Hoofstuk 19
Skepping van lig:
U
( Terug na Inhoud )
Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.
1Kor 2:13-14
13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.
14 Maar die natuurlike mens neem die
dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy
Gen 1:3 " En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig. Vers 4 Toe
sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die
duisternis; vers 5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag
genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag."
Ons sien dat God skep hier lig en dat Hy skeiding maak tussen lig en duisternis
maar gaan lees vers 14 " En God het gesê: Laat daar ligte wees aan die
uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en
laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye, asook vir dae sowel as jare.
Vers 15 Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te
gee op die aarde. En dit was so. Vers 16 God het toe die twee groot ligte
gemaak: die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor
die nag; ook die sterre."
Hoe dan nou so? God het dan klaar lig gemaak en nou eers maak hy die son maan
en sterre. Dit bewys vir ons dat die lig wat God op die eerste dag gemaak het,
nie dieselfde lig was wat ons van die son maan en sterre ontvang nie.
Kom ons kyk wat is die verskil en wat is die verklaring in die bybel daarvoor.
Gaan na Ef 1:18 " verligte oë van julle verstand, - het ons verstand dan
oë? - sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van
die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;" Ons het by die
skepping van die aarde gesien dat daar verwys is na die aarde wat verlig is in
Eseg 43:2 en toe het ons verduidelik dat die verligting beteken, verhelder. En
nou sien ons dat ons verstand ook nou weereens verlig word. Dit beteken dat ons
iets verstaan of dat iets by ons verstaanbaar word. So sien ons dan ook in Ef
5: 13 " Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar;
want alles wat openbaar word, is lig." m.a.w. openbaar beteken bekend
word, duidelik word, oop gemaak word, verstaan word. So staan dit dan ook
geskrywe in Ps 119:130 "Die opening van u woorde gee lig; dit maak die
eenvoudiges verstandig." Ja, woorde gee lig, dit bring verstaanbaarheid
tot ons deur daaroor te praat m.a.w brood te breek. As iemand iets aan my
verduidelik dan sê ons baie keer, ja, ek sien maar ek sien nie, ek verstaan,
dit meen dat ek lig sien ten opsigte van die betrokke saak. En maak ons dus
daardeur verstandig sodat ons dan die regte pad kan kies en volg, dus lig
beteken dus verstaanbaarheid, soos Spr 4:18 verduidelik "Terwyl die pad
van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word
tot die volle dag toe, vers 19 is die weg van die goddelose soos duisternis:
hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie. Dus is dit sekerlik nie nodig om
die duisternis te verduidelik nie want dit is die teenoorgestelde van lig. Vers
20 ¶ My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, vers 21 laat
hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart." Ja, hierdie
woorde van God bring verstaanbaarheid tot ons sodat ons die aardse natuurlike
mens na 'n hemelse geestelike
Dan kan ons soos die bybel in 1Kor 15:49 sê " En soos ons die beeld van
die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra. Vers 50
Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie
So is dan die lig en duisternis van mekaar geskei waarvan Gen 1:4 ons dan vertel.
Maar as u ook mooi lees sal u sien dat dit eers aand en dan môre is. Waarom sou
dit dan so wees? As u 'n natuurlike gelykenis vat, u beweeg vanuit 'n baie
donker omgewing, u het byvoorbeeld wakker geword, u maak oë oop en dit is pik
donker, sit skielik die lig aan, wat gebeur? U
Kom ons lees ook 2Kor 4:3- 4 "3 Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is
dit bedek in die wat verlore gaan, vers 4 naamlik die ongelowiges in wie die
god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die
evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle
nie sou skyn nie." Hier kan ons ook nou sien dat die evangelie van God
bring lig, en God is lig, verligting, verstaanbaarheid, want hierdie evangelie
is dan ook lig wat op ons skyn en dit skyn die beeld van God, wat ook lig is,
om ons. So kan ons sien dat hierdie Christus en beeld wat op ons skyn die
ewebeeld van God is, 1Joh 1:4-5 " En dit is die verkondiging wat ons van
Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom
nie. Vers 6 As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis
wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie. Vers 7 Maar as ons in die
lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die
bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde"
Ons kan nou ook sien en verstaan dat Joh 1:1 " In die begin was die Woord,
en die Woord was by God, en die Woord was God. Vers 2 Hy was in die begin by
God.” wat die woord, wat God is en ook die evangelie is, wat vir ons die lig,
die verstaanbaarheid bring.
Ons
Laat ons eers by Gen 2: 1-3 lees.
Gaan nou na Skeiding van Waters deur op die blou gedeelte te kliek.
( Terug na Bo )