Ou Testament
Genesis 15:12 ¶ En toe die son wou ondergaan, val daar 'n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom
oorval.
Genesis 28:11 Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.
Genesis 32:31 En die son het vir hom opgegaan net toe hy Pnuel verby was; en hy was mank aan sy heup.
Genesis 37:9 Daarna het hy nog 'n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom
gehad--die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
Eksodus 16:21 En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg.
Eksodus 22:3 as die son oor hom opgegaan het, ontstaan daardeur bloedskuld. Hy moet ten volle vergoeding gee; as hy niks het nie, moet hy vir sy diefstal verkoop word.
Eksodus 22:26 As jy ooit jou naaste se gewaad as pand neem, moet jy hom dit teruggee voor die son ondergaan;
Levitikus 22:7 Maar as die son onder is, sal hy rein wees; en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
Numeri 25:4 Toe sê die HERE vir Moses: Neem al die hoofde van die volk en hang die oortreders op in die volle son vir
die HERE, sodat die toorngloed van die HERE van Israel afgewend kan word.
Deuteronomium 4:19 dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie--dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.
Deuteronomium 17:3 en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel--wat Ek nie beveel het nie--
Deuteronomium 24:15 Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie--want hy is arm en sy siel verlang daarna--dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie.
Deuteronomium 33:14 en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane
Josua 10:12 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel
oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ajalon!
Josua 10:13 Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyande. Staan dit nie
geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om
onder te gaan nie, omtrent 'n volle dag.
Rigters 5:31 So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.
Rigters 19:9 Maar toe die man klaarmaak om weg te gaan, hy en sy byvrou en sy dienaar, sê sy skoonvader, die vader van
die jong vrou, vir hom: Kyk, die son sak, dit wil aand word; bly julle maar die nag oor: kyk, dit is al laat, bly die nag hier
oor, en laat jou hart vrolik wees; dan kan julle môre vroeg klaarmaak vir julle reis en na jou tente toe gaan.
2 Samuel 12:11 So sê die HERE: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou
naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
2 Konings 3:22 Terwyl hulle die môre vroeg hul gereedmaak en die son oor die water opgaan, sien die Moabiete op 'n afstand die water rooi soos bloed.
2 Konings 23:5 En hy het die afgodspriesters uitgeroei wat deur die konings van Juda aangestel was om op die hoogtes in die stede van Juda en in die omgewing van Jerusalem rook te laat opgaan, en ook die wat vir Baäl, vir die son en die maan en die sterrebeelde en die hele leër van die hemel offerrook laat opgaan het.
2 Konings 23:11 En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot verering van die son, by die ingang
van die huis van die HERE, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy
met vuur verbrand.
Nehemia 7:3 en ek het vir hulle gesê: Die poorte van Jerusalem mag nie oopgemaak word voordat die son warm is nie; en
terwyl hulle nog op wag staan, moet die deure toegesluit word, en julle moet dit dig grendel; en julle moet van die inwoners
van Jerusalem wagte uitsit, elkeen op sy pos en elkeen teenoor sy huis.
Job 8:16 Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
Job 9:7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
Job 30:28 Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.
Psalms 19:4 (19:5) Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin 'n tent gemaak;
Psalms 50:1 ¶ 'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
Psalms 58:8 (58:9) Laat hulle wees soos 'n slak wat wegsmelt so ver as hy loop, soos 'n misgeboorte wat die son nie gesien het nie.
Psalms 72:5 Hulle sal u vrees solank as die son skyn en solank as die maan daar is, van geslag tot geslag.
Psalms 72:17 Mag sy naam vir ewig wees; mag sy naam uitspruit solank as die son daar is! En mag al die nasies in hom geseën word, hom gelukkig prys!
Psalms 74:16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.
Psalms 84:11 (84:12) Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
Psalms 89:36 (89:37) Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.
Psalms 104:19 ¶ Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.
Psalms 104:22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.
Psalms 113:3 Van die opgang van die son tot by sy ondergang moet die Naam van die HERE geloof word!
Psalms 121:6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.
Psalms 136:8 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psalms 148:3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!
Prediker 1:5 En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.
Prediker 1:9 ¶ Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Prediker 1:14 Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind.
Prediker 2:11 Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het, en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het--en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind, en daar was geen voordeel onder die son nie.
Prediker 2:17 ¶ Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en 'n gejaag na wind.
Prediker 2:18 En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan 'n mens wat ná my sal kom.
Prediker 2:19 En wie weet of hy 'n wyse sal wees of 'n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs.
Prediker 2:20 Daarom het ek my begewe om my hart aan wanhoop oor te gee vanweë al die arbeid wat ek met moeite verrig het onder die son.
Prediker 2:22 Want wat het die mens vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?
Prediker 3:16 ¶ Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg--daar was onreg, en die plek van geregtigheid--daar was onreg.
Prediker 4:1 ¶ Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag, maar daar was vir hulle geen trooster nie.
Prediker 4:3 en gelukkig bo hulle altwee hom wat nog nie gewees het en die verkeerde werk wat onder die son plaasvind, nie gesien het nie.
Prediker 4:15 Ek het gesien hoe al die lewendes wat onder die son wandel, aan die kant van die jongman was, van die tweede, wat sy opvolger sou word;
Prediker 5:13 (5:12) Daar is 'n smartlike onheil wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk.
Prediker 5:18 ¶ (5:17) Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel.
Prediker 6:1 ¶ Daar is 'n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom:
Prediker 6:5 ook het dit die son nie gesien of geken nie. Dit het meer rus as hy.
Prediker 7:11 ¶ Wysheid is net so goed as 'n erfdeel en 'n voordeel vir die wat die son sien.
Prediker 8:17 het ek gesien al die werk van God, dat die mens die werk wat gedoen word onder die son, nie kan uitvind nie, omdat die mens hom vermoei om te soek en tog niks uitvind nie; ja, al sou die wyse dink dat hy dit verstaan--hy sal dit nie kan uitvind nie!
Prediker 9:3 Dit is 'n verkeerde ding by alles wat plaasvind onder die son, dat een en dieselfde lot almal tref, en ook die hart van die mensekinders vol boosheid is, en dat dwaasheid in hulle hart is gedurende hulle lewe; en daarna gaan dit na die dooies toe!
Prediker 9:6 Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn, en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.
Prediker 9:9 Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son--al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.
Prediker 9:13 ¶ Ook het ek dit as wysheid gesien onder die son, en dit was groot in my oog:
Prediker 10:5 Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan:
Prediker 11:7 ¶ Verder, soet is die lig, en goed is dit vir die oë om die son te aanskou.
Prediker 12:2 voordat die son en die lig en die maan en die sterre verduister word en die wolke terugkom ná die reën,
Hooglied 1:6 Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.
Hooglied 6:10 Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos
slagordes met vaandels?
Jesaja 13:10 Want die sterre van die hemel en sy Oríons sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie.
Jesaja 24:15 Daarom, eer die HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die HERE, die God van Israel!
Jesaja 24:23 En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.
Jesaja 30:26 En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.
Jesaja 38:8 Kyk, Ek sal die skaduwee op die grade wat dit gedaal het deur die son op die grade van Agas se sonnewyser, laat teruggaan, tien grade agteruit. En die son het tien grade teruggegaan op die grade wat dit gedaal het.
Jesaja 41:25 Ek het uit die Noorde een verwek, en hy het gekom; van die opgang van die son af een wat my Naam sal aanroep; en hy kom oor die owerstes soos oor modder, en soos 'n pottebakker die klei trap.
Jesaja 45:6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;
Jesaja 49:10 Hulle sal geen honger en geen dors hê nie, en die woestyngloed en die son sal hulle nie steek nie; want hulle Ontfermer sal hulle lei en hulle saggies aanbring na die fonteine van water.
Jesaja 59:19 En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos 'n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.
Jesaja 60:19 Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
Jesaja 60:20 Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige
lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
Jeremia 8:2 en hulle sal dit uitsprei voor die son en voor die maan en voor die hele leër van die hemel wat hulle liefgehad en gedien het, en waar hulle agter aan geloop het, en wat hulle gesoek en waarvoor hulle hul neergebuig het; dit sal nie versamel en begrawe word nie, mis sal dit op die aarde wees.
Jeremia 15:9 Sy wat sewe gebaar het, het weggekwyn; sy het magteloos neergesink; haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was; sy staan beskaamd en het rooi van skaamte geword. En hulle oorblyfsel gee Ek aan die swaard oor, voor hulle vyande, spreek die HERE.
Jeremia 31:35 ¶ So sê die HERE wat die son gee tot 'n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot 'n lig in
die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:
Esegiël 8:16 Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
Esegiël 32:7 En as Ek jou uitblus, sal Ek die hemel oordek en sy sterre verdonker; Ek sal die son met wolke oordek, en die
maan sal sy lig nie laat skyn nie.
Joël 2:10 Voor hulle bewe die aarde, sidder die hemel; die son en die maan word swart, en die sterre trek hulle glans in.
Joël 2:31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.
Joël 3:15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
Amos 8:9 En in dié dag, spreek die Here HERE, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister
word terwyl dit nog dag is.
Jona 4:8 En met sonop het God 'n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos
geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
Miga 3:6 Daarom sal dit nag word vir julle, sonder 'n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die
profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.
Nahum 3:17 Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die
heining sit--die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.
Habakuk 3:11 Die son, die maan bly in hulle woonplek by die lig van u pyle wat verbyskiet, by die glans van flikkerende spies.
Maleagi 1:11 Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en 'n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.
Maleagi 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy
vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
Nuwe Testament
Matteus 5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en
goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
Matteus 13:6 maar toe die son opgaan, is dit verskroei, en omdat dit geen wortel gehad het nie, het dit verdroog.
Matteus 13:43 Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.
Matteus 17:2 En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.
Matteus 24:29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee
nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Lukas 4:40 En toe die son ondergaan, het almal hulle siekes, mense met allerhande kwale, na Hom gebring, en Hy het een vir een van hulle die hande opgelê en hulle gesond gemaak.
Lukas 21:25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
Lukas 23:45 en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
Handelinge 2:20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Handelinge 13:11 En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
Handelinge 26:13 het ek, o koning, in die middel van die dag op die pad 'n lig uit die hemel gesien, sterker as die glans van die son, wat my en my reisgenote omstraal het.
Handelinge 27:20 En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en 'n hewige storm ons gedruk het, is
eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.
1 Korintiërs 15:41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid
van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster.
Efesiërs 4:26 Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
Jakobus 1:11 Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante
vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.
Openbaring 1:16 En in sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en 'n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan, en sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.
Openbaring 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
Openbaring 7:2 En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie dit gegee is om die aarde en die see te beskadig
Openbaring 7:16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;
Openbaring 8:12 En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.
Openbaring 9:2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
Openbaring 10:1 ¶ En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, en 'n reënboog was oor sy hoof, en sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur;
Openbaring 12:1 ¶ En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;
Openbaring 16:8 ¶ En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
Openbaring 19:17 En ek het een engel sien staan in die son; en hy het met 'n groot stem uitgeroep en vir al die voëls gesê wat in die middel van die lug vlieg: Kom hierheen en versamel julle tot die maaltyd van die grote God,
Openbaring 21:23 En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het
hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Son van Geregtigheid
Maleagi 4:2 Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels
wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal.
(Terug na Bo)