Koninkryk van God:



Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.



1Kor 2:13-14

13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.



Soos ons sien. Moet ons nie hierdie koninkryk as 'n natuurlike plek loop soek nie, God is Gees en wil ook in Gees en waarheid gedien word. God wat geestelik is, sal dan nie op 'n natuurlike plek of toestand gevind word nie. Dit is dan ook so dat ons hierdie koninkryk moet gaan soek. Dit help nie dat ons sit en wag en verwag dat die koninkryk op 'n natuurlike wolk gaan kom nie, die koninkryk van God kom nie met sigbare teken nie. Verder is dit ook so dat ons hierdie koninkryk vandag moet vind, want om dit te vind sal ons God ook vind, dan sal ons ook Sy Seun, Christus vind. M.a.w. om die koninkryk te soek, is om Christus te soek. Verwag ons dan dat Hy op 'n natuurlike wolk moet kom?



Wat is hierdie koninkryk en waaruit bestaan dit?

Atw:

Waar en hoe gaan ons dit soek en vind?

Ant:

Mat 6:33 sê: " Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word." so, dit sê baie duidelik dat ons dit nou moet soek en sal God dan so onredelik wees om van ons te verwag om iets te gaan soek wat ons nie kan vind nie?, sal God dan iets buite ons vermoë plaas, bokant die son, maan en sterre waar ons dit nie kan bereik nie?

Nee, sekerlik nie. Hierdie koninkryk moet die plek wees waar God regeer, want 'n koninkryk is waar 'n koning regeer. Maar ons weet ook dat die hemel die plek is waar God moet wees. M.a.w. ons moet die hemel ook soek. Hierdie hemel bestaan uit hemele, oor die algemeen aanvaar almal dat daar sewe hemele is, m.a.w. hemel is die versamelings naam van hemele. Soos Joh 14:2 duidelik uitbeeld," In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei."



God gee aan ons 'n opdrag om die koninkryk te soek en daarna sal al Sy verborgenhede aan ons geopenbaar, bekend gemaak word.

Maar wanneer moet ek dit dan doen? Die dag wanneer ek dood is? Nee!, vandag, want God sal nie so 'n oregverdige opdrag aan ons gee wat nie uitvoerbaar is nie.



Ons kan dan vinnig spring na 1Kor 3:9 wat klaar vir ons sê dat die akker, die gebou van God, die mens is, " Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle." Maar om dit te verstaan, om dit te sien - ek verwys na die koninkryk - is daar sekere vereistes wat nagkom moet word, anders kan jy dit maar vergeet. Een daarvan is soos Mat 3:2 sê; " Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom", sekerlik die eerste stap want dit moet die begeerte wees en die besluit moet finaal wees en dan moet dit ook so gebeur.



Ons lees ook in Mark 9:1 dat jesus aan Sy dissipels, Sy volgelinge, sê; "daar is sommige van die wat hier staan wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die koninkryk van God met krag sien kom het nie. Hierdie mense met wie Hy dan gesels het, is reeds jare dood, m.a.w. hierdie koninkryk van God moes dan in hulle leeftyd reeds gekom het.



Verder lees ons in Luk 17:20-21 toe Jesus deur die Fariseërs gevra is wanneer hierdie koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê; " die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie, want die kininkryk van God is binne-in julle."



So moet ek dan hierdie koninkryk binne in myself gaan soek en daar sal dit sigbaar wees, maar om dit te verstaan en te sien moet ons wedergebore word soos Joh 3:3-5 gesê word, "vers 3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. Vers 4 Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan 'n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie 'n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? Vers 5 Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Vers 6 Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees." Ja, hieruit kan ons sien dat ons dan ook nie net wedergebore moet wees nie maar gebore moet word uit water water en Gees. Dus as iemand vir u vertel dat hy wedergebore is, moet hy tog sekerlik dan die koninkryk vir u kan wys, maar dit alleen is nie genoeg nie, dit help nie dat ons dit kan sien en nie kan ingaan nie want anders is hy nie wedergebore uit water en Gees nie. God is Gees, daarom moet ons dan ook uit gees gebore wees om gees te kan wees, want die koninkryk is geestelik en ek moet dan ook geestelik wees om dit te kan ingaan.



Ja, daar is nog ander vereistes ook waaraan ons moet voldoen, voordat ons wedergebore sal wees, en daarvan lees ons in Mark 10:14-15 "Vers 14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Vers 15 Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie." Hier word vir ons gesê, dat die koninkryk van God aan kindertjies behoort, en dat hulle alleen dit sal ontvang. Wat dan nou van die groot mense? Het hulle dan nou geen kans om toegang tot die koninkryk te kry nie? Maar ons het reeds gesien hierbo dat dit noodsaaklik is om wedergebore te word uit water en Gees, en dit is hierdeur dat die grootmens nou die geleentheid kry om toegang tot die koninkryk. Dit is waar Joh 3: 6 dan ook vir ons gesê het dat wat uit vlees gebore word, is vlees en wat uit Gees gebore word is gees. So is ons dan reeds die vleeslike geboorte deelagtig maar nou moet ons die geestelike geboorte deurgaan en daarin opgroei sodat ons dan die koninkryk kan beerwe.



Hoe is dit moontlik, want dit is belangrik dat ek dit nou moet kan binne gaan sodat ek by God kan wees want ek wil sekerlik seëninge van God verkry en Ef 1: 3 sê: " Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,", let wel geseën in die hemele in Christus. Nie eendag wanneer ek dood is nie, nee dit gebeur nou. Die skrifte sê reeds daar is Ex 19:6 "En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel." en Mat 6:20 sê dat ons skatte in die hemel moet bymekaar maak. Ja, hier gee God weer 'n opdrag aan my as sielemens uit te voer, daarom moet ek die koninkryk van God vandag vind sodat ek hierdie taak kan uitvoer, daarom moet dit moontlik wees om nou, vandag die koninkryk te kan vind.



Hierdie koninkryk moet dan sigbaar wees want ons lees ook die volgende in 2Kor 12:2-4 " vers 2 2 Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede--of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit--dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel. Vers 3 En ek weet van so 'n man--of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit-- vers 4 dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat 'n mens nie mag uitspreek nie." Sou dit moontlik gewees het om dit te sê as dit nie moontlik was om die koninkryk te sien nie?



Graag wil ek ook die volgende teks onder u aandag bring sodat ons nie sal glo dat die Tuin van Eden wat ook verwys word as die paradys, tydens die sonvloed vergaan het nie want dan maak die volgende sin: "Op 2:7 Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is." Gen 2:9 " En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad." Op 22:2 en 14 "vers 2 In die middel van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van die lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee, en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. En vers 14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad."



En so verwys die nuwe vertalende Bybel ook Op 1:6 " uit liefde vir ons het Hy ons deur Sy bloed van ons sondes verlos en ons Sy koninkryk gemaak"



Gaan lees nou ook die volgende tekse; 1Kor 2:13-14 weereens soos heel in die begin vir u gegee is en ook Mark 4:11-12 dan gesels ons daaroor.



Indien u hierdie tekse deur gelees het kan u met die volgende gedeeltes begin.



Ek herhaal weereens die tekse her ter verduideliking.



1Kor 2:13-14

13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.



Mark 4:11-12

"Vers 11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, vers 12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie" dit staan ook geskrywe in Luk 8.



Hieruit kan ons sien waarom die verborgenhede van die koninkryk nie aan ons in die begin duidelik of sigbaar was nie, omdat ons buite die koninkryk was en daar gesoek het, ons het die geestelike dinge in die natuur of op 'n natuurlike wyse gesoek.



Ons kan nou oor gaan na die doop, die sakrament vir die grootmense en kinders. Want wanneer ons hier gaan gesels oor die doop van Johannes en die doop van die Heilige Gees, sal u 'n beter begrip kry oor die wedergeboorte.



U kan nou oorbeweeg na die doop indien u op die blou gedeelte in hierdie sin gaan kliek.



Gaan terug na Inhoudsopgawe deur op die blou gedeelte te kliek.



(Terug na Bo)