Hoofstuk 12

Opgevaar:

U kan ook deur gaan na die Opvaar wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

 

(Terug na Inhoud)

1. Niemand het opgevaar in die hemel behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is. Joh. 3:13.

2. Christus het opgevaar bokant al die hemele. Efes. 1:20, 4:10, Heb. 4:14, 7:26.

3. Christus is verhoog en het gaan sit aan die regterhand van God. Daar is 'n hele paar tekse waarna ek u kan verwys maar ek noem net twee, Efes. 1:20 en Heb. 1:3.

4. Dat Hy opgevaar het, wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het; verwys na Joh. 3:13; 6:33-53. Hieruit sien ons dat Jesus gesê het dat Hy is die brood van die lewe wat uit die hemel neergedaal het om aan die wêreld die lewe te gee. Maar Jesus vra aan die dissipels in vers 62 "Hoe dan as julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was? Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek is gees en lewe."

Ons lees in Efes. 4:9-10 die skrifte sê dat Christus neergedaal het in die onderste dele van die aarde. Nou wil ek net die vraag vra, watter onderste dele van die aarde? of deel van die natuurlike aarde kan dit wees? Ons lees in 1Pet. 3:19-22 dat Christus in die onregverdiges heengegaan het en gespreek het vir die gevangenis, wat eertyds ongehoorsaam was.

5. Ons lees in die skrifte dat toe Christus opgevaar het in die hoogste, het Hy gawes aan die mense gegee. Lees oor die opvaring in Ps. 63:19, Luk. 24:51.

Die gawes wat Christus gegee het was; Apostels, profete, leraars, kragte, gesondmaking, helpers, regeringe of soos dit ook in Efes. 4:8-12 geskrywe staan "Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenis gevange geneem en gawes aan die mense gegee. Maar dit: Hy het opgevaar wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde? Hy wat neergedaal, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring. En Hy het gegee sommiges as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus," Ek verwys ook na Jak. 1:17.

6. Ons kan uit die volgende tekse sien dat die gelowiges word in Christus saam verhoog en medegeset in die hemel. Efes. 1:3 "Geseënd is die God en Vader van alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,"

Ons lees dat ons geseën is met die geestelike seëninge in die hemele in Christus. Christus wat die liggaam - die gemeente, die kerk - waarvan ons elkeen 'n lid van is, en omdat Christus dan in die hemele is dan kan die hemele nie vêr van ons af wees nie, want Christus is in die hemele en ons is lede aan die liggaam van Christus.

Ons lees ook in Efes. 2:6," toe ons dood was deur die misdade en die sonde, ons lewend gemaak is saam met Christus, en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus."

Efes. 3:10 "Sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word," dus die hemele is nie vêr van ons af nie.

Kol.3:1 sê ook vir ons die volgende "As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit." Soos ons reeds gesê het, ons is lede aan die liggaam van Christus, die gemeente. Christus is aan die regterhand van God en ons moet die dinge daarbo soek, maar na watter dinge moet ons daarbo, waarbo, soek?, Hoe kan ons dan na hierdie dinge soek as die mense dan dink dat die hemele en daarbo, bokant die son, maan en sterre is? Maar nee, ons sal dit nie daar gaan soek nie want ons het gesien dat die skrifte vir ons sê dat die koninkryk van God binne-in ons is. Sy woning is dus in ons. Daarom is die dinge in die eerste plek, die geestelike dinge wat ons moet soek, want God is Gees en Sy woning is 'n geestelike woning. Omdat ons dan lede van die liggaam van Christus is en Christus sit aan die regterhand van God, en God woon in ons, dan kan en is die hemele nie so vêr van ons af nie.

Ons lees in Heb. 11:10 en 16 asook in 12:22-24 van 'n stad wat fondamente het waarvan God die boumeester is, en hierdie stad is 'n hemelse - geestelike stad. Ek haal Heb. 12:22-24 aan; "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewendige God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, by die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, en by Jesus, die middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel." Hierdie het Paulus nie aan mense gesê wat reeds die natuurlike dood gesterf het nie maar dit is aan die Hebreërs deur middel van 'n brief geskrywe. Hy het aan die gemeente hierdie brief gerig en daarop sê hy dan dat hulle het by die berg Sion gekom, die hemelse Jerusalem. As gevolg hiervan kan ons ook nou sê dat hierdie nuwe stad, die hemelse Jerusalem, die berg Sion nie vêr van ons af is nie, want dit is die hemele, die koninkryk, die woning van God.

Verder wil ek u na Open. 14:1 en 17 verwys en ook na Open. 22:3-5.

(Terug na Bo)