Hoofstuk 9

Liggaam:


(Terug na Inhoud)

Ons het reeds in Hoofstuk 8 gesien dat die gemeente - die kerk -die liggaam van Christus is, en dat ons lede aan hierdie liggaam is. Daar is egter nog dinge wat ons onder hierdie hoofstuk kan bespreek, naamlik;

1. Die liggaam van Jesus, die seun van die mens;

1.1 Sy liggaam was een van vlees, net soos ons natuurlike liggame vandag lyk ook word na vlees verwys as die vleeslike dinge wat afgesterf moet word, of iets soort gelyk, ek sê, soort gelyk want niemand weet hoe die mens presies daardie tyd gelyk het nie. Ons lees in die skrifte van Jesus die seun van die mens; verwys Matt. 26:12, 27:58-59 en Heb. 10:10.

1.2 Jesus is na die vlees gebore; verwys Rom. 1:3 en Gal. 4:4 sê vir ons dat Jesus gebore is uit 'n vrou en is ook gebore onder die wet en in sonde. Heb. 2:14 lees "Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het - dit is die duiwel", want Hy moes word soos ons sodat ons gewys kan word hoe om uit die omstandighede te kan kom en dit is om die oorwinning oor die dood van die sonde en duisternis kan kry."

1.3 Hy was in vlees - Rom. 1:3 en lJoh. 4:2-3.

1.4 Hy is gedood na die vlees - Kol. 1:22 en 1Pet. 3:18.

2. Die liggaam van Christus, die seun van God,

2.1 is opgewek na die Gees Rom 8:29, 2Kor 5:16 "Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons hom tog nie meer so nie, daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verby gegaan kyk, alles het nuut geword." Al die dinge wat nuut geword het is die geestelike dinge wat bygekom het en die ou dinge is afgesterf.

2.2 is simbolies voorgestel met die instelling van die avondmaal (nagmaal); Matt. 26:26, Luk. 22:19 en lKor. 11:23-29.

2.3 word simbolies voorgestel deur die breking van die brood; Matt 14:14-21 - die eerste vermeerdering van die brood; Matt 15:29-38 - die tweede vermeerdering van die brood; Hand. 2:42 en 46 - "En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede." Met die breking van die brood word bedoel om die evangelie te verkondig en onder mekaar op te klaar, om die brood uit te deel.

lKor. 10:16-18 vertel ons dat die breking van die brood is om gemeenskap te hê met die liggaam van Christus, die liggaam waarvan ons elkeen 'n lid van is. Ek haal aan "Die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood."

2.4 Die liggaam van Christus, die Seun van God; is die brood van die lewe; verwys na Joh. 6:26-27 en 31-58 - uit hierdie teks kan ons duidelik sien dat hierdie brood 'n spys is wat nie vergaan nie, m.a.w dit is 'n geestelike spys, want soos hierdie teks aantoon dat ons moet Sy vlees eet - "Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag." Daarby bedoel Jesus nie Sy natuurlike vlees nie maar Sy geestelike vlees of te wel, die brood.

2.5 Die liggaam van Christus, die Seun van God; is die gemeente, die gebou en huis van God; ons het in Hoofstuk 8 die hele aangeleentheid bespreek en baie in die skrifte aangehaal.

2.6 Ons sien dat die skrifte toon dat die goddelose weer die liggaam van Christus kruisig; Ek verwys na Heb. 6:6 en Open 11:8. Uit hierdie teks sal ons sien dat daar gepraat word van die wat tot God bekeer was en wat afvallig geword het en wat die goeie dinge gesmaak en deelagtig geword het, en wat hom nou weer tot bekering wil vernuwe. Ek haal die gedeelte aan "omdat hulle t.o.v. hulleself die Seun van God weer kruisig en openlik tot skande maak."

3. Die volheid van die Godheid woon in die liggaam van Christus (die gemeente); Efes. 1:22-23 - "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee wat sy liggaam is die volheid van Hom wat alles in almal vervul." Lees ook Kol. 2:9-10.

4. Die lamp van die liggaam is die oog, weereens kan ek u terug verwys na Hoofstuk 3 waar ons die geestelike of verstandsoog bespreek het. Ons kan ook in Mat. 6:22-23 lees "Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees." Dit beteken dat as jy die geestelike dinge kan insien en verstaan dan sal jy soos 'n lig wees in die donker wat alles verlig, maar as jy die geestelike dinge nie kan verstaan nie dan sal jy nog steeds in die duisternis wees en jy sal steeds in die duister rond tas na die Waarheid en regte dinge.

5. Die sterflike liggaam -Rom. 6:12 en 8:11.

6. Die kruisiging van die liggaam van die sonde, vleeslike begeertes en die dood; Rom 6 2-14 wys vir ons dat ons die sonde afsterf deur dit te kruisig saam met Christus Jesus sodat ons saam met Horn opgewek kan word, want vers 8 lees "As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe." Ek verwys ook na Gal. 2:20 en 5:24 "Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig." Gal. 6:14, Efes. 4:22-25 wys vir ons die vernuwing of verandering wat moet plaasvind in ons lewe -"dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid."

7. Die liggaam wat dood is vanweë die sonde - Rom. 8:10.

8. Die werke van die liggaam word deur die Gees doodgemaak - Rom. 7:4 wat sê dat ons nou vir die sonde dood is, want ons behoort nie meer aan die liggaam van die sonde nie, want ons het dit afgesterf sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees. In Rom. 8:13 "want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe."

9. Die liggaam is 'n lewendige en heilige offer aan God. Rom.6:13 en 19, 12:1 - "Ek vermaan julle dan, broeders by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige offer - dit is julle redelike godsdiens." en ook 2Kor. 5:10.

10. Ons liggame is:

10.1 lede van Christus - Ons het hierdie stelling of liewer, hierdie bevestiging reeds in Hoofstuk 8 beskrywe maar ek wil net weereens 'n paar tekse as verwysings noem, by. lKor. 6:15 "Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie" ook in lKor. 12:12-27 en Efes. 5:30.

10.2 'n tempel van die Heilige Gees - Ek verwys u terug na Hoofstuk 6 paragraaf 6.

11. Ons moet God verheerlik in ons liggame; 1Kor. 6:20.

12. Daar is hemelse, geestelike liggame sowel as aardse, natuurlike liggame; verwys na lKor. 15:40 en 44.

U kan ook deur gaan na die Liggaam wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

(Terug na Bo)