Opvaar / Opgevaar / Opvaring
(Terug na Inhoud)
1. God het van Abraham af opgevaar. Gen.17:22
2. God het van Jacob af opgevaar. Gen.35:13
3. Die Engel van God het in die vlam opgevaar. Rig.13:20
4. Niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is Joh.3:13
5. Dawid het nie in die hemel opgevaar nie. Hand.2:34
6. Toe Hy opgevaar het in die hoogte Efese 4:8
7. Hy wat opgevaar het bokant al die hemele. Efese. 4:10
Ou Testament
*Genesis 17:22 En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af opgevaar.
*Genesis 35:13 Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het.
*Rigters 13:20 toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar;
en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.
*2 Konings 2:11 En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens 'n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding
tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.
Nuwe Testament
*Johannes 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun
van die mens wat in die hemel is.
*Johannes 20:17 Jesus sê vir haar: Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na my
broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
*Handelinge 2:34 Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit
aan my regterhand
*Efesiërs 4:8 Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
*Efesiërs 4:9 Maar dít: Hy het opgevaar--wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
*Efesiërs 4:10 Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid
kan bring.
*Openbaring 11:12 En hulle het 'n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na
die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
(Terug na Bo)