Groei om te lewe (Ef 4:1-16)

(Terug na Inhoud)

(Terug na Hooftuisblad)

Ons het volgens Ef 4:13-16, gawes van Christus ontvang ter opbouing van Sy liggaam - die kerk - Vers 15 "maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus" en Vers 16 "uit wie die hele liggaam goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde", tot 'n volwasse man, die mate van die volle grootte van Christus, totdat almal gekom het tot die eenheid van geloof en van die kennis van die Seun van God, deur Hom werklik te ken want dan alleen kan ek van Hom getuig. Maar eerstens moet ek by myself begin, want ek maak deel uit van hierdie liggaam.

(Gaan na Christus )

Op die pad van geestelike volwassenheid of rypheid, word ons al hoe meer bewus van die teenwoordigheid en krag van Christus in ons lewe. Hierdie bewustheid skep 'n begeerte om Hom beter te leer ken, om ons denke te voed met verrykende gedagtes uit die profesies, drome, visioene en die skrifte. Dit lei dan ook tot gehoorsaamheid aan die wil van God, om sy wil te doen, daarin te lewe en om die een wat oor of voor my gestel is, te aanvaar om my te lei en leer. Soos jy toeneem aan die geestelike volwassenheid, kom die beeld van Christus al meer in jou te voorskyn en jou geloof blom tot verryking van die liggaam asook die wêreld waarin ons geplaas is.

Elke bekeerde wat wedergebore is en in die wil van God lewe, moet die begeerte hê om vooruit te gaan in sy geestelike lewe, m.a.w. teen hierdie berg van God uit, die berg Sion na hoër heiligheid - in die kerk - (Ps15, Ps24 en Ps 133). Hierdie groei is belangrik want sonder groei is daar stagnasie en dood volgens Vers 14 - "sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;"

Die uitdaging is daar want ons moet groei na die gelykvormigheid aan Christus, die Seun van God waarna ons geskape is deur middel van die wedergeboorte en dit gebeur deur die inwonende Gees, die Heilige Gees waarvan ons ook ontvang het sodat ons ook vaardig in die gees kan wees sodat die Gees oor ons kan vaardig word en dit is ons plig dat ons Sy krag en Gees in ons lewens deur middel van ons handelinge en wandelinge, ons werke en dade tot openbaring te laat kom. Ons moet die weerkaatsing wees van hierdie son, die son van geregtigheid (Mal 4:2), die lig, want God is die lig en Mat 5:12-13 sê dat ons dan die lig van die wêreld is, ons het van sy Gees ontvang, van Sy lig en daarom is ons die weerkaatser van hierdie lig, soos die maan en sterre die son se weerkaatsers is, want daarom kry ons ook dat Maria gesê het (Luk 1)"my siel maak die Here groot", m.a.w. haar siel is die weerkaatser van die Here - die lig - en net so ook ons. Daarom moet ons die Here uitstraal, sy heerlikheid, sy geregtigheid en liefde deur ons liefdevolle dade en gesindheid. Hoe meer jy sy Gees toelaat om deur jou te werk, hoe meer sal jy bewus wees van sy teenwoordigheid en al hoe meer groei wat daar vind.

Die Christen, se lewe mag nooit deur stilstand gekenmerk word nie, want dit lei tot agteruitgang. Ons behoort Christus altyd beter te leer ken deur te bly in die breking van die brood en in die doop.

Ons moet toeneem in die kennis en genade van Christus deur die Heilige Gees wat aan ons geskenk is om ons in die waarheid te lei. Daardeur word jou kennis en ervaring verdiep deur jou toewyding en begin sy beeld al meer in jou lewe tot openbaring kom.

Hierdie veranderinge in jou lewe is ervaringe wat deel uit maak van die nuwe lewe wat voortdurend verryk moet word. As God en Christus nou die sentrale punt in jou lewe geword het, sal jy al hoe meer een word met Hom. Jou begeerte om Hom beter te ken en lief te hê groei daagliks. Jou gevoel van eerbied teenoor God, jou hunkering na Hom en jou sinvolle gemeenskap met Hom, is tekens dat jy groei na geestelike volwassenheid. Hierdie groei hou positiewe gevolge in vir jou, Jy sal die leerstelling van Christus in jou lewe toepas en sy leiding in alles soek. Hiervoor gee hy jou, herders en leraar, profete, visioene, drome die skrifte en die gemeenskap met sy liggaam wat die gemeente is, jou broers en susters. Om Christus te kies, is om die ewige lewe te kies en uit te leef.

Jy as wedergeborene, is afhanklik van vars fontein water. Hierdie fontein is Christus wat vir ons die fontein van lewende water is. Hy maak 'n einde aan die dors.

Om dit te kan doen moet ons weet waar ons onsself bevind want dan alleen sal ons kan weet waarheen ons oppad is.

Groei is die enigste sigbare bewys van lewe - John Henry Newman.

Uittreksels uit die boek van Solly Ozrovech "Op vlerke van geloof"

(Terug na Bo)