Vuur

(Terug na Inhoud)

Nota: Hierdie verklarings en aanhalings is gemaak uit die ou vertalende Bybel.

A Wat is hierdie vuur?, is dit die vuur van die duiwel / Satan of is dit God se vuur?:

Ons sien in dat God vuur saam met die hael gestuur het om Egipteland, die mens te straf, m.a.w. God se vuur, Ex 9:23-24 “vers 23  En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën. Vers 24  En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan ‘n volk behoort het nie.” Hierdie onophoudelike vuur binne-in die hael, klink heel onmoontlik maar wanneer ons die geestelike verklaring daarvoor kry sal ons sien dat hierdie hael, ‘n harde vorm van water is, iets wat na die natuur nogal kan seermaak indien dit jou tref, dit kan verniel en vernietig. Water in sy geestelike vorm is die evangelie, “die Woord van God”. Ja, saam met hierdie harde vorm van water, harde evangelie wat seermaak, wat die mens diep binne in jou gemoed tref, het God Sy vuur gegee, vuur wat onophoudelik knaag en brand tot in jou diepste binneste, wat vernietig wat voorkom alle ongeloof, jou eie wil en begeertes, alles wat teen die wil van God is wat in jou gevestig is, word deur hierdie vuur wat onophoudelik brand, verteer, alles wat verganklik is. Hierdie vurigheid wat aangedryf word deur die evangelie (Joh 17:17) wat hard op my neerkom, die waarheid wat ook die Heilige Gees (Joh 14:17, Joh 15:26 en Joh 16:7) is.

Ons lees ook in Ex 24:17 “En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg.” Dat God sy verkyning maak as ‘n verterende vuur, want die skrifte sê ook dat God is die Woord, m.a.w. Hy is hierdie verterende vuur want so verwys Deut 4:24 “Want die HERE jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God.” Ons kan dieselfde openbaring van God in Num 9:15 lees waar God in ‘n gedaante van vuur oordek het. En dat Hy voor die volk die Een is wat voor hulle oortrek soos ‘n verterende vuur (Deut 9;3), wat ons hieruit sien dat God ons die pad vooruitloop wanneer ons onself vir hom diensbaar stel deur ander siele vir Hom te win op die veld van getuienis. Dat ons nie moet vrees nie maar dat God die verbrandingswerk sal doen van al die onsuiwerhede wat daar by hierdie siel mag wees.

Ons sien dat hierdie Vuur, wat God is, se woede, se toorn so diep brand tot in die doderyk, die plek waar ek myself bevind vanwee die ongeregtigheid en sonde in my (Deut 32:22).

‘n Ander vorm van hierdie vuur van God, die Goddelikheid wat in my gevestig is en die uitleef daarvan wat vurig in my aangesteek is, dit laat my die dinge van God met gevoel en angstigheid uitleef. Ek moet net oppas dat ek nie ophou groei daarin nie want dan sal ek stagneer en stadig dood gaan, ek sal terug verval in my ou weë van die dood, ek sal terugkeer na hierdie dood en dan sal dit wees soos Job 18:5 vir ons sê; “vers 5 ¶ Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. Vers 6  Die lig in sy tent word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.” Ek moet altyd aktief bly, in hierdie vurigheid bly sodat die vuur in my kan voort brand, Hierdie vuur van God moet voortbrand wat dit moet my suiwer hou soos vuur wat goud louter. Dit is baie belangrik dat die vuur van God aanhou brand, die onsuiwerhede uithou want ander raak ek dalk soos Spr 26:20 vir ons sê “vers 20 ¶ Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis. Vers 21  Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is ‘n twisgierige man om ‘n twis aan te hits. Vers 22  Die woorde van ‘n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.” Dat ek suiwer sal wees van hierdie handelinge anders sal ek myself bevind in daardie dood en dan sal Jes 66:15-16 in my lewe gebeur, “ vers 15 ¶ Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos ‘n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging. Vers 16  Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.” Ook sal ek myself in hierdie vuur van God bevind wat onophoudelik brand, Jes 66:24 “En hulle sal uitgaan en die lyke sien van die mense wat teen My opgestaan het; want hulle wurm sal nie sterwe en hulle vuur sal nie uitgeblus word nie, en hulle sal afgryslik wees vir alle vlees.” Ja, dan sal dit te laat wees want hierdie vuur sal aanhoudent brand sonder dat dit uitgeblus raak want dan sal my gewete, my gemoed aan my knaag soos hierdie wurm wat figuurlik voorstel, die knaende wurm van die gewete, dit sal ‘n helse toestand in my skep waarin ek vasgevang sal bly.

Ek en u wat dan hierdie Woord van God verkondig, is dan ook die instrument deur wie God werk en dan hierdie siel sal aanraak met Sy vuur sodat hy uit daardie toestand van hel, sonde en ongeregtigheid, die geestelike dood, kan opstaan. En God sal jou vooruit loop en Sy instrument gebruik soos Hy in Jer 5:14 sê, “Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond ‘n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.” Hierin sal ons weet dat God die verbrandingswerk sal doen, want Hy sal jou gebruik as praatstuk en getuigstuk en die woorde wat jy sal spreek sal nie die wysheid van die mens wees nie maar die wysheid van God (1Kor 2:13-14) want dit is nie deur die mens aan jou geleer nie maar deur die Gees van God. Jou woorde wat jy spreek sal God, die verterende vuur wees en Hy sal die sonde, ongeregtigheid en dood waarin daardie siel hom bevind, soos hout wat deur vuur verteer word, maak. Ja, God sal die reinigings werk doen anders sal ek myself in hierdie vuur vir ewig bevind indien ek self daarin verval het, verwys Es 22:21-22 “vers 21  Ja, Ek sal julle versamel en met die vuur van my grimmigheid teen julle blaas, dat julle dáárin gesmelt kan word. Vers 22  Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.”.

Dit is belangrik dat ek altyd eers na myself kyk en sorg sal dra dat ek in die werke van God sal bly sodat ek vurig is en altyd hierdie word van vuur in my sal dra en dat ek nie sal afvallig raak daarvan nie want ek moet bly groei, en nie stagneer nie want stagnasie bring die dood, die afvalligheid. Ek moet groei en vrug dra, soos Mat 3:10-11 sê, “Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Vers 11  Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Hierdie doop met vuur is dan ook hierdie loutering (Op 3:18 “Ek raai jou aan om van My te koop goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere, dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien.”) met die woorde van God wat ons reinig, want die doop, is ‘n reinigings proses. Dit beteken dan ook dat ek vurig in Christus aktief moet wees want as ek nie is nie sal ek vuurmaak hout wees. Joh 15:6 “As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog, en hulle maak dit bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.”

Ons het reeds met die negatiewe ook te doen gekry en hier is nog ‘n voorbeeld daarvan, ek moet my self kan beheer sodat ek in vrede met my broers en susters in Christus kan wees, want die koninkryk van God is vrede, as ek hierdie vrede het is ek dan ook ‘n huisgenoot van God. Ek moet my tong beheer want dit kan vuur veroorsaak, soos Jak 3:6 “Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.” Ek moet dit vir God gebruik en nie vir Satan nie. Ek moet versigtig wees want my handelinge wandeling gaan aan die lig kom soos 1Kor 3:13-15 sê, “vers 13  elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. Vers 14  As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; vers 15  as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.”. Dit bevestig dat ons almal voor God sal verantwoording doen, slag of goed en dat ons dade aan die lig gebring sal word, wat sal deur God beproef word, d.m.v. hierdie vuur. As ek nie in die verbond gebly het, daarin geleef het nie, dat ek terug gekeur het na die dood, wat ook bekend staan as die tweede dood, dan was alles tevergeefs en dan sal ek daar bly saam met Satan want Satan sal met sy volgers in die vuur van God vir ewig gepynig word, verwys Op 20:10 “vers 8  en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. vers 9  En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. Vers 10  En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid. Vers 11 ¶ En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. Vers 12  En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan, en die boeke is geopen; en ‘n ander boek, die boek van die lewe, is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.”

Terwyl ek en u die kans nou by God het om in Sy Seun Christus en deur Hom na God, die Vader te kan kom, want die wat die Seun het het die Vader, die lewe, die ewige lewe.

(Terug na Bo)