Verseël / Verseëlde / Verseëldes / Seël
Ou Testament
Deuteronomium 32:34 Is dit nie by My opgegaar, in my skatkamers verseël nie?
Job 14:17 My oortreding is verseël in 'n bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg.
Job 37:7 Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.
Job 41:15 (41:6) 'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met 'n vaste seël.
Job 33:16 dan open Hy die oor van die mense, en Hy druk die seël op die waarskuwing aan hulle;
Jesaja 8:16 ¶ Bind die getuienis toe, verseël die wet in die hart van my leerlinge.
Jesaja 29:11 So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van 'n verseëlde boek wat hulle gee
aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël.
Nuwe Testament
Johannes 3:33 Wie sy getuienis aangeneem het, het sy seël daarop gesit dat God waaragtig is.
Johannes 6:27 Moenie werk om die spys wat vergaan nie, maar om die spys wat bly tot in die ewige lewe, wat die Seun van
die mens julle sal gee; want Hom het God, die Vader, verseël.
Romeine 4:11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie
besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid
toegereken sou word;
1 Korintiërs 9:2 As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in
die Here.
2 Korintiërs 1:22 wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het.
2 Timoteus 2:19 ¶ Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat
elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.
Efesiërs 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
Efesiërs 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Openbaring 5:1 ¶ En ek het in die regterhand van Hom wat op die troon sit, 'n boek gesien, van binne en van buite beskrywe en met sewe seëls goed verseël.
Openbaring 6:3 ¶ En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
Openbaring 6:5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd; en hy wat daarop sit, het 'n skaal in sy hand.
Openbaring 6:7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
Openbaring 6:9 ¶ En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
Openbaring 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
Openbaring 7:2 En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig
Openbaring 7:3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.
Openbaring 7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die kinders van Israel
Openbaring 7:5 uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalf duisend verseëldes;
Openbaring 7:6 uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf duisend verseëldes;
Openbaring 7:7 uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Issaskar twaalf duisend verseëldes;
Openbaring 7:8 uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalf duisend verseëldes.
Openbaring 8:1 ¶ En toe Hy die sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent 'n halfuur lank.
Openbaring 9:4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
Openbaring 20:3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie. Daarna moet hy dan 'n kort tydjie ontbind word.
Openbaring 22:10 En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby.