Hoofstuk 8

Die Gemeente:
(Die Engelse vertaling verwys na die kerk)

(Terug na Inhoud)

1. Die gemeente is deur Jesus Christus gestig, Matt. 16:18-19 - Jesus Christus het vir Petrus gesê "Jy is Petrus en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou." Hierdie rots is 'n verwysing na Christus self en nie na Petrus soos baie dink nie. Dit is ook interesant om in die l9de vers te lees dat sleutels van die koninkryk van die hemele aan Petrus gegee is, maar die koninkryk van God is 'n geestelike plek en Petrus was 'n natuurlike mens toe dit aan horn gegee is.

Efes. 2:20-22 "gebou op die fondamente van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot 'n woning van God in Gees."

Ons sien in Efes. 4:11 dat die Here het sommiges in die gemeente (die kerk) aangestel as apostels ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, die gemeente (die kerk) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof tot 'a volwasse man, tot die mate van die volle grote van Christus. Sien ook lKor 12:28.

2. Christus is die HOOF van die gemeente; lKor. 11:3 en 7, Efes. 1:22-23, 4:15, 5:23, Kol. 2:10 en 19 en Kol. 1:18 wat lees "Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente;"

3. Die gemeente (die kerk) is die volgende:

3.1 Die gemeente is die liggaam van Christus, let wel ons sê nie van Jesus nie want Jesus was die seun van die mens volgens die skrifte, maar Christus die seun van God, die gawe Christus wat Jesus ontvang het, wat ook beteken, die gesalfde (Christus - Griekse naam vir die Hebreeuse Messias, die verlosser - gesalf met die Heilige Gees).

Ons kan in Rom. 12:4-5 lees "Want soos ons in een liggaam baie lede het en die lede nie almal dieselfde werking het nie, so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar."

Ek wil u nou na lKor. 12:12-31 verwys met die opskrif soos volg: "Die eenheid van die liggaam nieteenstaande die verskeidenheid van lede." Ek haal net 'n paar gedeeltes aan en verduidelik wat bedoel word en waaruit die liggaam bestaan.

Die gedeelte begin deur ons te verwys na ons natuurlike liggaam wat uit verskillende dele bestaan, soos 'n middel lid of die voorlid van 'n vinger, so kan ons die hele liggaam beskryf van kop tot tone. Paulus wys ons dat die liggaam van Christus uit net so baie dele of lede bestaan. Daarom gaan Paulus verder en sê dat as een van ons liggaamsdele nie meer reg funksioneer nie dan sukkel die hele liggaan om oor die weg te kom. Net so werk, en is dit met die liggaan van Christus, naamlik, die gemeente of die kerk.

Daarom het God ook sommiges in die gemeente gestel soos beskryf is in paragraaf 1 en ook in lKor. 12:28.

In lKor. 10:17 lees ons "Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood.” Die brood verwys na Christus se liggaam. Ons sien in lKor. 15:40 dat daar twee liggame is, ek haal aan "En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die hemelse is anders as die van die aardse." Ter verduideliking kan ek sê dat die aardse liggaam die tyd verteenwoordig wanneer ons nog tot God moet bekeer, want dit staan ook so geskrywe dat daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid, dit beskrywe die opstanding van die dode. Soos ons reeds weet dat die opstanding wat ons deelagtig moet word, die opstanding uit die geestelike dood waarin ons onsself bevind voor die bekering. Die geestelike dood het ons reeds bespreek in Hoofstuk 5.

As ons nog verder aangaan met lKor. 15:44, dan sal ons lees dat 'n natuurlike liggaam gesaai word en 'n geestelike liggaam word opgewek, dus, die ou mens wat ons afsterf is die natuurlike liggaam en die nuwe mens, wat ons dan is, wanneer ons dan met Christus beklee is of wanneer ons wedergebore is en wanneer ons 'n geestelike mens geword het, dan het ons ontwaak. Hierdie opstanding kan geen ander opstanding wees soos die natuurlike mens dit verwag nie want die verandering wat in ons plaasvind deur die wedergeboorte, die geestelike mens wording, het dan plaasgevind. Die skrifte sê ook in vers 50 dat vlees en bloed die koninkryk nie kan be-êrwe nie, dus kan ons sien dat dit nie 'n natuurlike opstanding kan en sal wees nie want ons sal dan in die koninkryk wees nadat ons natuurlik gesterwe het. Daarom is dit aanvaarbaar om te sê dat ons natuurlike liggaam nie opgewek sal word nie want vlees en bloed sal die koninkryk nie kan be-êrwe nie.

Ons kan nou verstaan waarom Paulus in Gal. 6:17 sê "want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam want hy het 'n lid geword aan die liggaam van Christus.

Ek verwys verder ook na Efes. 1:22-23, 4:4, 4:12 en 16, 5:23, 5:30 wat lees "Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene."

Ons kan ook by al die volgende tekse gaan lees dat die liggaam van Christus die gemeente is, waarvan ek en jy elkeen 'n lid van moet wees; Fillip. 3:21, Kol. 1:18 en 24, 2:19, 3:15, 1Tim. 3:15 en Heb. 10:5.

3.2 Die gemeente is die bruid van Christus:

Eerstens word vir ons in 2Kor. 11:2 gesê "Want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel." Ons lees in Efes. 5:22-33 dat daar 'n vergelyking tussen die vrou en die liggaam of te wel die gemeente getref word, want ons lees dat die vrou die man onderdanig is soos die gemeente aan Christus onderdanig is. Dit beteken nie dat die vrou nou die man se bediende moet wees nie maar sy hulp en bystand, sy krag omdat hy die hoof van die huis moet wees, m.a.w. die huispriester, en hy moet haar liefhê soos Christus die gemeente liefhet. Paulus stel die vergelyking omdat hy wil sê dat die gemeente, en ek haal vers 27 aan "sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees."

In Open. 19:7-8 "Want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak."

3.3 Die gemeente is die kudde van die Here;

Jes. 40:11, Eseg. 34:22 en 31 -vers 31 lees "En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, ek is julle God, spreek die Here Here." Ons lees ook verder in Joh. 10:16 "Ek het nog ander skape wat nie aan hierdie stal behoort nie. Ek moet hulle ook lei, en hulle sal na my stem luister, en dit sal wees een kudde, een herder"

Joh. 21:15-17 vertel ons van die ouderlinge wat deur die Heilige Gees aangestel is as herders om die gemeente, die kerk van God te versorg,"

3.4 Die gemeente is die tempel van God; Ek verwys na Hoofstuk 6 paragraaf 6.

3.5 Die gemeente is die tabernakel van God;

Heb 8:2 vertel ons van die tabernakel wat deur die Here opgerig is en nie deur 'n mens nie. So ook Heb. 9:11 en 24.

Ek haal die volgende teks aan uit Open 21:3 "En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God."

3.6 Die gemeente is die huis van God;

Ek verwys terug na Hoofstuk 6 paragraaf 6 en ook veral na 1Tim. 3:15, Heb. 3:6, 1Pet. 2:5. Ons kan dus hieruit sien dat ons 'n geestelike huis van God is.

3.7 Die gemeente is die geestelike en hemelse Jerusalem;

Gal. 4:26, Open. 3:12, 11:2, 21:9-15 maar vers 9 sê vir ons wie die bruid van die Lam is, naamlik die gemeente. Die daarop volgende verse vertel hoe die nuwe Jerusalem van binne lyk.

3.8 Die gemeente is die nuwe volk van God;

Ons lees in Hand. 15:14 dat Simon vertel hoedat God in die begin uitgesien het om 'n yolk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.

Efes. 2:19 sê dat ons wat nou tot God bekeer is, nou nie meer vreemdelinge en bywoners is nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God is. Ek verwys ook na Titus 2:14.

4. Die gemeente behoort aan God; Ek gaan net 'n paar tekse noem, as verwysing, want ons het uit die vorige paragrawe duidelik gesien dat die gemeente aan God behoort.

Hand. 20:28, 1Kor. 1:2, 1Tim. 3:5 en 15.

5. Die gemeente behoort ook aan Christus; Mat. 16:18 en Rom. 16:16

6. Die gemeente is gebou op die fondament van die apostel en profete. Efes. 2.20, Heb 11:10 en Open. 21:14.

7. God sal in Sy gemeente woon;

Jes. 45:14 "Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie. Lees ook lKor. 14:25 en 2Kor. 6:16.

8. Die gawes wat God in Sy gemeente, Sy kerk gestel het, is:

8.1 Apostel - Luk. 6:13, lKor. 12:28, 4:11. Die gawe word ook genoem die krag van God, en dit is dan ook met hierdie krag waarmee die koninkryk van God na die mens sal kom.

8.2 Profete - Luk. 11:49 en lKor. 12:28.

8.3 Evangeliste - Hand 21:8 en Efes 4:11

8.4 Opsieners - (Herders en leraars) - Hand 2028, Fillip. 1:1, 1Tim, 3:1-16. Hierdie tekse handel oor die pligte van 'n opsiener.

8.5 Ouderlinge - of soos dit ook bekend is, die oudste. Hand 14:23, 20:17, 1Tim. 4:14 en Jak. 5:14.

8.6 Priester - Matt. 8:4 en Open 1 6

8.7 Diaken - Hand. 6:1-6 en 1Tim. 3:8-12.

8.8 Profesie - Hand. 2:17-18 en lKor. 14:1-40.

8.9 Gesigte -Visioen -Matt. 17:9, Luk. 1:22, 24: 23 en Hand 2:17.

8.10 Openbaring - Rom. 16:25, lKor. 12:7 en 14:6.

8.11 Gawe van gesondmaking - Hand. 8:7, 9:34, 28:8, lKor.12:9 en 28-30.

9. Die Here voeg by die gemeente die wat gered word. Hand.2:47, 5:14 en 11:24.

10. Die doderyk sal die gemeente nie oorweldig nie. Hiermee word bedoel dat die dood (sondige lewe, duisternis waaruit ons kom) nie weer die oorhand oor die gemeente (die kerk, liggaam van Christus), die lede wat aan die liggaam van Christus behoort, sal kry nie, want hierdie lede het klaar ontwaak en opgestaan uit die dood en nou kan die doderyk dit nie oorweldig nie. Verwys Matt 16:18

11. Die gemeente (kerk) van God word deur die goddelose vervolg, en glo dit maar want dit gebeur nog steeds vandag deur die onkunde van die mens, die mens wat nie die geestelike kan verstaan en insien nie. Hulle is besig om die gemeente - kerk - waarvan ons lede afsonderlik is, as die sekte uit te wys en ook om foutiewe inligting aan die wêreld te gee om aan te dui dat dit 'n valse kerk is. Ek verwys na 'n paar tekse om te wys dat dit dieselfde mense is wat dit vandag ook doen. Hand. 8:1-3, 12:1, 1Kor. 15:9 en Fillip. 3:6. Daaruit behoort u te sien dat die kerk van Christus as 'n sekte uitgewys was, reeds gedurende daardie tyd.

U kan ook deur gaan na die Gemeente wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

(Terug na Bo)