Water (Opklaring)

 

(Terug na Inhoudsopgawe)

 

Dit is nodig dat ons eers weer na die volgende teks sal kyk sodat ons 'n beter begrip sal hê, waarmee ons besig is.

 

1Kor 2:13 en 14

"13  Daarvan spreek ons ook, nie met woorde wat die menslike wysheid leer nie, maar met dié wat die Heilige Gees leer, sodat ons geestelike dinge met geestelike vergelyk. Vers 14  Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word."

 Gen 2:6"Maar 'n mis het opgetrek uit die aarde en die hele aardbodem bevogtig."

 Hierdie mis waarna verwys word is ook 'n vorm van water en mis veroorsaak ook dat 'n mens se sigbaarheid daardeur verswak of belemmer word.

 Jes 45:8"Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape".

 Hier kan ons sien dat die wolke vloei van geregtigheid. Beslis nie natuurlike nie en moet dus geestelik wees, geestelike wolke wat geestelik vloei van geregtigheid.

 Die ander vorm van water soos Spr 18:4 vir ons gee; "Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid." Hierdie woorde wat deur 'n man, 'n man deur God gestuur, die Johannes, die profeet, die evangelis, die engel en die apostel, spreek woorde, evangelise woorde, die woorde van God. Hy is gevul met die Gees van God, sy denke is gevul met die Gees van God, sodat hy oorloop van die Gees en daarom verwys Joh 7:38 "Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei" en so ook in Joh 4:14 "maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe"

 Dus, is hierdie water, woorde en die woorde is die evangelie van Christus en dit het my verstand dus ontvanklik gemaak soos Luk 8 vir ons wil demostreer deur middel van die saad wat ook as die word gegee word, wat dan in my geplant word, wat hierdie insig, naamlik die lig of verstaanbaarheid in my bewerkstellig sodat ek die verborgenhede van God kan insien en verstaan.

 Es 47:1-12 bring juis vir ons hierdie geestelike verwysings oor die water, die heilige waters wat vloei. Vers 1 Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar. Hierdie huis was aan die ooste gelee waar die son opkom, die verwysings na God wat die Son, die Lig is en Vers 2  En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit. Vers 3  Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan--waters tot aan die enkels. Ja, hierdie spreker  en gestuurde van God neem my bietjie vir bietjie dieper die water, die evangelie in hy gee dit nie alles met eenslag sodat ek kan verdrink nie. Vers 4  Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan--waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan--waters tot aan die heupe. Vers 5 Verder het hy nog duisend gemeet--'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys--waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie. Vers 8  En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. Ja, hierdie see verteenwoordig juis hierdie wêreld van see tale, tonge, nasies en geslagte waarvan hierdie gedeelte van die see wel vatbaar is vir die word, die evangelie. Vers 9 En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en dié waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom. Vers 12 En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan--uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees."

 Joël 3:18"En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar 'n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei".

 Ps 133:3"Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid!" Hierdie dou is die suiwerste water vorm wat jy kry maar ook kry ons hierdie evangelie soos dou druppeltjies, bietjie vir bietjie op 'n slag sodat ons dit maklik kan inneem en verstaan, dit daal op ons neer op die Sions berge, alleen daar by God want dit is daar waar God Sy seën gebied, die lewe tot in ewigheid.

 Deut 32:2"Laat my leer drup soos die reën, my woord vloei soos die dou, soos reëndruppels op die grasspruitjies en soos reënbuie op die plante." Ja, ons ontvang die evangelise water sterker en sterker soos ons opgroei en sterker word in krag.

 Ps 46:5 "Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste." Hierdie klompie evangelie vloei naderhand sterker en sterker uit my binneste en dit maak die Godstad, Jerusalem, bly want God woon daar-in.

 

(Terug na Bo)