Hoofstuk 17

Skepping van die Aarde:

U kan ook deur gaan na die Aarde wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

( Terug na Inhoud )

Die volgende teks is baie belangrik omdat ons die Bybel gekry het, nie as 'n geskiedenisboek nie maar as 'n boek wat ons vandag moet gebruik en in ons lewe van toepassing maak, ander dien dit geen doel nie. Hierdie boek is dan ook vir ons 'n padkaart tot saligheid en die ewige lewe, m.a.w. tot God. So moet ons dan ook die volgende teks mooi lees en verstaan en die skrifte ooreenkomstig dit lees en toepas.

1Kor 2:13-14

13 Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk.

14 Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Dit sal darem wonderlik wees indien iemand vir ons die verklaring of opklaring van die verborgenhede van die skrifte kan gee sonder enige verwarring, ek is seker dat enige persoon sekerlik daarvan sal wil weet, nie waar nie?

Die aanduidings is dat die aarde volgens die skrifte, ongeveer so 6000 jaar oud moet wees, maar die natuur leer ons anders. Die wetenskap leer ons dat die aarde miljoene jare oud moet wees want daar is verskeie dinge wat dit aandui, soos die ontstaan van goud, diamante en steenkool. Dit kom tot stand oor baie jare en bewys aan ons dat hierdie aarde van die skrifte, iets anders moet wees en nie dieselfde kan wees nie. Kom ons soek die antwoorde in die bybel.

In Genesis 1:1-2 staan geskrywe dat die hemel en die aarde geskape het en die aarde was woes en leeg. As ons nou mooi sit en dink oor dit wat hier staan sal ons sien dat dit nie sin maak dat hierdie aarde woes - wat deurmekaar beteken - en leeg op dieselfde oomblik kan wees nie. Want iets wat leeg is, kan nie deur mekaar wees nie.

Kom ons kyk na 'n paar ander tekse soos Jer 4:24 en dit vertel ons dieselfde maar in Jes 1:2 gee dit iets anders " Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree", hier sê die skrifte dat die aarde moet luister, want die Here spreek, waarom sal die Here met die aarde wil spreek? En hoe kan die aarde luister, dit moet sekerlik ore hê om te kan hoor?

Nog 'n voorbeeld in Op 12:16 " En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het.", hier hardloop die aarde - moet seker dan bene hê - die vrou te hulp en maak sy mond oop.", kom ons kyk na nog ander voorbeeld soos in Jes 66:8 " Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar.", wat vir ons wys dat Sion, 'n berg wat deel vorm van die aarde, nou as vroulik uitgebeeld word en dat sy kinders baar. Kom ons lees ook verder tot en met vers 12. "Vers 9 Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God. Vers 10 Wees bly saam met Jerusalem en juig oor haar, almal wat haar liefhet! Wees vrolik saam met haar, baie vrolik, almal wat oor haar treurig gewees het! Vers 11 sodat julle kan suig en versadig word aan die bors van haar vertroostinge; sodat julle kan uitdrink en julle verlustig in die oorvloed van haar heerlikheid. Vers 12 Want so sê die HERE: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos 'n rivier en die rykdom van die nasies soos 'n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word." Ja, hier word aan die bors gedrink, op die heup gedra en op die knieë vertroetel. Hierdie dinge of eienskappe wat hier genoem word is eienskappe van 'n mens en nie van die aarde nie, maar hoe sal ons dit dan nou verklaar?

Kom ons gaan kyk na Luk 8 vanaf vers 4 tot 15 waar Jesus die gelykenis van die saaier uitbeeld en dan ook sommer die opklaring daarvan vir ons gee..

"Vers 4 ¶ En toe daar 'n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur 'n gelykenis: vers 5 'n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val 'n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. Vers 6 En 'n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. Vers 7 En 'n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. Vers 8 En 'n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! Vers 9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog? Vers 10 En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie. Vers 11 Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God. Vers 12 Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. Vers 13 En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir 'n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. Vers 14 En wat in die dorings geval het--dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. Vers 15 En wat in die goeie grond val--dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in 'n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra." In hierdie verklarings kan ons sien dat Jesus na die mens verwys wat ontvanklik vir die Woord van God moet wees. Ja, die woord wat 'n geestelike woord is en hierdie grond waarin die saad - die woord - val, moet dan die verstand van die mens wees, die verstand wat dan eers bewerk moet word soos 'n boer sy grond sal bewerk voordat hy begin boer en plant. So, kan ons dus sê dat die grond, wat ook aarde is, is die verstand van die mens.

Hou nou in gedagte oor dit wat ons nou hierbo gelees het en die opklaring daarvan want dit is belangrik sodat ons dan ook verder verstaanbaarheid daaroor sal kry. Kom ons gaan nou na Habakuk 2:14 " Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.", ja hierdie aarde, die verstand, die mens, sal vol word van die kennis van die heerlikheid van die Here, die heerlikheid soos in Esegiël 43:2 " En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het van die oostekant af gekom; en die geruis daarvan was soos die geruis van baie waters, en die aarde het geglans van sy heerlikheid." Die heerlikheid het die aarde laat glans, glans beteken verlig, verhelder. Ja die mens sal verlig, verhelder word deur die heerlikheid van die Here.

Kom ons gaan verder sodat ons die res van die skepping beter kan verstaan en ons gaan na Spr 8: 22 tot 31, wat vir ons vertel dat Christus inwerklikheid van lankal bestaan, ja van voor die grondlegging van die aarde af, want ons lees dat Christus is die Krag en Wysheid van God (1 Korintiërs 1:24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God.) En ons lees verder oor hierdie Wysheid vers 22 " Die HERE het my (Christus) berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af. Vers 23 Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. Vers 24 Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; vers 25 voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore; vers 26 toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. Vers 27 Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; vers 28 toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; vers 29 toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het-- vers 30 toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, vers 31 en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders." hieruit kan ons ook sien dat Christus homself verlustig het met die mensekinders, voor die skepping, m.a.w. voor Adam en Eva, wat dan ook vir ons vertel dat daar dan ander mense moes bestaan het.

Gaan nou na die Skepping van die Mens , om bogenoemde te verklaar, deur sommer op skepping (in blou) te kliek.

( Terug na Bo )