Profeet / Profete / Profeteer
(Terug na Inhoud)
1. Die false profete. Mat.7:15; 1Kon.18:43-47; Mat.24:11; Mark.13:22; Luk.6:26; Hand.13:6; 2Pet.2:1; 1Joh.4:1;
Open.16:13; Open.19:20 en Open.20:1
2. Die profete in God se gemeente. Hand.11.27; Ook Hand.13:1; Hand.15:32; Hand.21:10; 1Kor.12:28-29; 1Kor.14:29 en 32; Efese 4:11 en Open.22:9
3. Die profete van die Ou Testament het geprofeteer van die koms van Christus Jesus. Jes.7:14; Ook Jes.9:5: Jes.11:1-2; Jes.32:1-8; Jes.40:10-11; Jes.50:6; Jes.52:13 tot Jes.53:12; Jes.61:1-2; Jes.63:1-6; Jerem.23:5-6; Jerem.33:14; Eseg.34:23; Eseg.37:25; Dan.9:24-27; Josea 11:1; Miga 5:12; Sag.9:9; Sag.11:13; Sag.12:10; Sag.13:7; Mal.3:1; Mal.4:2 en 1Pet.1:10-12
4. Hy wat profeteer, stig die gemeente. 1Kor.14:4
5. Vermaning tot die beywering om te profeteer. 1Kor.12:31; Ook 1Kor.14:1 en 39
6. Die Ou Testamentiese skrifte wat profeties van die verborgenhede wat in die Nuwe Testamentiese tyd, geopenbaar word. Rom.16:25; Ook Efese 3:5; Kol.1:26 en 1Pet.1:10-12.
7. Profesie word gedrewe deur die Heilige Gees. Num.11:25-26; Ook Joël 2:28; Hand.2:17; Hand.19:6; Rom.12:7; 1Kor.12:10 en 2Pet.1:20-21
8. Die profesie is >n genadegawe van God. Joël 2:28-32; Ook Hand.2:17; Hand.19:6; Hand.21:9; Rom.12:7; 1Kor.11:4-5; 1Kor.12:10; 1Kor.13:2 en 8; 1Kor.14:3-6, 22 en 39; 1Thess.5:20; 1Tim.1:18; 1Tim.4:14 en 2Pet.1:20-21.
9. Profesie is die wyse waarop God met die mens praat. Hand.11:28; Hand.21:11; 1Kor.14:3-4; en 23-25; Open.1:1, 4 en 9-10; Open.22:6
10. Die getuienis van Jesus is die Gees van profesie. Open.1:11; Ook Open.11:3 en Open.19:10
11. Die profesieë mag nie verag word nie. 1Thess.5:20
Ou Testament:
*Númeri 11:29 Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die
HERE sy Gees oor hulle mag gee!
*1 Samuel 10:5 Daarna sal jy kom by Gíbea van God waar die wagposte van die Filistyne is; en net soos jy daar die stad inkom, sal jy 'n groep profete ontmoet wat van die hoogte afkom, en voor hulle uit harpe en tamboeryne en fluite en siters, terwyl hulle self profeteer.
*1 Samuel 10:10 Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens 'n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.
*1 Samuel 10:11 En toe elkeen wat hom van gister en eergister af geken het, sien dat hy saam met die profete profeteer, het die mense die een aan die ander gesê: Wat het tog gebeur met die seun van Kis? Is Saul ook onder die profete?
*1 Samuel 10:12 En 'n man daarvandaan het geantwoord en gesê: Wie is tog hulle vader? Daarom het dit 'n spreekwoord geword: Is Saul ook onder die profete?
*1 Samuel 19:20 Daarop stuur Saul boodskappers om Dawid te gaan haal. Maar toe hulle die skare profete sien profeteer, met Samuel as leier aan hulle hoof, het die Gees van God oor die boodskappers van Saul gekom, sodat hulle ook geprofeteer het.
*1 Samuel 19:24 Hy het ook self sy klere uitgetrek en ook voor Samuel geprofeteer en ontbloot neergeval daardie hele dag en die hele nag. Daarom sê hulle: Is Saul ook onder die profete?
*1 Samuel 28:6 En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie--nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.
*1 Samuel 28:15 & En Samuel sê vir Saul: Waarom verontrus jy my deur my te laat opkom? En Saul antwoord: Ek is baie
benoud, want die Filistyne voer teen my oorlog, en God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die
profete en ook nie deur drome nie; daarom het ek u geroep om my bekend te maak wat ek moet doen.
*1 Konings 18:4 Want toe Isébel die profete van die HERE uitgeroei het, het Obádja honderd profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.
*1 Konings 18:13 Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van die HERE gedood het nie: dat ek van die profete van die HERE honderd man, vyftig by vyftig, in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
*1 Konings 18:19 Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet.
*1 Konings 18:20 En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom.
*1 Konings 18:22 Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE, terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is.
*1 Konings 18:25 Verder het Elía aan die profete van Baäl gesê: Kies vir julle een bul uit en maak dit eerste gereed, want julle is die meeste; en roep die naam van julle god aan, maar julle mag geen vuur maak nie.
*1 Konings 18:40 Maar Elía sê vir hulle: Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! En hulle het hul gegryp; en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag.
*1 Konings 19:1 & En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles--hoe hy al die profete met die swaard gedood het.
*1 Konings 19:10 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my lewe om dit weg te neem.
*1 Konings 19:14 En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.
*1 Konings 20:35 Daarna het 'n sekere man uit die profete-seuns deur die woord van die HERE aan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan.
*1 Konings 20:41 Daarop neem hy gou die verband van sy oë af weg en die koning van Israel herken hom, dat hy een van die profete was.
*1 Konings 22:6 Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vier honderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gílead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
*1 Konings 22:10 Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, bekleed met koninklike klere, op 'n dorsvloer by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer,
*1 Konings 22:12 En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
*1 Konings 22:13 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge.
*1 Konings 22:22 En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
*1 Konings 22:23 En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE
het onheil oor u gespreek.
*2 Konings 2:3 Toe gaan die profete-seuns wat in Bet-el was, na Elísa uit en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
*2 Konings 2:5 Daarop kom die profete-seuns wat in Jérigo was, na Elísa toe aan en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
*2 Konings 2:7 En vyftig man van die profete-seuns het geloop en op 'n afstand eenkant gestaan, terwyl hulle twee by die Jordaan staan.
*2 Konings 2:15 En die profete-seuns wat in Jérigo was, het dit op 'n afstand gesien en gesê: Die gees van Elía rus op Elísa! En hulle het hom tegemoetgekom en voor hom na die aarde gebuig
*2 Konings 3:13 Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee.
*2 Konings 4:1 & En 'n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar die HERE gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem.
*2 Konings 4:38 & Weer het Elísa in Gilgal gekom, en daar was hongersnood in die land; en terwyl die profete-seuns voor hom sit, sê hy aan sy dienaar: Sit die groot pot op en maak 'n kooksel klaar vir die profete-seuns.
*2 Konings 5:22 En hy antwoord: Dit gaan goed; my heer stuur my om te sê: Kyk, daar het nou net twee jongmanne, profete-seuns, van die gebergte van Efraim af, na my gekom. Gee aan hulle tog 'n talent silwer en twee stel klere.
*2 Konings 6:1 & En die profete-seuns het vir Elísa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou.
*2 Konings 9:1 & Toe roep die profeet Elísa een van die profete-seuns en sê vir hom: Gord jou heupe en neem hierdie kruik met olie in jou hand en gaan na Ramot in Gílead.
*2 Konings 9:7 En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Isébel kan wreek;
*2 Konings 10:19 Roep dan nou al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het 'n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig.
*2 Konings 17:13 En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
*2 Konings 17:23 totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.
*2 Konings 21:10 & Toe het die HERE deur die diens van sy knegte, die profete, gespreek en gesê:
*2 Konings 23:2 En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
*2 Konings 24:2 Toe stuur die HERE die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die
bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon--Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die
woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.
*1 Kronieke 16:22 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
*2 Kronieke 18:5 Toe laat die koning van Israel die profete, vier honderd man, bymekaarkom en sê vir hulle: Sal ons teen Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ek dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en God sal dit in die hand van die koning gee.
*2 Kronieke 18:9 Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, beklee met koninklike klere, en hulle op 'n dorsvloer sit by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer,
*2 Kronieke 18:11 En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
*2 Kronieke 18:12 Toe sê die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord nou tog wees soos die van een van hulle, en spreek goeie dinge.
*2 Kronieke 18:21 En hy sê: Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.
*2 Kronieke 18:22 En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.
*2 Kronieke 20:20 & Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.
*2 Kronieke 24:19 En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na die HERE terug te bring; en dié het hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie.
*2 Kronieke 29:25 En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete.
*2 Kronieke 36:16 Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat
die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.
*Esra 5:1 & Maar Hággai, die profeet, en Sagaría, die seun van Iddo, die profete, het vir die Jode wat in Juda en Jerusalem was, geprofeteer in die Naam van die God van Israel wat oor hulle was.
*Esra 5:2 Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua, die seun van Jósadak, klaargemaak, en hulle het begin om die huis van God wat in Jerusalem was, te bou, en saam met hulle was die profete van God wat hulle ondersteun het.
*Esra 9:11 wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is 'n
onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die
ander vervul het in hulle onreinheid.
*Nehemia 6:7 Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam beraadslaag!
*Nehemia 6:14 Dink, my God, aan Tobía en aan Sanbállat volgens hierdie werke van hom, en ook aan Noádja, die profetes, en die ander profete wat my wou bang maak.
*Nehemia 9:26 Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen.
*Nehemia 9:30 En U was baie jare lankmoedig oor hulle, en U het hulle gewaarsku deur u Gees, deur middel van u profete; maar hulle het geen gehoor gegee nie. Daarom het U hulle oorgegee in die hand van die volke van die lande.
*Nehemia 9:32 Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al
die moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en
ons vaders en u hele volk oorgekom het van die dae van die konings van Assur af tot vandag toe.
*Psalms 105:15 Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
*Jesaja 29:10 Want die HERE het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë--die profete--toegesluit en julle hoofde--die sieners--toegebind.
*Jesaja 30:10 wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir
ons, profeteer bedrieëry;
*Jeremia 2:8 Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.
*Jeremia 2:26 Soos 'n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,
*Jeremia 2:30 Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos 'n verskeurende leeu.
*Jeremia 4:9 En op dié dag, spreek die HERE, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.
*Jeremia 5:13 en die profete sal wind word; ja, die Woord is nie by hulle nie; mag dit so met húlle gaan!
*Jeremia 5:31 die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?
*Jeremia 7:25 Van die dag af dat julle vaders uit Egipteland uitgetrek het tot vandag toe het Ek na julle al my knegte, die profete, gestuur, daagliks, vroeg en laat;
*Jeremia 8:1 & In dié tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,
*Jeremia 13:13 Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.
*Jeremia 14:13 Toe sê ek: Ag, Here HERE, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle 'n duursame vrede gee in hierdie plek.
*Jeremia 14:14 En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle 'n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.
*Jeremia 14:15 Daarom, so spreek die HERE: Aangaande die profete wat profeteer in my Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, en wat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie--dié profete sal deur die swaard en die hongersnood omkom.
*Jeremia 23:9 & Wat die profete betref--my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos 'n dronk man en soos 'n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde.
*Jeremia 23:13 Ek het wel by die profete van Samaría aanstootlike dinge gesien: hulle profeteer deur Baäl en verlei my volk Israel;
*Jeremia 23:14 maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra.
*Jeremia 23:15 Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.
*Jeremia 23:16 So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie.
*Jeremia 23:21 Ek het die profete nie gestuur nie, tog het hulle geloop; Ek het nie met hulle gespreek nie, tog het hulle geprofeteer.
*Jeremia 23:25 Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom!
*Jeremia 23:26 Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart--
*Jeremia 23:30 Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat my woorde steel, die een van die ander.
*Jeremia 23:31 Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!
*Jeremia 25:4 Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat--maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie--
*Jeremia 26:5 om te luister na die woorde van my knegte, die profete, wat Ek na julle stuur, vroeg én laat, sonder dat julle geluister het,
*Jeremia 26:7 & En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van die HERE.
*Jeremia 26:8 En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!
*Jeremia 26:11 En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.
*Jeremia 26:16 & Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God.
*Jeremia 27:9 Júlle moet dan nie luister na julle profete en na julle waarsêers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.
*Jeremia 27:14 Luister dan nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sê: Julle sal die koning van Babel nie dien nie; want hulle profeteer leuens vir julle.
*Jeremia 27:15 Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.
*Jeremia 27:16 Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die HERE: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.
*Jeremia 27:18 Maar as hulle profete is, en as die woord van die HERE by hulle is, laat hulle tog die HERE van die leërskare dringend smeek, dat die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie.
*Jeremia 28:8 Die profete wat daar voor my en voor jou gewees het, van ouds af, het geprofeteer teen magtige lande en teen groot koninkryke van oorlog en onheil en pes.
*Jeremia 29:1 & En dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die nog lewende oudstes van die ballinge en na die priesters en die profete en na die hele volk wat Nebukadnésar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe--
*Jeremia 29:8 & Want so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.
*Jeremia 29:15 & As julle sê: Die HERE het vir ons profete verwek in Babel--
*Jeremia 29:19 omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die HERE, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die HERE.
*Jeremia 32:32 weens al die boosheid van die kinders van Israel en van die kinders van Juda wat hulle gedoen het om My te terg, hulle, hulle konings, hulle vorste, hulle priesters en hulle profete en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem,
*Jeremia 35:15 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en maak julle handelinge goed en loop nie agter ander gode aan om hulle te dien nie; dan sal julle bly in die land wat Ek aan julle en julle vaders gegee het. Maar julle het geen gehoor gegee en na My nie geluister nie.
*Jeremia 37:19 En waar is julle profete wat vir julle geprofeteer het met die woorde: Die koning van Babel sal nie teen julle of teen hierdie land kom nie?
*Jeremia 44:4 En Ek het na julle gestuur al my knegte, die profete, vroeg en laat, om te sê: Moet tog nie hierdie gruwelike
saak wat Ek haat, doen nie.
*Klaagliedere 2:9 Tet. Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van die HERE nie.
*Klaagliedere 2:14 Noen. Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.
*Klaagliedere 4:13 & Mem. Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesters wat daar
binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het.
*Esegiël 13:2 Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!
*Esegiël 13:3 So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.
*Esegiël 13:4 Jou profete, o Israel, is soos jakkalse in puinhope.
*Esegiël 13:9 En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
*Esegiël 13:16 naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.
*Esegiël 22:25 'n Sameswering van sy profete is in hom, soos 'n leeu wat brul, wat prooi verskeur; hulle eet die siele op; skatte en kosbare dinge neem hulle weg; die weduwees vermeerder hulle daarin.
*Esegiël 22:28 En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE--terwyl die HERE nie gespreek het nie.
*Esegiël 38:17 So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van
Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
*Daniël 9:6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie.
*Daniël 9:10 en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van
sy knegte, die profete, voorgehou het nie.
*Hosea 6:5 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal.
*Hosea 11:2 Hoe meer die profete hulle geroep het, des te meer het hulle van húlle af weggeloop; hulle het aan die Baäls geoffer en vir die gesnede beelde rook laat opgaan.
*Hosea 11:7 Want my volk dwing om van My afvallig te word; en as die profete hom roep na bo, rig hy hom glad nie op nie.
*Hosea 12:10 (12:11) Ek het ook tot die profete gespreek, en Ek het gesigte vermenigvuldig en deur middel van die
profete gelykenisse voorgedra.
*Amos 2:11 En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.
*Amos 2:12 Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!
*Amos 3:7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
*Amos 7:14 Toe het Amos geantwoord en aan Amásia gesê: Ek was geen profeet en ook geen profete-seun nie; maar ek
was 'n veewagter en kweker van wildevyebome.
*Miga 2:6 & Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As 'n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!
*Miga 3:5 So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle 'n heilige oorlog!
*Miga 3:6 Daarom sal dit nag word vir julle, sonder 'n gesig, en duister vir julle, sonder waarsêery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.
*Miga 3:11 Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers
vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
*Sefanja 3:4 Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
*Sagaria 1:4 Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE.
*Sagaria 1:5 Julle vaders--waar is hulle? En sal die profete vir ewig lewe?
*Sagaria 1:6 Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos die HERE van die leërskare Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?
*Sagaria 7:3 deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?
*Sagaria 7:7 Is dit nie so met die woorde wat die HERE deur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ook die Suidland en die Laeveld nog bewoond was?
*Sagaria 7:12 Ook het hulle hul hart soos 'n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leërskare 'n groot toorn gekom.
*Sagaria 8:9 & So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word.
*Sagaria 13:2 En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
*Sagaria 13:4 En in dié dag sal elkeen van die profete, as hy profeteer, hom skaam oor sy gesig; en hulle sal die harige mantel nie aantrek om te lieg nie.
Nuwe Testament:
*Matteus 2:23 En hy het gaan woon in 'n stad met die naam van Násaret, sodat vervul sou word wat deur die profete
gespreek is, dat Hy Nasaréner genoem sou word.
*Matteus 5:12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.
*Matteus 5:17 & Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.
*Matteus 7:12 & Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
*Matteus 7:15 & Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
*Matteus 11:13 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer.
*Matteus 13:17 Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
*Matteus 16:14 En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete.
*Matteus 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.
*Matteus 23:29 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;
*Matteus 23:30 en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
*Matteus 23:31 Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
*Matteus 23:34 & Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,
*Matteus 23:37 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
*Matteus 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
*Matteus 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
*Matteus 26:56 Maar dit het alles gebeur, dat die Skrifte van die profete vervul sou word. Toe het al die disipels Hom
verlaat en gevlug.
*Markus 1:2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak--
*Markus 6:15 Ander het gesê: Hy is Elía, en ander weer het gesê: Hy is 'n profeet of soos een van die profete.
*Markus 8:28 En hulle antwoord: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander: Een van die profete.
*Markus 13:22 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal tekens en wonders doen om, as dit
moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
*Lukas 1:70 soos Hy gespreek het deur die mond van sy heilige profete van ouds af--
*Lukas 6:23 Wees bly in daardie dag en spring op, want kyk, julle loon is groot in die hemel, want hulle vaders het net so aan die profete gedoen.
*Lukas 6:26 Wee julle wanneer al die mense goed van julle praat, want hulle vaders het net so aan die valse profete gedoen.
*Lukas 9:8 en deur ander: Elía het verskyn; en deur ander: Een van die ou profete het opgestaan.
*Lukas 9:19 En hulle antwoord en sê: Johannes die Doper, en ander: Elía, en ander dat een van die ou profete opgestaan het.
*Lukas 10:24 want Ek sê vir julle, baie profete en konings het gewens om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.
*Lukas 11:47 Wee julle, want julle bou die grafte van die profete, en julle vaders het hulle gedood.
*Lukas 11:49 Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg,
*Lukas 11:50 sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af,
*Lukas 13:28 Daar sal geween wees en gekners van die tande, wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete in die koninkryk van God sal sien, maar julle self uitgedryf buitentoe.
*Lukas 13:34 Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie.
*Lukas 16:16 Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin.
*Lukas 16:29 Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister.
*Lukas 16:31 Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.
*Lukas 18:31 & En Hy het die twaalf by Hom geneem en vir hulle gesê: Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en alles wat deur die profete geskrywe is, sal aan die Seun van die mens vervul word.
*Lukas 24:25 En Hy sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!
*Lukas 24:27 En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het.
*Lukas 24:44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat
oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.
*Johannes 1:45 (1:46) Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.
*Johannes 6:45 Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe.
*Johannes 8:52 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.
*Johannes 8:53 Is U dan groter as ons vader Abraham wat gesterf het? En die profete het gesterwe. Vir wie gee U Uself uit?
*Handelinge 3:18 maar God het op dié manier vervul wat Hy tevore verkondig het deur die mond van al sy profete, dat die Christus sou ly.
*Handelinge 3:21 Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete.
*Handelinge 3:24 En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig.
*Handelinge 3:25 En julle is kinders van die profete en van die verbond wat God met ons vaders gesluit het toe Hy vir Abraham gesê het: En in jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.
*Handelinge 7:42 & Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?
*Handelinge 7:52 Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het;
*Handelinge 10:43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang.
*Handelinge 11:27 & En in dié dae het daar profete van Jerusalem na Antiochíë afgekom.
*Handelinge 13:1 & En daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.
*Handelinge 13:15 En ná die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!
*Handelinge 13:27 Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word.
*Handelinge 13:40 Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie:
*Handelinge 15:15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:
*Handelinge 15:32 En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.
*Handelinge 24:14 Maar dit erken ek voor u dat ek volgens die Weg wat hulle sekte noem, so die God van my vaders dien, terwyl ek alles glo wat in die wet en in die profete geskrywe is,
*Handelinge 26:22 Maar omdat ek hulp van God verkry het, staan ek tot vandag toe en getuig aan klein en groot, en spreek niks buiten wat die profete en ook Moses gesê het dat sou gebeur nie:
*Handelinge 26:27 Glo u die profete, koning Agríppa? Ek weet dat u glo.
*Handelinge 28:23 & En hulle het vir hom 'n dag bepaal, en baie het na hom in sy verblyfplek gekom. En in 'n kragtige
getuienis het hy vir hulle die koninkryk van God uitgelê; en van die môre vroeg tot die aand toe het hy uit die wet van Moses
en uit die profete hulle probeer oortuig aangaande Jesus.
*Romeine 1:2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte,
*Romeine 3:21 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,
*Romeine 11:3 Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek
my lewe!
*1 Korintiërs 12:28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
*1 Korintiërs 12:29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
*1 Korintiërs 14:29 Laat twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
*1 Korintiërs 14:32 En die geeste van die profete is aan die profete onderworpe;
*Efesiërs 2:20 gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,
*Efesiërs 3:5 wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik
*Efesiërs 4:11 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
*1 Tessalonisens 2:15 wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en
teen alle mense gekant is,
*Hebreërs 1:1 & Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
*Hebreërs 11:32 & En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta,
Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,
*Jakobus 5:10 Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here
gespreek het.
*1 Petrus 1:10 & Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade
wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,
*2 Petrus 2:1 & Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;
*2 Petrus 3:2 sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons,
apostels van die Here en Verlosser.
*1 Johannes 4:1 & Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse
profete het in die wêreld uitgegaan.
*Openbaring 10:7 maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete.
*Openbaring 11:10 Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur, omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het.
*Openbaring 11:18 En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf.
*Openbaring 16:6 want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.
*Openbaring 18:20 Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!
*Openbaring 18:24 En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is.
*Openbaring 22:6 & En hy het vir my gesê: Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; en die Here, die God van die heilige profete, het sy engel gestuur om sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur.
*Openbaring 22:9 Toe sê hy vir my: Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van
hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God.