Hart:
(Terug
na Inhoud)
Ons het reeds in die voorafgaande hoofstukke 'n paar voorbeelde gehad aangaande
die hart, hierdie hart wat nie ons menslike vleeslike orgaan in ons vleeslike
liggaam is nie, maar hierdie hart is ook weereens 'n geestelike ding. Om dit te
staaf wil ek eerstens die vraag vra; indien u glo dat dit jou vleeslike orgaan
is, hoe
1. Johannes die doper was Elia wat die harte
van die vaders moes terug bring na die harte van die kinders; verwys na Mal.4:6
en Luk. 1:17. Hier
Ons
2. Ons kan in 2Kor. 3:12-17 lees dat "Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; nie soos Moses nie, wat 'n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar 'n bedekking oor hulle hart; maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid."
3. Ons lees in die skrifte dat deur Christus en
deur die bekering, die bedekking of die sluier oor die hart weggeneem word.
Verwys na Rom. 10:4-8 "Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in
jou Hart sê nie:" en vers 8 lees ook "Naby jou is die
woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons
verkondig:"
Ek dink dit is duidelik dat God, die Woord (Christus) in ons is, in jou mond en
in jou hart - die plek, die hart, jou verstand - waar jou denke plaasvind, jou
gedagtes, dit is jou hart en woonplek van God waarvan die skrifte praat. Want
wanneer jou hart skoon en rein is en jy het die doop ondergaan deur die
waterbad, deur die woord, dan sal jy 'n skoon en rein gewete hê.
4. Ek wil vervolgens in hierdie paragraaf net
die volgende teks onder u aandag bring; Jak 3:8 "Maar die tong
Ons lees in Jak. 4:8 "en suiwer die harte, julle dubbel harteges!
1Pet. 1:22 "As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur
die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig
liefhê uit 'n rein hart;"
5 Ons lees ook in die skrifte dat God sal Sy wette op die harte van die
gelowiges skrywe: verwys na Jer. 31:33, die Here spreek en sê "Ek
gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart;"
Eseg. 11:19 "En sal hulle een hart gee, en 'n nuwe gees
in hulle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en
hulle 'n hart van vlees gee," M.a.w een hart is een denkwyse eenheid in
die geloof en eenheid in broederlike liefde.
2Kor.3:2-3 lees "Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en
gelees deur alle mense; omdat julle duidelik 'n brief van Christus is deur ons
diens berei geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God;
nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart."
Ons lees ook in Heb. 8:10 dat die Here sê "Ek sal my wette
in hulle verstand skrywe;"
Ons het in die eerste gedeelte van hierdie paragraaf gesien dat die Here
sê "Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart en
ook sê die Here dat Hy Sy wette in hulle verstand gee en dit op hulle
hart skrywe, m.a.w. die hart en verstand is een en dieselfde plek en dit is ook
die plek waar jy jou moet reinig om 'n skoon gewete te kan hê.
Die skrifte stel dit ook in Heb. 10:16 "Ek sal my wette gee in hulle hart,
en in hulle verstand sal ek dit skrywe", Dit is nou baie duidelik dat dit dieselfde
plek behoort te wees, sonder twyfel.
6. Ons sien dat die skrifte verwys na die besnydenis van die hart, nie letterlik nie maar in gees. Lees Rom. 2:29, Efes. 2:11-12, Fillip. 3:3 en Kol. 2:11.
7. Ons glo met die hart tot geregtigheid, Rom. 10:9-10.
8. Matt 6:20-21 sê vir ons "maar maak vir julle skatte bymekaar
in die hemel, want waar julle skat is daar sal julle hart ook wees."
9. Ons moet God liefhê met ons hele hart: Ek verwys na Deut. 6:5 wat
sê dat ons God moet liefhê met ons hele hart, siel en krag. En
Matt. 22:37 voeg ook by dat ons Hom moet liefhê met ons hele verstand.
Lees ook in Mark. 12:30 en 33.
10. Die wat rein en suiwer van hart is:
10.1 is deur die besprenkeling van bloed gereinig; Heb. 9:14 lees 'hoeveel te
meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees van God sonder
smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te
dien"
Ook in Heb 10:22 "laat ons toetree met 'n waaragtige hart in volle
geloofversekerheid, die harte deur besprenkeling gereinig van 'n slegte gewete
en die liggaam gewas met rein water"
Ek dink dit is duidelik om te sien dat dit hier oor die doop gaan. Nou wil ek u
net graag daarop wys dat die wyse waarmee ons die doop in die natuur toepas nie
eindelik so belangrik is nie, of dit onderdompeling of besprenkeling of watter
metode ook al gebruik word, want al die metodes is net simbolies van aard, want
die doop is nie die afwassing van die natuurlike liggaam nie maar die reiniging
van 'n slegte gewete en gedagtes deur die waterbad - evangelie - deur die woord
of te wel met rein water.
Die reinigingsproses geskied ook deur die besprenkeling met die bloed van Jesus
Christus. So lees ons in 1Pet 1:2. Dus, die afwassing van die sondes is wanneer
ons in Sy bloed gewas is.
10.2 Die wat rein van hart is
10.3 Die wat rein van hart is, is deur God gereinig, Ps 5112 en Eseg. 36:25-27.
10.4 Die wat rein van hart is, is salig en sal God sien, daarvan het ons ook in
Hoofstuk 6 oor gesels. Ek verwys weer na Matt. 5:8, Heb. 12 14, lJoh. 3 2-3 en
Open. 22:4.
10.5 Die wat rein van hart is, is met liefde; Lees 1Tim. 1:5 "Maar die
doel van die gebod is die liefde uit 'n rein hart en 'n goeie gewete en 'n
ongeveinsde geloof."
U
(Terug na Bo )