Getuienis / Getuie / Getuig

(Terug na Inhoud)



1. Getuienis van God:

2. Getuienis van Christus:

3. Die getuienis van die Heilige Gees:

4. Die getuienis van Johannes:

5. Die getuienis van die Apostels:



Ou Testament

*Numeri 9:15 & En op die dag toe hulle die tabernakel opgerig het, het die wolk die tabernakel van die tent van die Getuienis oordek, en in die aand was dit oor die tabernakel soos 'n gedaante van vuur, tot die môre toe.

*Job 16:19 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.

*Job 29:11 Want het 'n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het 'n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.

*Spreuke 15:2 & Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.

*Psalms 19:7 & (19:8) Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.

*Psalms 119:88 & Maak my lewend na u goedertierenheid, dat ek die getuienis van u mond kan onderhou.

Nuwe Testament

*Matteus 15:19 Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.

*Matteus 19:18 Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê--dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie;

*Matteus 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.

*Johannes 1:7 Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.

*Johannes 1:8 Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.

*Johannes 1:19 & En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?

*Johannes 1:34 En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.

*Johannes 3:11 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.

*Johannes 3:32 En wat Hy gesien en gehoor het, dit getuig Hy; en niemand neem sy getuienis aan nie.

*Johannes 3:33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.

*Johannes 5:31 & As Ek van Myself getuig, is my getuienis nie waar nie.

*Johannes 5:32 Daar is 'n ander Een wat van My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy van My getuig, waar is.

*Johannes 5:34 Maar Ek neem die getuienis van 'n mens nie aan nie; maar Ek sê dit, dat julle gered kan word.

*Johannes 5:36 Maar Ek het 'n groter getuienis as dié van Johannes, want die werke wat die Vader My gegee het om te volbring, die werke self wat Ek doen, getuig van My dat die Vader My gestuur het.

*Johannes 5:37 En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.

*Johannes 5:39 Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig.

*Johannes 8:13 Toe sê die Fariseërs vir Hom: U getuig van Uself; u getuienis is nie waar nie.

*Johannes 8:14 Jesus antwoord en sê vir hulle: Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en waarheen Ek gaan nie.

*Johannes 8:17 En dit is ook in julle wet geskrywe dat die getuienis van twee mense waar is.

*Johannes 19:35 En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo.

*Johannes 21:24 Dit is daardie dissipel wat van hierdie dinge getuig en hierdie dinge geskryf het, en ons weet dat sy getuienis waar is.

*Handelinge 10:43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.

*Handelinge 15:8 En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.

*2 Timoteus 1:8 Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God

Titus 1:13 Hierdie getuienis is waar. Daarom moet jy hulle skerp bestraf, sodat hulle gesond in die geloof kan wees,

*Hebreërs 7:17 Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

*Hebreërs 10:15 En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis;

*Hebreërs 11:5 Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.

*Hebreërs 11:39 En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie,

*1 Johannes 5:6 & Dit is Hy wat deur water en bloed gekom het, Jesus die Christus; nie deur die water alleen nie, maar deur die water en die bloed; en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die waarheid.

*1 Johannes 5:7 Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een;

*1 Johannes 5:8 en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig.

*1 Johannes 5:11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

*Romeine 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;

*Openbaring 1:9 & Ek, Johannes, julle broeder en deelgenoot in die verdrukking en in die koninkryk en lydsaamheid van Jesus Christus, was op die eiland wat Patmos genoem word, ter wille van die woord van God en om die getuienis van Jesus Christus.

*Openbaring 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.

(Terug na Bo)