1. (Siel van die mens:) En die Here God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas, so het dan die mens >n lewende siel geword. Gen.2:7
2. Net die vleis met sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie. Maar wat julle eie bloed betref, dit sal ek eis; van al die diere sal ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis. Gen.9:4-5
3. Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel. Lev.17:11
4. want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word. Lev.17:14
5. (God se siel) En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê.Lev.26:11
6. (God se siel) En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare verdelg en julle lyke op die lyke van julle drekgode gooi; en my siel sal >n afsku van julle hê. Lev.26:30
Verwys ook na tekse 1Sam.2:35; Job.23:13; Ps.11:5; Spr.6:16; Jes.1:14; Jes.42:1; Jerem.5:9; Jerem.5:29; Jerem.6:8; Jerem.9:9; Jerem.12:7; Jerem.15:1; Jerem.32:41; Eseg.23:18; Matt.12:18
7. Jy moet God liefhê met jou hele siel. Deut.6:5; Verwys ook Mark.12:30; Mark.12:33 en Luk.10:27
8. Bly daar net vas by dat jy die bloed nie eet nie, want die bloed is die siel, en jy mag die siel nie saam met die vleis eet nie. Deut.12:23
9. God is die maker van die siel . Jes.57:16
10. Die rus vir die siel. Jer.6:16; Verwys ook Matt.11:29-29; Heb.4:9-11 en Open.6:11
11. Moenie vrees vir die wie die liggaam dood maak nie, maar die siel nie kan dood maak nie, vrees Hom wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. Matt.10:28
12. Jesus sê vir hulle: Matt.14:34;AMy siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak. Ook in Joh.12:27; Hand.2:27 en 31
13. Wat baat dit die mens om die hele wêreld te wen, maar aan sy siel skade ly. Matt.16:26
14. Die seun van die mens het nie gekom om die mense se siele te verderf nie maar te red. Luk.9:5
15. Die woord van die evangelie is in staat om die siel te red. Rom.1:16; Verwys ook 1Kor.5:2 en Jak.1:21
16. (Siel van die mens:) Die eerste mens, Adam het >n lewende siel geword, die laaste Adam >n lewendmakende gees. 1Kor.15:45
17. En ons het dit as 'n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhansel. Waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het. Heb.6:19
18. Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie. Heb.13:17
Verwys ook na die apostels, profete ens.In Hand.20:28; 1Kor.12:28-29 en Ef.4:12-12.
19. En die eindoel van julle geloof die saligheid van julle siele verkry. Verwys ook na 1Pet.5:4 - Kroon ontvang en Heb.10:36 Belofte verkry. 1Pet.1:9
20. Die siel word deur die Gees gereinig tot ongeveinste broederliefde. 1Pet.1:22
21. Die vleeslike begeertes voer >n stryd met die siel 1Pet.2:11
22. Christus is die Opsiener en Herder van die siel. 1Pet.2:25
23. So laat dan ook die wat volgens die wil van God ly, hulle siele aan Hom as die getroue skepper toevertrou met goeie dade. 1Pet.4:19
24. En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is terwille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. Open.6:9
25. En ek het trone gesien en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee: en ek het die siele gesien van die
wat onthoof is oor die getuies van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie en die
merk op hul voorhoof en op hul hand nie ontvang het nie, en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die
duisend jaar lank Open.20:4