Weg / Weë (Christus)

(Terug na Inhoud)


(Gaan na Christus)



7. Die weg van God is die:

8. Die goddelose ken die weg van God nie. Rom.3:17; Heb.3:10

9. Die goddelose vervolg die gelowiges van die weg. Hand.8:3; Hand.9:1 - 2,13 en 21; Hand.22:4.

10. Die goddelose verdraai die weg van God. Hand.13:10

11. Die goddelose laster die weg van God. Hand.19:9; 2Pet.2:2

12. Die goddelose noem die weg van God >n sekte. Hand.24:5 en 14-15

Ou Testament

*Genesis 18:19 Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

*Genesis 28:20 En Jakob het 'n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,

*Eksodus 32:8 En hulle het gou van die weg afgewyk wat Ek hulle beveel het. Hulle het vir hulle 'n gegote kalf gemaak en daarvoor neergebuig en daaraan geoffer en gesê: Dit is jou gode, o Israel, wat jou uit Egipteland laat optrek het.

*Eksodus 33:3 na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.

*Eksodus 33:13 As ek dan nou genade in u oë gevind het, maak my dan tog u weë bekend, dat ek U kan ken; sodat ek genade in u oë kan vind. En bedink tog dat hierdie nasie u volk is.

*Deuteronomium 5:33 In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

*Deuteronomium 8:6 en hou die gebooie van die HERE jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees.

*Deuteronomium 9:12 en die HERE het vir my gesê: Staan op, klim hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel; hulle het gou afgewyk van die weg wat Ek hulle beveel het; hulle het vir hulle 'n gegote beeld gemaak.

*Deuteronomium 9:16 Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle 'n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het.

*Deuteronomium 10:12 & En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,

*Deuteronomium 11:22 Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die HERE julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,

*Deuteronomium 11:28 en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.

*Deuteronomium 19:9 --as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel--dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,

*Deuteronomium 26:17 Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou 'n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.

*Deuteronomium 28:9 Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.

*Deuteronomium 28:29 sodat jy op die middag sal rondtas soos die blinde in die donker rondtas, en in jou weë sal jy geen voorspoed hê nie; maar jy sal altyddeur net verdruk en beroof wees sonder dat daar 'n helper is.

*Deuteronomium 30:16 Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.

*Deuteronomium 32:4 Die Rots--volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.

*Josua 22:5 Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, om die HERE julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.

*Rigters 2:17 Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die HERE: so het hulle nie gedoen nie.

*Rigters 2:22 om Israel deur hulle op die proef te stel, of hulle die weg van die HERE sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.

*1 Samuel 12:23 Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die HERE sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.

*2 Samuel 22:22 Want ek het die weë van die HERE gehou en nie goddeloos van my God afgewyk nie.

*2 Samuel 22:31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.

*2 Samuel 22:33 Die God wat my sterk toevlug is, en Hy het vir my 'n weg volkomelik uitgesoek.

*1 Konings 2:2 Ek gaan heen op die weg van die hele aarde: wees dan sterk en word 'n man;

*1 Konings 2:3 en onderhou die ordening van die HERE jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;

*1 Konings 3:14 En as jy in my weë wandel, deur my insettinge en my gebooie te onderhou, soos jou vader Dawid gewandel het, dan sal Ek jou dae verleng.

*1 Konings 8:36 wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk Israel vergewe--want U leer hulle die goeie weg waar hulle in moet wandel--en gee reën op u land wat U aan u volk as 'n erfenis gegee het

*1 Konings 8:39 wil U dan hoor in die hemel, u vaste woonplek, en vergewe en handel en aan elkeen gee volgens sy weë, U wat sy hart ken--want U alleen ken die hart van al die mensekinders--

*1 Konings 11:33 omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Astárte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.

*1 Konings 11:38 En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.

*1 Konings 13:33 Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.

*1 Konings 15:26 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.

*1 Konings 15:34 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en gewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.

1 Konings 16:2 Omdat Ek jou uit die stof opgehef en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het, maar jy in die weg van Jeróbeam gewandel en my volk Israel laat sondig het, om My te terg deur hulle sondes,

*2 Konings 21:22 En hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die HERE gewandel nie.

*2 Konings 22:2 En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.

*2 Kronieke 6:31 sodat hulle U kan vrees om te wandel in u weë al die dae wat hulle leef in die land wat U aan ons vaders gegee het.

*2 Kronieke 7:14 en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid en my aangesig soek en hulle bekeer van hul verkeerde weë, dan sal Ék uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.

*2 Kronieke 18:23 Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?

*Job 3:23 Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?

*Job 17:9 Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag.

*Job 22:28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn 'n lig.

*Job 28:23 God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.

*Job 38:19 Waar is tog die weg na die woning van die lig? En die duisternis--waar is tog sy plek,

*Job 38:24 Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde?

*Psalms 1:1 & Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;

*Psalms 1:6 Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

*Psalms 2:12 Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!

*Psalms 5:8 (5:9) HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

*Psalms 18:30 (18:31) Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.

*Psalms 18:32 (18:33) God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.

*Psalms 25:8 & Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

*Psalms 25:9 Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.

*Psalms 25:12 Mem. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies.

*Psalms 35:6 Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die HERE hulle vervolg!

*Psalms 36:4 (36:5) Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op 'n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.

*Psalms 37:5 Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;

*Psalms 37:7 & Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

*Psalms 37:14 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan * om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.

*Psalms 37:23 Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.

*Psalms 37:34 & Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.

*Psalms 39:1 & Vir die musiekleier; vir Jedútun. 'n Psalm van Dawid. (39:2) Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

*Psalms 51:13 (51:15) Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

*Psalms 77:13 (77:14) o God, u weg is in heiligheid. Wie is 'n groot God soos God?

*Psalms 77:19 (77:20) U weg was in die see en u paaie in groot waters, en u spore was nie te beken nie.

*Psalms 78:30 Hulle was nie weg van hul begeerte nie--hulle voedsel was nog in hulle mond--

*Psalms 84:5 (84:6) Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.

*Psalms 85:13 (85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe.

*Psalms 86:11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

*Psalms 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.

*Psalms 101:6 My oë sal wees op die getroues in die land, dat hulle by my kan woon; hy wat wandel in die weg van opregtheid, dié mag my dien.

*Psalms 119:29 Verwyder van my die weg van leuens, en verleen my genadiglik u wet.

*Psalms 119:30 & Ek het die weg van waarheid verkies; u verordeninge het ek voor my gestel.

*Psalms 119:32 Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart.

*Psalms 119:33 & He. HERE, leer my die weg van u insettinge, sodat ek dit tot die einde toe kan bewaar.

*Psalms 119:37 & Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.

*Psalms 119:59 & Ek het my weë oordink en my voete laat teruggaan na u getuienisse.

*Psalms 119:168 Ek onderhou u bevele en u getuienisse, want al my weë is voor U.

*Psalms 128:1 & 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!

*Psalms 138:5 en hulle sal sing van die weë van die HERE, want die heerlikheid van die HERE is groot.

*Psalms 139:3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

*Psalms 145:17 Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.

*Spreuke 2:12 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

*Spreuke 2:13 van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;

*Spreuke 2:20 sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;

*Spreuke 3:6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

*Spreuke 3:17 sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

*Spreuke 3:23 dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;

*Spreuke 4:11 In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;

*Spreuke 4:14 & Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.

*Spreuke 4:26 Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,

*Spreuke 5:21 Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.

*Spreuke 8:20 Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

*Spreuke 8:22 & Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af.

*Spreuke 9:6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.

*Spreuke 9:15 om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:

*Spreuke 10:29 & Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.

*Spreuke 11:5 & Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.

*Spreuke 12:15 & Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

*Spreuke 12:26 & Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.

*Spreuke 13:15 & 'n Goeie verstand verskaf guns, maar die weg van die ontroues is hard.

*Spreuke 14:8 & Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

*Spreuke 14:12 & Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

*Spreuke 15:19 & Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.

*Spreuke 16:9 & Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die HERE rig sy voetstappe.

*Spreuke 16:25 & Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

*Spreuke 16:29 & 'n Man van geweld verlei sy naaste en lei hom op 'n weg wat nie goed is nie.

*Spreuke 16:31 & Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.

*Spreuke 19:16 & Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

*Spreuke 21:2 & Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.

*Spreuke 21:8 & Gekronkeld is die weg van 'n skuldige mens; maar die reine--sy handeling is reg.

*Spreuke 22:5 & Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.

*Spreuke 22:6 & Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.

*Spreuke 23:26 My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.

*Spreuke 28:10 & Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe.

*Jesaja 2:3 En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.

*Jesaja 30:21 en jou ore sal 'n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

*Jesaja 35:8 En dáár sal 'n grootpad wees en 'n weg wat die heilige weg genoem sal word; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel--selfs die dwase sal nie dwaal nie.

*Jesaja 40:3 & 'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!

*Jesaja 40:14 Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?

*Jesaja 42:16 En Ek sal blindes lei op 'n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

*Jesaja 42:24 Wie het Jakob oorgegee as 'n plundering en Israel aan die berowers? Is dit nie die HERE teen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie.

*Jesaja 43:16 So sê die HERE wat in die see 'n weg en in die sterk waters 'n pad gemaak het,

*Jesaja 48:15 Ek, Ek het dit gespreek, ook hom geroep; Ek het hom laat kom, en in sy weg sal hy voorspoedig wees.

*Jesaja 48:17 So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.

*Jesaja 55:7 Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.

*Jesaja 59:8 Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.

*Jesaja 62:10 & Gaan in, gaan in deur die poorte, berei die weg van die volk! Vul op, vul op die grootpad, gooi die klippe weg, steek 'n banier op oor die volke!

*Jesaja 65:2 Ek het my hande die hele dag uitgebrei na 'n opstandige volk wat wandel op 'n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan;

*Jesaja 63:17 HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!

*Jeremia 3:21 'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, die HERE hulle God vergeet het.

*Jeremia 5:4 Maar ek het gesê: Hulle is maar die geringes; hulle het dwaas gehandel, omdat hulle die weg van die HERE, die reg van hulle God, nie ken nie.

*Jeremia 5:5 Laat ek na die grotes gaan en met hulle spreek, want hulle ken die weg van die HERE, die reg van hulle God. Maar hulle het almal saam die juk verbreek, die stroppe stukkend geruk.

*Jeremia 6:16 So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.

*Jeremia 6:27 Ek het jou onder my volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets.

*Jeremia 7:3 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek.

*Jeremia 7:23 Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

*Jeremia 18:11 & Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die HERE: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink 'n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.

*Jeremia 21:8 & En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood:

*Jeremia 22:21 Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus, maar jy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie.

*Jeremia 32:39 En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders ná hulle.

*Klaagliedere 3:40 Noen. Laat ons ons weë naspeur en deursoek en ons tot die HERE bekeer;

*Esegiël 3:19 Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered.

*Esegiël 18:30 & Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.

*Esegiël 18:31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?

*Esegiël 33:8 As Ek aan die goddelose sê: o Goddelose, jy sal sekerlik sterwe, en jy spreek nie om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis.

*Esegiël 33:11 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?

*Hosea 14:9 (14:10) Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

*Jona 3:10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

*Maleagi 2:8 Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die HERE van die leërskare.

*Maleagi 3:1 & Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.

Nuwe Testament

*Matteus 3:3 Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

*Matteus 11:10 Want dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

*Matteus 21:32 Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; maar die tollenaars en die hoere het hom geglo. En julle het dit gesien en tog nie later berou gekry om hom te glo nie.

*Matteus 22:16 En hulle stuur hul disipels saam met die Herodiane na Hom en sê: Meester, ons weet dat U waaragtig is en die weg van God in waarheid leer en U aan niemand steur nie, want U sien nie die persoon van mense aan nie--

*Matteus 28:9 En terwyl hulle op weg was om dit aan sy disipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.

*Markus 1:3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!

*Markus 12:14 En hulle kom en sê vir Hom: Meester, ons weet dat U waaragtig is en U aan niemand steur nie; want U sien nie die persoon van mense aan nie, maar U leer die weg van God in waarheid. Is dit geoorloof om aan die keiser belasting te betaal of nie? Moet ons betaal of moet ons nie betaal nie?

*Lukas 1:76 En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;

*Lukas 3:4 soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.

*Lukas 7:27 Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak.

*Lukas 20:21 En hulle het Hom gevra en gesê: Meester, ons weet dat U reguit praat en leer en die persoon nie aanneem nie, maar die weg van God in waarheid leer--

*Johannes 14:4 & En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.

*Johannes 14:5 Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken?

*Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

*Handelinge 2:28 U het My die weë van die lewe bekend gemaak, U sal My vervul met vreugde by u aangesig.

*Handelinge 8:31 En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit.

*Handelinge 8:39 En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.

*Handelinge 9:2 en van hom briewe gevra aan die sinagoges in Damaskus, sodat as hy mense sou vind wat van die Weg was, manne sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.

*Handelinge 13:10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?

*Handelinge 16:17 Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.

*Handelinge 18:25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.

*Handelinge 18:26 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Aquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.

*Handelinge 19:9 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die disipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tiránnus samesprekinge gehou.

*Handelinge 19:23 En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie.

*Handelinge 22:4 Hierdie Weg het ek vervolg tot die dood toe, en manne en ook vroue geboei en in gevangenisse oorgegee,

*Handelinge 24:14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,

*Handelinge 24:22 & Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer Lísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.

*Handelinge 25:3 en by hom aangedring en gevra, as 'n guns teen Paulus, dat hy hom na Jerusalem moes laat haal; terwyl hulle intussen 'n hinderlaag voorberei het om hom op die weg om te bring.

*Romeine 3:17 en die weg van vrede ken hulle nie.

*Romeine 14:13 Laat ons dan mekaar nie meer oordeel nie, maar besluit dít liewer, om nie die broeder 'n hindernis of struikelblok in die weg te lê nie.

*1 Korintiërs 12:31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.

*2 Korintiërs 6:3 Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;

*2 Korintiërs 11:29 Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word 'n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie?

Hebreërs 9:8 & waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is so lank as die eerste tabernakel nog standhou nie.

*Hebreërs 10:20 op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,

*2 Petrus 2:2 en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

*2 Petrus 2:21 Want dit sou vir hulle beter wees as hulle die weg van die geregtigheid nie geken het nie, as dat hulle, nadat hulle dit leer ken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.

*Openbaring 15:3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!


(Terug na Bo)