Hoofstuk 5
Geestelike Dood:
(Terug na Inhoud)
In hierdie hoofstuk gaan ons die "Geestelike dood" beskryf, sodat ons beter verstaan waarom die skrifte vir ons sê dat ons in 'n dood is voordat ons tot bekering kom en dat ons moet ontwaak en verander.
1. Die volgende wys ons wat dit beteken om in die geestelike dood, sonde,
die wêreld te wees en wanneer dit so is:
1. 1 Die geestelike dood is om van God vervreemd te wees, m.a.w.
om God nie te ken nie, werklik te ken nie - om iemand te ken is om saam met hom
te lewe - en dus ook nog nie tot God bekeer is nie.
Efes. 2:19 en 4:18 "mense wat verduister is in die verstand
en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë
die verharding van hulle hart;"
1.2 Die geestelike dood is om 'n slaaf van die duiwel te wees, verwys na 1Tim.
3:7; 2Tim 2:26.
1.3 Die geestelike dood is om die vleeslike dinge te bedink en te doen; in Matt
8:22 en Luk. 9:60 lees ons "laat die dooies hul eie dooies begrawe;"
Ons lees in Joh 1:25 "voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, daar
kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal
hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe". Hieruit kan ons sien dat wanneer
die woord van God (die lewende water) die evangelie tot ons gebring word en ons
verstaan en neem dit aan, m.a.w. wanneer ons wedergebore word en tot God
bekeer, dan sal ons die opstanding (opstaan en ontwaak uit die dood) deelagtig
word en ons sal lewe.
Ons lees in Rom. 6:13 "En moenie julle lede stel tot beskikking van die
sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking
van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle
lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God".
Nou het ons gesien wat dit beteken om in die dood te wees en wat dit beteken om
in die lewe te wees, daarom lees ons in die skrifte dat die mense wat nog
vleeslik is - die wat die geestelike dinge nie verstaan of nie daarvan kennis
dra of bekeer of wedergebore is nie - die bedink vleeslike dinge; daarom wil
God ons waarsku sodat ons tot Hom bekeer en 'n geestelike mens word en
geestelike dinge bedink. In Rom. 8:6 lees ons "Want die wat die
vlees bedink, is dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en
vrede".
In Gal. 5:16 staan geskrywe "Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan
sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie".
Ons lees ook in vers 24 "Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees
met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig".
Efes. 2:1-3 "En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die
misdade en die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van die
wêreld, volgens die owerste van mag van die lug, van die gees
wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër
gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees
en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net
soos ook die ander".
As ons nou Judas vers 10 lees "Maar hierdie mense belaster alles wat hulle
nie ken nie: en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse
verstaan, daardeur gaan hulle te gronde".
Ek dink dat ons nou baie duidelik
1.4 Die geestelike dood is om die sonde dien: dit beteken,
wanneer jy die sonde doen dan is jy 'n dienskneg van die sonde, so lees Joh
8:34.
Lees ook Hand 8:23; Rom.6:16 en veral vanaf vers 20-23; Rom. 7:23-24; 8:2;
lKor. 15:56; Jak. 1:15; 2Pet. 2:19; lJoh. 5:16-17.
Uit al hierdie tekse kan ons sien dat wanneer ons in die sonde (duisternis, die
mag van die duiwel) en die vleeslike begeertes gehoorsaam is, ons dan in die
dood is.
1.5 Die geestelike dood is om losbandig te Wees: Tim 5:6
"Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood".
1.6 Die geestelike dood is om in onkunde en in duisternis te wees:
Hieroor het ons al baie gelees, maar ek wil nog 'n paar tekse aanhaal; Ps.
107:10; Jes. 9:1; Matt. 4:16 "die volk wat in die duisternis sit, het 'n
groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood,
vir hulle het die lig opgegaan".
In Luk. 1:79; Efes. 4:18 "mense wat verduisterd is in die verstand en
vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die
verharding van hulle hart"
1.7 Die geestelike dood is om in dooie werke voort te gaan:
Rom. 7:5-6 "Want toe ons in die vlees was het die sondige hartstogte wat
deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra.
Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit
afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die gees en nie van die
letter nie.
Heb. 9:14 "hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur
die ewige Gees aan God sonder smet ge-offer het, julle gewete
(hart) reinig (maagdelik) van die dooie werke om die lewende
God te dien"
2. Christus het die dood en die duiwel
tot niet gemaak: Rom.8:2; lKor. 15:21, 26 "Die laaste vyand wat
vernietig word, is die dood". en vers 54 "En wanneer hierdie
verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met
onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die
dood is verslind in die oorwinning" en vers 55 "Dood, waar is jou
angel? Doderyk, waar is jou oorwinning?
Lees ook 2Tim. 1:10.
3.
4. Die geestelike dood is ook die
tweede dood, maar ons moet nou nie verward raak deur te sê
"Hoe
As ons weer sou terug keer tot die dood van die sonde en ons natuurlike liggaam
keer intussen terug tot stof, m.a.w. die lewe verlaat hierdie nuttelose ou liggaam,
dan sal dit dalk te laat wees om terug te kan keer na God, want soos die
spreekwoord lui -waar die boom val so sal dit bly lê; Sou ons dalk weer
die kans kry om ons tot God te bekeer sal ons dit nie kan doen sonder om - soos
die skrifte sê - "om Christus weer te Kruisig" nie.
Ek verwys na 'n paar tekse, Open 2: 1 "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat
die Gees aan die gemeente sê, Die wat oorwin, sal deur die tweede dood
geen skade ly nie". M.a.w. as ek 'n geestelike mens geword het en die
natuurlike sterfte tree in, dan sal ek in die geestelike toestand bly en in die
ewige lewe tot ruste kom. So verwys Open. 20:6 en 14 ook daarna "En die
dood en die doderyk is in die poel van die vuur gewerp. Dit is die tweede
dood".
Open. 21:8 "Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en
gruwelikes en moordenaars en towenaars en hoereerders en
afgodedienaars en al die leunnaars - hulle deel is in die poel wat brand met
vuur en swawel: dit is die tweede dood".
5. Vermaning om op te staan uit die dood: Efes. 5:14
"Ontwaak, jy wat slaap en staan op uit die dood en Christus sal oor jou
skyn". In Open. 3:1-3 word ons gewaarsku deur die volgende woorde
"bekeer jou as jy nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos 'n dief,
en jy sal nie weet watter uur Ek op jou afkom nie". Ons lees ook in Open.
2:16 "Bekeer jou anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog
voer met die swaard van my mond".
U