Hoofstuk 10

Brood (Geestelike brood):

(Terug na Inhoud)

1. Jesus het gesê dat Hy is die brood van die lewe vir die gelowiges. Lees Joh. 6:32-35 en 47-56.

2. Die skrifte sê in Luk. 14:15 "Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God." Ons moet dus van hierdie brood eet wanneer ons in die koninkryk is, maar waar is die koninkryk dan? en moet ons dan eers eendag nadat ons die natuurlike dood gesterf het, van hierdie brood eet of Avondmaal/Nagmaal gebruik?

Ons sal onthou die skrifte sê vir ons dat die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie want die koninkryk is binne-in ons. Ons sal die brood vind by die gemeente, die kerk of te wel die liggaam van Christus want die brood is die liggaam van Christus en omdat die gemeente of kerk ook die liggaam van Christus is, sal dit die enigste plek wees waar ons dit sal kan doen. Daarom, om die brood te eet in die koninkryk is om deel te hê aan die gemeente of kerk en alle verrigting daarvan. Die skrifte sê ons moet gemeenskap hê met die liggaam van Christus.

3. Ons lees dat die bekeerdes volhard het in die leer/leerstelling van die apostels (die apostoliese leer) en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in gebede. Om te volhard in die leer van die apostels is om te bly en te werk in die apostoliese leer. Ek verwys na Hand. 2:42.

4. Ons kan dus ook volgens die skrifte sê, ek haal aan "Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood."

As ons na hierdie tekse kyk, dan kan ons sien dat wanneer ons die avondmaal/nagmaal gebruik en ons ontvang 'n stukkie brood, wat simbolies beteken dat ek 'n stukkie van die liggaam ontvang of dat ek gemeenskap het met die liggaam, beteken dit ook dat ek iemand wat ook 'n lid of deel is aan die liggaam, in my hand ontvang en wat ek moet eet want daardeur het ek gemeenskap met die deeltjie en met die liggaam. Die deeltjie van die liggaam wat ek ontvang kan enige deel wees en kan dus enige iemand wees, die eenvoudigste of armste of die een wat ek niks van hou nie, daarom moet ek die liefde van God aan almal gee en geen uitsonderings maak nie. Ek kan nie kies watter deel van die brood ek gaan eet of watter deel nie. Ons is dus in die liggaam van Christus - die kerk - almal gelyk, en beteken presies dieselfde in die oë van die Here.

U kan ook deur gaan na die Brood wat vir u meer tekse daaroor gee wat aansluiting vind by hierdie onderwerp, deur net op die woord in blou te kliek.

(Terug na Bo)