Sout

(Terug na Inhoud)

Nota: Hierdie verklarings en aanhalings is gemaak uit die ou vertalende Bybel.

Wat is hierdie sout?

Ons lees ook in Ex 24:17 “En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos ‘n verterende vuur op die top van die berg.” Dat God sy verskyning maak as ‘n verterende vuur, want die skrifte sê ook dat God is die Woord, m.a.w. Hy is hierdie verterende vuur want so verwys Deut 4:24 “Want die HERE jou God is ‘n verterende vuur, ‘n jaloerse God.” Ons kan dieselfde openbaring van God in Num 9:15 lees waar God in ‘n gedaante van vuur oordek het. En dat Hy voor die volk die Een is wat voor hulle oortrek soos ‘n verterende vuur (Deut 9;3), wat ons hieruit sien dat God ons die pad vooruitloop wanneer ons onsself vir hom diensbaar stel deur ander siele vir Hom te win op die veld van getuienis. Dat ons nie moet vrees nie maar dat God die verbrandingswerk sal doen van al die onsuiwerhede wat daar by hierdie siel mag wees.

Ons sien dat God wat hierdie vuur is, lig d.m.v. hierdie vuur, snags tydens die groot trek aan die volk verskaf het. Met ander woorde die vuur was ‘n voorligter, maar hierdie vuur was ook God self. 1Joh 1:5 sê uitdruklik dat God lig is.

Hierdie sessie gaan egter oor die sout. Wat is sout? Sout gee smaak aan voedsel, dit suiwer ook dinge, dit maak kieme dood. Verwys 2Kon 2:21. As hierdie sout egter laf geword het, beteken dit niks en kan maar net weggegooi word. Sout word laf wanneer dit met iets anders gemeng word.

Mat 5:13-16 “vers 13 ¶ Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Vers 14 Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; vers 15  en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Vers 16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” Hieruit kan ons sien dat ons, die sout van die aarde, die natuurlike denkende mens moet wees. Ons moet hierdie woord, die evangelie van Christus, hierdie woord waarvan Joh 1 ons van vertel, aan die mens (die geestelike aarde), die siel wat wedergebore moet word, bring met smaak, hy moet hou van wat hy kry sodat hy nog meer wil hê. Dit moet verstaanbare woorde – evangelie – wees wat aanneemlik is vir hierdie mens. Daarom sê Lev. 2:13 “En jy moet al jou spysoffers met sout berei, en jy mag die sout van die verbond van jou God by jou spysoffer nie laat ontbreek nie; by al jou offers moet jy sout bring.” So, dit wat ons vir ander bring moet op sy vlak vertaal word, sodat hy dit kan verstaan. Die geestelike spys, moet met sout berei wees. So kan ons ook in die volgende teks sien dat ons ook voorberei moet wees om getuienis te kan lewer aangaande hierdie evangelie van Christus, verwys na Kolossense 4:6  “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.”

As hierdie onsmaalike woord, die evangelie wat onverstaanbaar is, wat nog bedek of verborgenhede is, nie met smaak aangebied word nie, sal dit nooit deur hierdie siel ingeneem, verstaan word nie, want hy gaan dit op ‘n natuurlike wyse wil verstaan terwyl ons met ‘n geestelike saak besig is en dit sal vir hom dwaasheid wees.

Egter moet ek hier byvoeg dat hierdie souting ook verband hou met die geestelike doop, die ware doop. Want as ek hierdie sout bring wat laf geword het sal die voedsel beslis nie smaaklik wees nie, maar hoe of waarmee sal ek dit dan sout soos Mat 5:13 vir ons vra?

Ons sien dat God die vuur is, dat die evangelie ook die vuur is, dat ons met hierdie vuur die doop van Christus ondergaan, Daarom sal ons dan ook met hierdie vuur, gesout word, hierdie warm, smaaklike voedsel sodat elke offerande wat ek bring deur dit aan die siel wat wedergebore moet word, bring. Verwys hier na Markus 9:49  “Want elkeen sal met vuur gesout word en elke offerande sal met sout gesout word vers 50  Die sout is goed, maar as die sout souteloos word, waarmee sal julle dit smaaklik maak? Julle moet sout in julle hê en vrede hou met mekaar.”

Hierdie sou is dus, die Heilige Gees wat in my moet wees sodat die Heilige Gees in en deur my kan werk tot hierdie siel wat getuig moet word, deur die vuurlike evangelie wat Eerstens die verbanding in hom moet bewerkstellig sodat hierdie vuur dan ook in sy duisternis waarin hy hom bevind, ook vir hom daar lig sal bring sodat hy die evangelie van Christus kan sien, insien en verstaan sodat hy dan ook die lig van God in en deur hom kan openbaar en dat die Heilige Gees ook in hom ‘n woning kan maak. M.a.w. die Heilige Gees kom vestig die koninkryk van God binne-in hom.

Ons sê dus hiermee dat ons vanaf die begin met die wedergeboorte proses, gesout moet word. AS jy dan klaar gesout is maar dat die woorde of jou dade onsmaaklik begin raak, sal ons soos Mat 3:11 sê, “Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.” Dat ons gedoop sal word met die doop van Christus. Hierdie wedergeboorte is nie ‘n eenmalige aksie nie, nee, dit is ‘n lang proses waardeur ek elke dag van my lewe deurgaan, want ek moet in hierdie doop bly sodat ek gereinig kan bly deur middel van hierdie vuurdoop.

As jy dus gesout bly dan sal jy ook vurig wees en jy sal dan ook ‘n lig vir die wêreld wees, want die wêreld bevind hulle in die duisternis vanweë hul onkundigheid en onverstaanbaarheid.


(Terug na Bo)