Hoofstuk 20
Skeiding van Waters:
U
Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.
1Kor 2:13-14
13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
14 Maar die natuurlike mens neem die
dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy
Gen 2:1-3
1 ¶ So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag.
Lees veral die 2de vers:
2 En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
3 En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus
het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.
Ons sien dat dit God sewe dae geneem het om Sy werk te voltooi en nie ses dae
soos ons aanvanklik aangeneem het nie. God het eers sy werk op die 7de dag
voltooi voordat Hy gerus het en vers 5 wys dan dat daar nog geen mens was om
die grond, die aarde te bewerk nie maar daarom het Hy in Gen 1:27 die mens na
Sy beeld geskape 'n geestelike mens want Joh 4:24 wys dat God Gees is.
Nou wys Gen 2:6 " Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele
aardbodem bevogtig.
7 En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.
8 ¶ Ook het die HERE God 'n tuin geplant in
Ons sien Joh 4:24 dat God Gees is, m.a.w. God het op die sesde dag die
geestelike mens geskape, wat na Sy beeld en gelykenis is. Hier in Gen 2 vind
ons dus nou meer 'n volledige beskrywing hoe God te werk gegaan het met die
skepping van die geestelike mens wat later die naam Adam ontvang het.
Hierdie mis, wat sou dit beteken? Ja, die aarde is mos die verstand van die
mens, en die mis? Ons ken almal mis, eerstens belemmer dit 'n mens se sig, dit
is ook vogtig en dus 'n vorm van water. Hierdie mis, beteken geestelik dat daar
nou vrae, ander vrae by my opkom oor dinge wat ek nog nie verstaan nie, selfs
dinge waarons reeds gesels het, verwarring bestaan, dit belemmer my
sigbaarheid, verstaanbaarheid is nie so duidelik nie maar daar kom tog
vogtigheid, water wat die aarde benat en die grond my verstand begin inneem. Jy
probeer om nou self ander verborgenhede van die skrifte te verklaar, maar nou
raak jy deurmekaar alhoewel daar dus tog 'n mate van verstaanbaarheid by my, ek
moet net nie verwag om alles gelyktydig te wil verstaan nie, gee dit tyd en
werk dit stadig deur. Daar is ook twyfel nou by jou maar jy kry tog die
geleentheid om hierdie vrae te vra vir opklaring. Die antwoorde wat jy dan kry,
en bedek dus die aardbodem en bevogtig dit, m.a.w. die antwoorde is 'n vorm van
water.
Ons sien dat daar in Gen 1:2 " En die aarde was woes en leeg, en
duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die
waters." staan dat die Gees van God gesweef het oor die waters - waters is
in 'n meervoud vorm, daar was dus geen aarde sigbaar waar Hy tot ruste kon kom
nie. Daarom maak Hy dan eers skeiding tussen die waters. Gen 1:6 ¶ "En God
het gesê: Laat daar 'n uitspansel wees tussen die waters, en laat dit skeiding
maak tussen waters en waters. Vers 7 God het toe die uitspansel gemaak en die
waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel
is. En dit was so. Vers 8 En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was
aand en dit was môre, die tweede dag. Vers 9 ¶ En God het gesê: Laat die waters
onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word.
En dit was so. Vers 10 En God het die droë grond aarde genoem, en die
versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.
Vers 11 En God het gesê: Laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat
saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarin hulle saad is,
op die aarde. En dit was so. Vers 12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies,
plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle
saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was." Kom ons bly
eers net by die waters. God maak skeiding tussen waters en waters, skeiding
tussen watter waters en waters, m.a.w. daar moet dus meer as een soortige
waters wees waarvan die skrifte ons nou vertel. God laat waters bokant die
uitspansel, wat hemel genoem word maar laat ook waters onder die uitspansel,
ook laat Hy hierdie waters onder die uitspansel of hemel, saam trek na een plek
sodat die grond sigbaar word en Hy noem hierdie waters die see en die grond
noem Hy aarde.
As die aarde - grond - dan nou die verstand is, wat is die waters dan nou? Want
hierdie waters het dan eers die verstand bedek, m.a.w. toegemaak en dit kon nie
bewerk word nie. Nou het God skeiding gemaak tussen waters en waters. Wat is
dan die waters wat my verstand bedek het?
Kom ons lees Spr 18:4 "Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n
stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid" Ja hierdie woorde van God is
woorde van waters, van evangelie soos strome wat in Joh 7:38 verwys word
"Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy
binneste vloei.", hierdie lewende waters, die evangelie sal uit jou
binneste vloei, jou beker sal oorloop en jy sal nooit weer dors word nie, sê
Joh 4: 14 " maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in
ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word
'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe." Ja, van hierdie
evangeliese water wat ek ontvang, die verstaanbaarheid, sal bly en ek sal nooit
weer dors kry daarna nie, want ek verstaan dit dan. Lees Luk 8 oor die
gelykenis van die saaier.
Die bewys is dat die water, woorde is van die evangelie van God. Die evangelie
het dus my verstand ontvanklik gemaak soos ons alreeds gesien het by die
gelykenis van die saaier.
Die waters bokant die uitspansel is die evangelie waters en die onder die
uitspansel die waters, die see van tale tonge en geslagte, waarvan ons weer oor
sal gesels. Ons
Kom ons beweeg nou na die Koninkryk (Hemel) wat in hierdie reeks van
artikels is of u