:54; Mark.6:2; Luk.2:40 en 52; Efese 1:8; Kol.2:3 en Open.5:12

3. Die wysheid van die wêreld en die goddelose is nietig en dwaasheid by God. Jes.29:14; 1Kor.1:19-21; 1Kor.2:6; 1Kor.3:18-20; Kol.2:23 en 1Pet.2:15

4. Die regverdiger en verstandige ontvang wysheid van God. 2Kron.1:10-12; Ook Ps.51:8; Spr.2:6 en 10; Spr.3:13; Spr.4:11; Spr.10:13; Spr.10:31; Spr.14:33; Pred.1:13, 16-17; Dan.2:21-23; Efese 1:17; Efese 3:10; Kol.1:9 en Kol.3:16

5. Die mond van die regverdiger verkondig wysheid. Ps.37:30; Ook Ps.49:4

6. Die verborgenhede het God verberg vir die wyse en verstandige mense. Mat.11:25; Ook Luk.10:21 en 1Kor.1:19 en 27

7. Christus is die krag en wysheid van God. Luk.11:49 (Mat.23:33); Ook 1Kor.1:24 en 30; 1Kor.1:18

(Gaan na Christus)

(Gaan na Krag en Wysheid)

8. Christus het Sy wysheid aan die Apostels oorgedra. Luk.21:14-15; Ook Kol.1:28; 2Pet.3:15 en Open.13:18

9. Die woord van wysheid is >n genadegawe van God. 1Kor.12:8; Ook Efese 1:17 en Kol.1:9

Ou Testament

*Eksodus 28:3 Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.

*Eksodus 31:3 en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,

*Eksodus 35:31 en Hy het hom met die Gees van God vervul, met wysheid, met verstand en met kennis en bekwaamheid vir allerhande werk;

*Eksodus 36:1 & So moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.

*Eksodus 36:2 En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.

*Deuteronomium 4:6 Onderhou dit dan en doen dit; want dit is julle wysheid en julle verstand voor die oë van die volke wat al hierdie insettinge sal hoor en sê: Waarlik, hierdie groot nasie is 'n wyse en verstandige volk.

*Deuteronomium 34:9 & En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.

*1 Konings 3:12 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou 'n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.

*1 Konings 4:29 & En God het aan Salomo wysheid gegee en 'n baie groot verstand en 'n ruimte van insig soos die sand wat aan die seestrand lê,

*2 Kronieke 1:11 Toe sê God aan Salomo: Omdat dít in jou hart gewees het, en jy nie rykdom, skatte en eer en die lewe van jou haters of selfs 'n lang lewe begeer het nie, maar wysheid en kennis vir jou begeer het om my volk waaroor Ek jou koning gemaak het, te kan regeer--

*2 Kronieke 2:12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid 'n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om 'n huis vir die HERE en 'n huis vir sy koninkryk te bou.

*Job 12:13 By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.

*Job 28:12 Maar die wysheid--waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?

*Job 28:28 Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

*Job 38:36 Wie het wysheid neergelê in die wolke? Of wie het verstand gegee aan die wolkgevaarte?

*Psalms 37:30 Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.

*Psalms 49:3 (49:4) My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstand.

*Psalms 51:6 (51:8) Kyk, U het 'n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

*Psalms 104:24 Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!

*Spreuke 1:2 om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,

*Spreuke 1:5 laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,

*Spreuke 2:2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

*Spreuke 2:6 (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

*Spreuke 2:10 & Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

*Spreuke 3:13 & Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;

*Spreuke 3:19 Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;

*Spreuke 4:5 Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:

*Spreuke 4:7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

*Spreuke 4:11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

*Spreuke 5:1 & My seun, luister na my wysheid, neig jou oor tot my insig,

*Spreuke 7:4 Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,

*Spreuke 8:1 & Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie?

*Spreuke 9:9 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.

*Spreuke 9:10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.

*Spreuke 10:13 & Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.

*Spreuke 10:23 & Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.

*Spreuke 10:31 & Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.

*Spreuke 13:14 & Die onderrig van die wyse is 'n fontein van die lewe, om die strikke van die dood te ontwyk.

*Spreuke 13:20 & Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.

*Spreuke 15:2 & Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.

*Spreuke 16:23 & Die hart van die wyse maak sy mond verstandig en vermeerder die lering op sy lippe.

*Spreuke 18:4 & Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.

*Spreuke 18:15 & Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.

*Spreuke 24:3 & Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;

*Spreuke 24:7 & Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.

*Spreuke 24:14 Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

*Spreuke 28:26 & Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered.

*Prediker 2:13 Wel het ek gesien dat die wysheid die voorkeur het bo die dwaasheid soos die lig die voorkeur het bo die duisternis:

*Prediker 2:14 die wyse het sy oë in sy hoof, maar die dwaas wandel in die duisternis. Maar ek het óók ingesien dat een en dieselfde lot hulle almal tref.

*Prediker 10:2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links.

*Prediker 10:12 & Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.

*Jesaja 11:2 en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.

*Daniël 2:20 Daniël het toe gespreek en gesê: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne.


Nuwe Testament

*Matteus 2:1 & En toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom

*Matteus 2:7 Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra;

*Matteus 11:25 & In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.

*Lukas 2:40 En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die genade van God was op Hom.

*Lukas 2:52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.

*Handelinge 6:10 Maar hulle kon die wysheid en die Gees waardeur hy gespreek het, nie weerstaan nie.

*1 Korintiërs 1:24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.

*1 Korintiërs 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.

*1 Korintiërs 2:5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

*1 Korintiërs 2:6 & Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.

*1 Korintiërs 2:7 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,

*1 Korintiërs 2:13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

*1 Korintiërs 3:19 want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

*1 Korintiërs 12:8 Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

*Efesiërs 1:8 wat Hy oorvloedig aan ons bewys het in alle wysheid en verstand,

*Efesiërs 1:17 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

*Efesiërs 3:10 sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word,

*Kolossense 1:9 & Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die kennis van sy wil in alle wysheid en geestelike insig,

*Kolossense 1:28 Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel;

*Kolossense 2:3 in wie al die skatte van wysheid en kennis verborge is.

*Kolossense 2:23 wat, alhoewel dit 'n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.

*Kolossense 3:16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.

*Kolossense 4:5 & Wandel in wysheid teenoor die wat buite is, en koop die tyd uit.

*Jakobus 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

*Jakobus 3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

*Openbaring 5:12 en met 'n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

*Openbaring 7:12 Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen.

*Openbaring 13:18 Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is ses honderd ses en sestig.

*Openbaring 17:9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.

(Terug na Bo)